Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Hierdie koek is vir my so mooi met sy gekartelde peerbolaag en is besonderlik lekker wanneer dit warm uit die oond voorgesit word met die stroop wat daarvan afdrup!
3 pere, in dun skyfies gesny en klokhuise verwyder
125 ml (½ k) heuning
30 ml (2 e) suurlemoensap
180 ml (¾ k) sagte botter
160 ml (2⁄3 k) sagte bruinsuiker
3 eiers
375 ml (1½ k) koekmeel
3 ml (½ t) bakpoeier
knypie sout
1 ml (¼ t) fyn kaneel
1 ml (¼ t) fyn neutmuskaat
80 ml (1⁄3 k) melk
Dubbeldikroom om voor te sit.
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n ronde 23 cm-koekpan met bakpapier uit en smeer met botter. 2 Prut die pere, heuning en suurlemoensap vir 5 min. in ’n klein kastrolletjie. Dreineer maar hou die stroop tot later en laat effens afkoel. 3 Room die botter en suiker saam in ’n groot mengbak tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. 4 Sif die koekmeel, bakpoeier, sout, kaneel en neut by die bottermengsel en meng deur. Meng laastens die melk by. 5 Gooi die mengsel in die koekpan en pak die peerskyfies netjies bo-op. Bak vir 50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 6 Verhit die peerstroop weer effens en gooi oor die koek sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor met skeppies dubbeldikroom.