kategorieë: Skoonheid

Ouer vroue regeer

Le Défilé L’ L’Oréal Paris mode-en skoonheidsvertoning met Jane Fonda en Helen Mirren as modelle

Op 1 Oktober 2017 het L’Oréal Paris in samewerking met verskeie ontwerpers (soos Chopard en Balmain) ’n mode- en skoonheidsvertoning op Parys se wêreldbekende laan, Champs-Elysées gehou. Meer as 60 haar-en grimering-voorkomste is geskep en miljoene mense kon digitaal saam na die vertoning kyk. 50 van L’Oréal se segspersone het op die loopplank mode, hare en grimering ten toon gestel. L’Oréal het saam met die mode-ontwerper Olivier Rousteing van modehuis Balmain gewerk om ’n lipstiffie-versameling saam te stel wat deur die segspersone tydens die vertoning gedra is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

@lorealmakeup @lorealhair @lorealskin #LOREALPFW

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Le Défilé L’ L’Oréal Paris mode-en skoonheidsvertoning met die Arc de Triomp in die agtergrond en Helen Mirren (72) as model.

L’Oréal-segspersoon Jane Fonda (79) was een van die modelle

Vogue Italia vier vroue bo 60

Die Okotober 2017-uitgawe van Vogue Italia bevat drie veskillende voorblaaie met die 73-jarige model Lauren Hutton op die voorblad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy was al op 27 Amerikaanse Vogue-voorblaaie en 13 ander Vogue-voorblaaie, maar sy beskou hierdie voorblad as die belangrikste wat sy nog gedoen het. “Die een wat my die bruikbaarste laat voel het,” sê sy. “Hierdie is ’n voorblad wat die samelewing kan verander, want dit wys ’n vrou wat lewenslustig en aantreklik lyk en wat steeds lag,” sê sy.

Die tydlose uitgawe bevat ook ’n storie met Benedetta Barzini, Vogue Italia se eerste voorbladvrou van November 1965, Iman wat nou 64 is, sosiale media-stylster Baddie Winkl (89) en kunstenaar Marina Abramovic (70) en nog vele meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Sosiale media se sosiale vlinder, Baddie Winkle (89)

Model Iman (64) se mooi foto’s in die Vogue Italia waar sy Dior se 2018 Resort-versameling vertoon.

Maye Musk, die nuwe gesig van Covergirl

“Ek is so opgewonde om die nuwe gesig van Covergirl te wees. Ek, my drie kinders en 10 kleinkinders het dit baie moeilik gevind om dit geheim te hou. Wie sou ooit kon dink dat, na baie jare se bewondering vir die Covergirl modelle, ek een sou word, en dit op 69! Dit wys net ’n mens moet nooit opgee nie. Skoonheid is werklik vir vroue van alle ouderdomme.” Maye het dié boodskop op Instagram gedeel.

Maye is Kanadees, maar haar ouers het toe sy twee jaar oud was na Suid-Afrika verhuis en in 1969 was sy ’n finalis in die Mej. SA-kompetisie. In 1970 is sy met Errol Musk, ’n Suid-Afrikaanse ingenieur wat sy op hoërskool ontmoet het, getroud. Sy het ook ’n meestersgraad in dieetkunde aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat behaal. Sy is later van Errol geskei en het teruggekeer Kanada toe. Sy doen die afgelope 50 jaar reeds modelwerk en is ma van die bekende Elon Musk.

Haar raad aan jong modelle? “Wees gaaf met almal. Hou jou brein aktief. Lees baie.”

Jackie Burger, Suid-Afrikaanse styl-ikoon en rooi rose-voorbladvrou vir Julie 2015, deel haar mening

“Ons het eindelik die bevrydende era van inklusiwiteit en die demokrasie van ware skoonheid betree. ’n Era waarin ons ’n breër definisie van fisiese skoonheid verwelkom en individidualisme in alle vorme en groottes vier. Ons sien die opkoms van “regte, egte” styl-ikone wat meer outentiek is en waarmee mense beter kan identifiseer. Ouer en meer volwasse ikone wat gevier word, dui op ons aanvaarding van diversiteit en ook die mag van sosiale platforms om positiwiteit oor ouderdom as ’n houding te vestig en ook ’n keuse en die sirkel van vrouwees wat aanvaarding, verkenning en wysheid van mening.”

Lees ook: Jackie Burger, tydlose styl

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.