kategorieë: HareSkoonheid

Pastel-hare

Pienk, blou of groen hare klink dalk hansworserig, maar dit hoef beslis nie te wees nie. “Dit is veral gewild onder blondines wat tradisioneel nie daarvan hou om hul haarkleur te verander nie”, sê Mario Atzmoglou, eienaar van Marios a the Hair Company in Kaapstad. “Jy kan op ’n Vrydag vinnig ’n paar stukkies pienk in jou hare sit – tuis of in die salon, jou hare oor die naweek was en Maandag het jy weer jou normale kleur,” sê Lesley Jennison, internasionale ambasadeur vir Schwarzkopf Professional.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het Lesley tydens ’n besoek in Kaapstad ontmoet en sy het die volgende te sê gehad oor pastel-hare:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy ouer is of as ’n kop vol pienk, geel of groen hare nie vir jou is nie, is ’n maklike manier om dit te dra net ’n strook kleur in die middelste gedeelte van jou hare. Sodoende lyk jou hare heeltemal ‘normaal’ vir elke dag of werk, en as jy voel jy wil die kleur wys, bind jy die boonste hare in ’n bo-bolla vas of steek jy dit net terug. In my salon in Londen is baie van my kliënte meer kleur-konserwatief, en hierdie strookkleur is besig om baie gewild te raak, selfs onder meer konserwatiewe mense. Pastelle werk die beste op blondines. Hoe ligter jou hare, hoe meer intens sal die kleur lyk. As jy ’n ligter pastel-skakering wil hê, maak seker jy of jou stilis los die kleur nie te lank aan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy geweet? Geel is op die oomblik een van die ‘trendy’ kleure.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar pastel-skakerings waarvan ons baie hou:

Probeer die volgende produkte:

Met hierdie produkte kan jy pastel-skakerings tuis skep en na 3-5 wasse sien jy dit nie meer. Ons sal wel aanbeveel dat jy dit die eerste keer in ’n salon laat doen.

Hier is ook ’n paar pastel-inspirasies op Lesly se Instagram-blad:

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

13 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.