Genoeg vir sowat 4 koppies. Daar is ’n groot verskeidenheid kleursel by pesialiteitsbakwinkels beskikbaar. Wees op die uitkyk na poeier- en jelkleursels wat in baie interessante kleure te kry is.
5 groot eiers, geskei
270 ml suiker (1 k en 2 e)
500 g botter by kamertemperatuur
5 ml vanieljegeursel (1 t)
200 g (’n groot hand vol) vars aarbeie
ekstra aarbeie vir bo-op
50 g strooisuiker
Instructions
1 Voeg die saadjies van 1 vanieljeboontjie by die stroop, of gebruik 15 ml (1 e) baie goeie ekstrak, soos Madagaskar- vanielje-ekstrak. 2 Verhit weer tot deurwarm en verf oor die kolwyntjies.
Koffielikeurstroop 1 meng 30 ml (2 e) Bailey’s koffielikeur met 125 ml (½ k) basiese vanieljestroop. 2 verhit weer tot deurwarm en verf oor die sjokoladekolwyntjies.
Botterversiersel
1 Roer die eierwitte, suiker en ’n bietjie sout aanhoudend in ’n metaalbak oor ’n kastrol met kokende water tot die suiker opgelos is. 2 Vryf die mengsel tussen jou vingerpunte om seker te maak dat al die suiker opgelos is. Haal af. 3 Klop die mengsel in ’n elektriese menger met ’n ballon-klitser tot stywe punte vorm. 4 Vervang die ballonklitser deur die spaantoestel. Voeg die botter eetlepelgewys by en klop goed ná elke byvoeging. Die mengsel kan geskif lyk, klop net verder. 5 Voeg die vanieljegeursel by en meng goed deur. 6 Verdeel en geur soos benodig, of andersins kan die versiersel in ’n lugdigte houer verseël word en sowat 3 dae in die yskas gehou, of vir ’n maand gevries word. 7 Ontdooi by kamertemperatuur en spuit met ’n spuitsak met die sterpunttuit op die kolwyntjies.
1 Verwerk die aarbeie en strooisuiker in ’n voedselverwerker. Vou die puree in die botterversiersel in. 2 Sny doppies uit die bokant van elke kolwyntjie en vul die gaatjie met ’n eetlepel aarbeikonfyt. Sny die doppie gelyk onder en sit weer op die gaatjie. 3 Spuit die aarbeiversiersel met ’n spuitsak met die sterpunttuit op die kolwyntjies. 4 Eindig met twee dun gesnyde skyfies aarbei op elkeen.