Ons het ons outydse koekiedrukkers afgestof en lekker gespeel. Die vlakoekies werk goed vir die uitdrukslag. Jy kry baie nuwerwetse weergawes van dié koekiedrukkers.
Sowat 25 koekies
Bestanddele
- 250 g botter
- 175 ml suiker
- 2 eiers
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 37,5 ml vlapoeier
- 20 ml (4 t) bakpoeier
- 750 ml (3 k) koekmeel
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei.
- Room die botter en suiker saam tot liggeel en donserig. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en meng goed.
- Sif die vlapoeier, bakpoeier en meel saam en voeg by die bottermengsel. Meng goed.
- Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir 20 min. in die yskas.
- Skep die verkoelde deeg in die koekiedrukker en druk die koekies in patrone uit. Rol die deeg andersins liggies in balletjies en pak op die bakplaat.
- Bak vir 10-12 min. tot ligbruin. Sit op ’n afkoelrak en laat behoorlik afkoel voor die koekies in lugdigte houers verpak word.
