kategorieë: Ontspanning

Chardonnay vertoon plek van egtheid

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nuwe stylvollerestaurant, Upper Union naby Kloofstraat, was gasheer vir die dag en die sjef, Amori Burger, het aan gaste die verskillende deelborde kos verduidelik, wat elkeen gekies is om die wyne te komplimenteer. Die restaurant word in ’n gerestoureerde erfenisgebou van meer as 125 jaar oud in Upper Unionstraat, gehuisves.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjef Amori Burger van Upper Union Restaurant net af van Kloofstraat in Kaapstad.
Van die heerlike disse wat sjef Amori Burger van Upper Union Restaurant bedien het om die Chardonnays te komplimenteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

De Wetshof is wêreldwyd bekend vir sy Chardonnay-wyne en by die proe het die derde geslag De Wets, Johann, wat besturende direkteur is en ook verantwoordelik is vir die wingerde, terwyl sy broer, Peter finansies en logistiek bestuur, meer oor die plaas vertel.

Die De Wetshof ongehoute Chardonnays, gehoute- en Cap Classique wat geproe is.
Johann de Wet het die wynproe waargeneem en meer oor die plaas, die 2023-oesjaar en die nuwe Calcrete projek vertel.

De Wetshof was die eerste geregistreerde wynlandgoed in die Robertson-wynvallei en het internasionaal bekend geword as Suid-Afrika se vooraanstaande Chardonnay-huis vanweë die baanbrekersrol wat dit gespeel het om hierdie edel Boergondiese druif aan die land bekend te stel.

Die De Wet-familie se wynmaak-erfenis kan egter teruggevoer word na 1694 toe die eerste De Wets aan die Kaap aangekom het en dadelik ‘n merk op die Suid-Afrikaanse wynbedryf gemaak het.

Johann het vertel die swaar reën in Junie wat groot dele van die Wes-Kaap laat verspoel en riviere hul walle oorstroom het, die hoogste watervlakke in 100 jaar tot gevolg gehad het en hulle ’n paar wingerdrye laat verloor het. “Maar ek het eerder reënskade wat ek kan herstel, as geen reën waaraan ek niks kan doen nie,” het hy vertel.

Johann het vertel daar is ’n groot fokus op Chardonnay in die Robertson area, waar al meer Chardonnay nou aangeplant word.

Heinrich Bothman, De Wetshof se wyn-ambassadeur.
Die proe het ongehoute Chardonnays van die afgelope paar jaar ingesluit.

De Wetshof se Bateleur Chardonnay 2020 is deur die hoogsaangeskrewe wyntydskrif se Decanter Decanter World Wine Awards 2022 as een van die wêreld bestes en as Suid-Afrika se beste Chardonnay met 97 punte uitgesonder. Beoordelaars het die wyn as “elegant, super steenvrugtig en baie zippy” beskryf.

Johann het gesê: “Dis wat De Wetshof doen – en met die vingerafdruk vanwaar dit kom. Amper 90% van ons wingerde op die plaas is Chardonnay en ons het die meeste kalkgronde in die vallei. Altesaam 200 hektaar is onder wingerd en ons produseer ses verskillende Chardonnay van een plaas, met een wynmaker en een kelderspan. Dis baie divers en aanpasbaar. Ons fokus op egtheid van plek.”

Die Bateleur se 2020-oesjaar is deur Decanter as een van die wêreld en Suid-Afrika se beste Chardonnay aangewys.
Johann het gaste verras met twee Magnums van die plaas se 2013 Bateleur, om te wys hoe goed dit verouder het en watter verouderingspotensiaal goeie witwyne het.

Die landgoed oes jaarliks 2500 ton druiwe en die 2023 oesjaar, was volgens die wynmaakspan, twee oesjare in een. “Dit was ’n superster voor die reën en ’n nagmerrie ná die reën. Dit wat ná die reën gekom het, het net nie daardie persoonlikheid nie,” het Johann verduidelik.

Hy het voorts gesê klone was baie belangrik in sy pa, Danie – wat deur baie gereken word as die Vader van Suid-Afrikaanse Chardonnay – se dae. “Kloon 277 was baie belangrik vir hom. Ek gee nie veel om vir klone nie. Die grond het ’n groter invloed op druiwe, as die kloon. Kloon 55 word baie in die area geplant, maar ek het een blok met ses verskillende klone geplant. Ry vir ry verskillend. Dit lewer ’n lieflike resultaat. Ek sal nooit weer ’n blok net met een kloon beplant nie. Die intensiteit en geurprofiel is net só veelsydig met keuses uit dieselfde blok,” het hy vertel.

Gaste het sewe Chardonnays geproe: die Blanc de Blancs Cap Classique, Limestone Hill 2023, Bon Vallon 2022, Finesse 2022, The Site 2022 en Bateleur 2021.

Gaste het heerlik gesmul aan die deelborde wat bedien is.

Johann het bygevoeg die enigste probleem met ons Suid-Afrikaanse witwyne, is dat ons dit te jonk drink. Hulle kom eintlik tot hul reg op vier tot vyf jaar.

Johan het ook vertel van die nuwe Robertson-wynprojek waar wynplase kan deel wees van die eg Robertson Chardonnay-wynetiket, Calcrete Chardonnay genoem. Die wyne wat vir dié etiket gekeur word, moet die Robertson-vallei se vingerafdruk dra en tradisionele Robertson Chardonnay karaktereienskappe hê.

Wynplase skryf hul wyne in wat blind geproe word en as dit die “teksboek Robertson Chardonnay karakter het”, mag dit die etiket dra. Die wyn moet kalkagtig, oesterskulp, lae alkohol, lig, elegant, goeie mineraliteit hê en ongehout wees.

Die projek se rentmeester-wynmaker is die bekroonde Tommy Loftus, wat verlede jaar die Pon van Zyl-trofee ontvang het vir sy reuse bydrae aan die wynbedryf.

Elke plaas se wyn gaan verskil, maar dit moet binne sekere riglyne val. Die idee kom van Phillip Jonker by Weltevrede en vanjaar was hy, De Wetshof, Bon Courage, Rietvallei en Excelsior ook deel. Die etikette verskil, maar die Calcrete se font is oral dieselfde. Dit moet WO Robertson wees om die egtheid van plek oor te dra.

Johann het gesê: “Ek sal seker nie die positiewe nadraai hiervan sien in my leeftyd nie, maar hopelik sal my kinders en Robertson die vrugte pluk. Ek glo ongehoute Chardonnay kan Sauvignon blanc opdraende gee en dié van Robertson nog meer.

“Ek hoop Calcrete is dié kick-start van ongehoute Chardonnays in die wynmark.”

Tuisgebakte broodjies en pitas om die sous op te vee.
Die Cap Classique was ’n goeie pasmaat vir die soetgoed.

Lees ook: Bederf jouself hierdie Vrouemaand met spa-behandelings onder R 300

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

2 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

3 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

20 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

22 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.