kategorieë: KalenderOntspanning

Paasfees by Boschendal

Op Vrydag (14 April) en Sondag (16 April 2017) kan kinders ’n middag gevul met hope pret en speletjies in die natuurlike omgewing van die Werf Picnic geniet. Ouers kan onder die bome ontspan met ’n heerlike piekniek vir twee, terwyl die kinders deelneem aan ’n lekker Paaseier-jagtog, ponieritte en paaseiers versier. Die piekniekplekke sal vanaf 12:00 beskikbaar wees met die ‘jagtog’ wat om 12:30 begin. Die kostes vir ’n piekniekmandjie vir twee grootmense om te deel beloop R395, R210 as jy dit alleen wil geniet en R150 per kind (slegs tussen 3-12 jarige ouderdom). Jy kan jou eie komberse, stoele en tafels saamneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op Vrydag en Sondag gaan hoofsjef Christiaan Campbell ’n driegangmaaltyd by die Werf Restaurant aanbied wat ’n voorgereg, hoofgereg, nagereg, koffie asook ’n welkom-drankie insluit. Dit begin om 19:00 op Vrydag en 12:00 op Sondag. Die kostes beloop R495 per persoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Deur die loop van die langnaweek (14-17 April) sal Rhone Homestead ’n tradisionele buffet (Paasfees-tema) vanaf 12:00 teen R295 per persoon aanbied. Jy kan ook kies om ’n varsgebakte ‘hot cross bun’ en lekker Paasfees-geskenke van die Farm Shop en Deli Gift Shop te koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak die spesiale tyd een om te onthou by Boschendal. Besprekings en voorafbetalings is noodsaaklik. reservations@boschendal.co.za of +27 (0)21 870 4274.

Vir meer inligting besoek www.boschendal.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.