kategorieë: WenkeSkoonheid

Hou ’n pamperlangdag met jou vriendinne

Hou ’n pamperlangdag met jou vriendinne deur Suzanne Kotzé & Corné Greeff. Hooffoto: Lindie Kriek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Spa in ’n fles

Maak vir elke gas ’n fles met al hul spabenodighede in. Kies kleiner produkte wat maklik in die fles sal pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Kristina Stojilkovic

In ons fles

  • Cettua Anti-Redness Face Mask (R35,95)
  • Kalahari Spa Nourishing Nail Oil (R81)
  • essence Tropical Hand Mousse (R54,95)
  • Sorbet Pedicare 4-in-1 Pedi Kit in Pomegranate (R79,99 beskikbaar by Clicks) bevat alles wat jy nodig het: ’n Mengsel wat jy in die water gooi waarin jy jou voete week, ’n voetmasker, ’n voetafskilferaar én ’n voetroom!
  • Clicks Beauty essentials foot-shaped pedi file (R24,95)
  • UBU Emery tipped cuticle sticks 8 pack (R61,99 by Clicks)
  • Clicks beauty essentials emery board fine grit (R11,95)

Lees ook: Maak só gereed vir daardie spesiale afspraak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Laai die Spa-in-’n-Fles-plakker hier af en druk dit op plakkerpapier uit. Knip dit uit en plak dit op die fles.

Spa in ’n fles

Draai die naelkleurwiel

Hier is ’n prettige manier om jou vriendinne te oortuig om ’n nuwe naelkleur te probeer.

Laai die naelkeurwiel hier af en druk dit op ’n A3-papier uit. Pak verskillende skakerings naelverf uit om by die skakerings van die kleurwiel te pas.

Naelkleurwiel

Lees ook: Wenke vir sagter, soenbare lippe

Die mees romantiese haarstyle

Omskep jou tuin in ’n Boheemse kuierplek

The Souk in Kaapstad het die mooi partytjiedekor vir die foto’s in ons November-uitgawe gedoen. Hulle kan dit ook vir jou partytjie doen! Besoek thesouk.co.za

Foto: Lindie Kriek

Emily Lemmon, mede-eienaar van The Souk, gee raad oor hoe jy die Boheemse voorkoms in jou tuin kan skep.

  1. Meng en pas komberse met blompatrone, piekniekkomberse en matte om die grond/gras te bedek.
  2. Gebruik lae tafels – soos outydse kratte of selfs kiste of tasse – om kos en drankies op neer te sit.
  3. Jy het baie kussinkies nodig. Probeer om soveel teksture moontlik te gebruik en alles hoef nie bymekaar te pas nie. Hoe minder dit bymekaar pas, hoe beter!
  4. Skep hoogte met ’n soort ‘tee-pee’-tent of macramé-vlaggies en liggies wat hoog gespan is.

Lekker kuier!

Kyk hier na ons agter-die-skerms-foto’s. Koop ons November 2018-uitgawe vir nog idees en heerlike resepte.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.