kategorieë: WenkeSkoonheid

Parfuumtruuks

Parfuumtruuks

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mik vir die polspunte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons is so geneig om holderstebolder parfuum op enige gedeelte van ons lyf aan te wend. Daar word egter aanbeveel dat jy op jou polspunte moet fokus. Hierdie gedeeltes gee die meeste hitte af en speel ’n groot rol in die vrystelling van jou parfuum se reuk.

Wend dit hier aan:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Agter jou knieë
  • Aan jou gewrigte
  • Agter jou ore
  • Bokant van jou elmboog
  • Onder jou naeltjie
  • Aan jou nek

Moenie dit invryf nie

Nog ’n flater wat ons gereeld begaan, is om die parfuum in die vel in te vryf – dink byvoorbeeld aan hoeveel keer jy jou polse teen mekaar vryf nadat jy parfuum daaraan gespuit het. Die wrywing veroorsaak dat jou vel warmer word wat die parfuum se topnote laat afneem en die reuk benadeel.

Hoe vogtiger jou vel, hoe beter

As jou vel baie droog is, kan die parfuum vinnig verdamp. Ons stel daarom voor dat jy jou vel voor die tyd bevogtig met ’n geurlose room of deur ’n tikkie petroleumjellie op die plek aan te wend waar jy parfuum gaan spuit. Dit sal verseker dat jou parfuum vir langer aan jou vel bly.

Stoor dit op die regte plek

O ja! Waar jy jou parfuum stoor is ’n belangrike kwessie om in ag te neem as jy wil hê die geur moet vir lank hou. Humiditeit, hoë temperature en water kan die note in jou parfuum laat afneem. Moet dus liefs nie jou gunsteling-botteltjie in die badkamer (of enige ander plek in die huis wat voldoen aan die bostaande kriteria) stoor nie.

Woorde: Bianca Muller

Hooffoto: Cottonbrof vir Pexels

Lees ook: 5 wenke vir droë sjampoe

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.