As jy nie die naweek die Olimpiese Spele in Rio dopgehou het nie, het jy uitgemis. ’n Lelike ongeluk het veroorsaak dat die Franse gimnas, Samir Ait Said, sy been tydens ’n val by die uitdunrondtes gebreek het (sien video onder), terwyl die Australiër, Mack Horton, ons goue man, Cameron van der Burgh, in die swembad uitoorlê het toe hy die 400m-vryslag finaal gewen het. Cameron het derde geeïndig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Chad le Clos, 2012 se “vis in die water” het tweede geeïndig in sy 100m-uitdun.
Veiligheidsmaatreëls is verder in die land versterk nadat en sak met plofstof naby die eindstreep van een van die padwedlope gevind is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In tennis het Venus Williams, suster van die wêreld se beste vroulike tennisspeler (tans), Serena Williams, tydens die eerste rondte uitgeval. Die Belg, Kirsten Flipkens, het Venus na 4 stelle gewen.
Het jy geweet?
Twee van die Olimpiese Spele se beste sterre, Usain Bolt en Michael Phelps, wat tussen die twee van hulle al 28 medaljes in totaal gewen het, het albei bevestig dat Rio hul laaste Olimpiese Spele sal wees.
Australië, Hongarye en die Verenigde State is tans die top 3 lande wat medaljes betref.
Bly op die hoogte van die 2016 Olimpiese Spele deur die amptelike blad dop te hou. Klik hier.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.