kategorieë: Bekendes

Raai, raai, Riepa!

Kan jy sien watter bekendes is in dié kinderfoto’s?

1

Foto: Gallo Images/Getty Images

2

Foto: Gallo Images/Getty Images

3

Foto: Gallo Images/Getty Images

4

Foto: Gallo Images/Getty Images

5

Foto: Gallo Images/Getty Images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Is jy onseker oor wie in die foto’s verskyn? Kyk hier:

1. Die Prinses van Wales met die hart van goud

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ma van twee, prinses van duisend, rolmodel vir miljoene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy word dikwels beskryf as die vrou ter wêreld wat die meeste afgeneem is. Sy is geken vir haar deernis, styl, sjarme en hoë profiel liefdadigheidswerk, maar ook vir haar ontstuimige huwelik aan die Prins van Wales. Sy word onthou vir haar sagte, skaam natuur, sin vir humor, slimheid en haar onvoorwaardelike liefde vir mense. Prinses Diana het ’n baie sterk persoonlikheid gehad en het met haar hart gelei.

Haar tragiese dood op 31 Augustus 1997 het die wêreld geskok en duisende mense stom geslaan. Sy is op die bloedjong ouderdom van 36 in ’n motorongeluk in Parys dood. Daar is tot vandag toe duisende samesweringsteorieë rondom haar dood.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Haar begrafnis is wêreldwyd oor televisie uitgesaai en die Britse TV-gehoor het tydens haar begrafnis die hoogste getal kykers nóg gehad: 32.10 miljoen.

2. Die perfekte idee van skoonheid

Die vrou met die perfekte glimlag, bloedrooi lippe en die hartseer lewensverhaal.

Aan die een kant is sy dié sekssimbool, almal se idee van skoonheid en ook die gewildste aktrise van alle tye. Aan die anker kant word sy onthou vir haar ontstuimige privaatlewe, onstabiele kinderjare en die samesweringsteorieë rondom haar skielike dood in 1962.

Vandag ken ons haar as Marilyn Monroe, maar haar doopnaam is eintlik Norma Jean Mortenson. Sy het ’n Golden Globe Award ontvang as die beste aktrise vir haar rol in Some Like It Hot. Sy is destyds as ’n dom blondine gestereotipeer en boonop ook nie goed genoeg betaal vir haar werk nie, as gevolg van die feit dat sy ’n vrou was. Daar word geglo dat dít gelei het tot middelmisbruik, depressie en angs wat later ook haar dood veroorsaak het.

3. Die koning van ROCK en ROLL

Die man met die leerbaadjie, sin vir humor, sjarmante glimlag en die gewilde treffer “Heartbreak Hotel”.

Elvis Aaron Presley is op 8 Januarie 1935, 35 minute ná sy identiese tweeling Jesse Garon Presley (wat ongelukkig dood gebore is) gebore. Sy fisiese aantreklikheid is wyd besing en hy was bekend vir sy suggestiewe danspassies. Hy was ook geken vir sy luukse leefstyl van oortolligheid, soos bewys is deur sy droomhuis in Graceland. Hy het ook ’n hele paar duur karre besit waarvan drie pienk Cadillac’s was.

4. Die waaghalsige rebel

Hy was die baie gewilde akteur met die Colgate-glimlag en die stoute glinstering in sy oë.

Dié kêrel word onthou as ’n kulturele-ikoon vir tiener-ontnugteringe en sosiale vervreemding soos uitgebeeld in sy gewildste film Rebel Without a Cause, waarin hy ’n moeilike tiener, Jim Stark, gespeel het.

Hy is op 30 September 1995 op die jong ouderdom van 24 in ’n motorongeluk oorlede. Hy staan tot vandag toe bekend as ’n legende spesifiek vir die feit dat hy die eerste akteur van alle tye was wat, ná sy dood, ’n Oscar-nominasie vir beste akteur in ’n rolprent ontvang het. Hy verskyn op die American Film Institute se lys van top 100 beste akteurs tydens die goue era in Hollywood. Hy het ’n groot liefde vir spoed gehad en een van sy gunstelingstokperdjies was om aan wedrenne deel te neem. Dit was juis op pad na ’n wedren in Salinas (Kalifornië), wat James Byron Dean tragies verongeluk het.

5. Amerika se 44ste president

Die gewilde Amerikaanse president met die lekker sin vir humor en die groot liefde vir sy mense – beslis ook sy land.

Volgens die U.S Bureau of Labor Statistics het die Obama Administrasie 11.3 miljoen werksgeleenthede geskep sedert Barack Obama as President in 2009 verkies is. Volgens die PEW Research Centre het die getal gevangenisse wat gevonnis is na US Federale Toesig met 5% afgeneem sedert President Obama aan bewind was. Vanjaar is Obama as die 12de beste Amerikaanse president deur C-SPAN Presidential Historians Survey aangewys.

In 2009 het Obama ook ’n Nobelprys ontvang vir sy buitengewone pogings om internasionale diplomasie en samewerking tussen mense te versterk.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.