kategorieë: WenkeSkoonheid

Pamperlang

Jou bad-persoonlikheid (net vir die pret)

My gunstelinggeur is
a Thierry Mugler Angel, Lancôme La Vie est Belle of Prada Candy
b Narciso Rodriques for Her, Estée Lauder Pleasures, Flora by Gucci, Valentina of Chanel No.5
c DKNY PURE Basil Verbena, Clinique Aromatics, Jo Malone Lime, Basil & Mandarin of Sisley Eau de Campagne
d CK One, Clinique Happy, DKNY Be Delicious of Marc Jacobs Daisy Eau se Fresh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit laat my mond water
a Enigiets met sjokolade
bTurkse lekkers
c Pesto op vars brood
d Vrugte-sorbet of suurlemoenmeringue

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

My gunstelingdrankie is
a Warmsjokolade
b Rose martini, blanc de noir of rosé
c Groen tee, gluwein of chai-tee
d Vars sap of ’n screwdriver

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ná my bad wil ek
a In die bed klim, sjokolade eet en lees
b My man verlei
c Mediteer
d Opgewek voel

Meestal a’s: Suiker en soetgoed
Meestal b’s: Blomme
Meestal c’s: Plante en kruie
Meestal d’s: Vrugte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sensitiewe vel?

Hou die water louwarm en moenie te lank daarin lê nie. Gebruik geurvrye produkte wat goed bevogtig.

Ons ken die weelde van teruglê in ’n bad warm water. Maar laat jou ontspanningstydjie ook vir jou werk deur tussendeur ’n paar skoonheidsbehandelings te doen. Hier is ’n paar riglyne:

Terwyl die water inloop
• Steek ’n kersie aan.
• Gebruik ’n lyfborsel, of smeer solank ’n lyfskrop aan en gee veral aandag aan plekke wat gouer droog word, soos jou elmboë, knieë, hakke en enkels.
• Was en skilfer solank jou gesig af.

Sodra jy in die bad is
• (Jy mag jou darem so ’n paar minute gun om eers te ontspan).
• Was jou hare (onthou om ’n beker vir afspoel byderhand te hou as jy nie ’n stortkop het nie).
• Sit ’n haarmasker aan.
• Wend ’n gesigmasker aan.
• Was jou lyf in sirkelbewegings.

As jy amper klaar is
• (Darem so tien minute later)
• Smeer ’n afskilferaar aan jou voete.
• Skeer jou beenhare (as jy skeer).
• Spoel jou maskers af.

Sodra jy uitgeklim het
• Druk jou lyf met ’n handdoek droog, moenie vryf nie, want jou vel is nou sensitiewer.
• Smeer ’n lyfolie of -room aan terwyl jou vel nog klam is.
• Skuur jou voete met ’n voetskuurdertjie. Podiater Bastien Gonzalez beveel aan dat jy jou voete vir minstens 20 minute moet week voor jy begin skuur.
• Smeer voetroom aan.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.