Pampoenpoeding

Genoeg vir 1 groot poeding  / 8 mense

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 750 g pampoen, in blokkies gesny
• 15 ml (1 e) olyfolie
• 225 g botter
• 125 ml (½ k) suiker
• 250 ml (1 k) bruinsuiker
• 3 eiers
• 250 ml (1 k) karringmelk
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 500 ml (2 k) koekmeel
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sous
• 125 ml (½ k) melasse
• 250 ml (1 k) room
• 115 g botter
• 375 ml (1½ k) bruinsuiker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Pak die pampoenstukke op ’n bakplaat, sprinkel die olyfolie oor en bak vir 45 min. tot sag en gaar.
2 Maak die pampoen met ’n vurk of stokmenger fyn en meet 2 koppies af. Hou eenkant en laat heeltemal afkoel.
3 Verlaag die oondtemperatuur tot 150 °C. Spuit ’n 24 cm-bundtpan met kleefwerende kossproei.
4 Room die botter en suiker met ’n elektriese klitser in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
5 Voeg die eiers een vir een by terwyl jy deurentyd meng.
6 Voeg die karringmelk en vanieljegeursel by en klits tot alles ingemeng is.
7 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak en voeg by die nat bestanddele. Voeg die fyn pampoen by en roer met ’n houtlepel tot heeltemal ingemeng.
8 Gooi die deeg in die pan en bak vir 45 tot 55 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.

Sous
9 Verhit die sousbestanddele in ’n kastrol oor matige hitte. Roer tot die botter en suiker gesmelt is en laat prut saggies tot die sous verdik en glansend is. Trek van die hitte af en hou eenkant.
10 Haal die poeding uit die oond en prik oral met ’n toetspen. Gooi die helfte van die sous oor en laat die poeding vir 3 uur in die pan staan.
11 Maak die sous net voor opdiening warm en sit die poeding vir 15 min. in ’n oond wat tot 180 °C verhit is.
12 Keer die poeding op ’n opdienbord uit en gooi die res van die warm sous oor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.