kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Simoné Pretorius oor Hartklop

In die wêreld van kykNET se jongste mediese drama-sensasie, Hartklop, kan kykers ’n heerlike kinkel geniet, soos die gesoute aktrise Simoné Pretorius in die rol van dr Elani Breytenbach, ’n mediese intern wie se eerstejaarsreis allesbehalwe maklik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elani kom uit ’n bevoorregte huis, het ’n regsgeleerde ma wat alles vir haar sal doen en het reeds in die eerste drie episodes vir baie lag, ongelukke en hartverblydende oomblikke gesorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bekend vir haar onberispelike komiese tydsberekening in veral Hotel en Vir die Voëls, voeg Simoné ’n verfrissende en humoristiese dimensie aan die reeks terwyl sy die uitdagende dog komiese wêreld van die hospitaallewe navigeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die drama spog met nog bekende akteurs, soos Renate Stuurman, Dawid Minnaar, Leandie du Randt, David Louw, Jacques Bessenger, Oros Mampofu, Carla Classen en Marlee van der Merwe in die rolverdeling.

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes) geskryf en die regisseurs is Harold Hölscher (Ludik) en Christo Davids (Spoorloos).

Die hospitaaltonele is in sale en teaters by die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal en by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verfilm. Die mediese gevalle wat deel van die verskeie storielyne is, is alles op werklike gevalle gegrond en ’n span dokters en mediese kenners het as konsultante ingestaan.

Kykers kan uitsien na nog storielyne met mediese gevalle wat hulle by tye stom van verbasing sal laat by die blote gedagte dat dit op werklike gebeure gegrond is. Sommige stories sal hulle laat lag en ander ’n traan of twee laat pink. Tussendeur word kykers in die dokters se persoonlike lewens ingetrek en sien hoe hulle met die impak van hul roeping worstel.

Karlien Meiring het onlangs met Simoné oor haar vertolking van Elani gesels.

Was daar iets spesifiek wat jou na hierdie projek aangetrek het?

Ek is eintlik nie iemand vir mediese dramas nie. As ek dit wel kyk, skip ek verby die grafiese mediese tonele. Toe ek die rol gekry het, was ek onseker of ek kans gesien het vir die verpligting van tien weke se skiet. Ek het wel die teks gelees en was dadelik sold toe ek die toneel gelees het wat in episode een afspeel en ’n parasiet uit ’n pasiënt gehaal word, wat maak dat Elani flou val. Dit het vir my gewys die reeks ook komiese oomblikke het en dat my karakter aan die ligter kant is. Daardie toneel het gesorg dat ek die rol aanvaar!

Foto: Lisa Skinner
Foto: Lisa Skinner

Op watter maniere hou jy persoonlik verband met jou karakter se reis en stryd?

Elani worstel met ’n besluit oor emigrasie. Haar eerste ruk by die hospitaal is glad nie maklik nie en sy begin dit oorweeg om haar studies in Londen te voltooi. Ek dink baie Suid-Afrikaners kan daarby aanklank vind, ons kan nie help om te wonder of die gras nie dalk groener oorsee is nie. Hoe red jy mense as die stelsel gebroke is en dit voel of jou hande afgekap is? Ek en my man het ook al so iets oorweeg, maar het besluit ons is hier om te bly en wil nie ons lewe in Suid-Afrika halfhartig aanpak nie. Waar ander mense waarskuwingstekens in ons land sien, kies ons nou om geleenthede te sien. Ons het selfs verander ten opsigte van hoe ons oor ons land praat.

Elani worstel ook met hierdie besluit of sy wil gaan of bly, en ek verstaan hierdie proses.

Simoné het onlangs op Instagram gedeel dat sy en haar man, Andries ‘n seuntjie verwag!

Wat hoop jy kry die kykers uit hierdie reeks?

’n Blaaskans! Hulle gaan absoluut meegevoer word met die storie en karakters. Hartklop gaan hul vermaak en op ’n avontuur neem. Daar is nog baie cliffhangers en plot twists op pad; die einde van die reeks is baie onvoorspelbaar! Die kykers gaan lag en huil, en ek hoop dat dit hulle sal toelaat om bietjie van hul werklikheid te ontsnap.

As jy die kans gehad het om rolle met enige ander karakter in die reeks te ruil, wie sou dit wees en hoekom?

Leandie se karakter lyk vir my soos ’n groot uitdaging en ’n tipe rol wat ek nie gewoonlik gekies word om oudisies voor af te lê nie. Dit sal vir my ’n lekker uitdaging wees om so ’n gritty-karakter met ’n donker verlede, soos Jolene te vertolk, hoewel ek van my komiese kant hou en sal sukkel om dit af te sit.

Foto: Lisa Skinner

As jy ’n werklike dokter was, watter veld sou jy verkies kies?

Ek dink ek sou net ’n gewone huisdokter wou wees! Of dalk in verloskunde ingaan en met babas en swangerskappe werk. Dit sal vir my lekker wees om in die vreugde van ’n groot oomblik in vroue se lewe te kan deel.

  • Hartklop wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook op Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met blomkunstenaar Dané Verwey

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

47 mins Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

57 mins Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

1 hour Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.