kategorieë: Ontspanning

Pianiste seëvier by UNISA

Die vyfde Unisa Nasionale Klavierkompetisie het op 18 Julie 2015 geëindig met vier finaliste wat voor ’n volgepakte Z K Matthews-Grootsaal gespeel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jazz-pianis Lungelo Ngcobo van Durban het die aand geopen met ’n afgeronde en professionele opvoering saam met Victor Masondo (bas) en Rob Watson (dromme).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarna het die Kaapse pianis Kyle Shepherd gevolg, ook in ’n jazz trio, met ‘n energieke en gevarieerde program wat Charlie Parker se Scrapple from the Apple, drie van sy eie komposisies en die voorgeskrewe stuk We will meet again van Billy Evans ingesluit het. Sy spel het beide die jurie en die gehoor beïndruk en hy is tydens die prysuitdeling met die eerste prys van R60 000 in die Jazz Kategorie beloon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na pouse het klassieke pianis Willem de Beer Beethoven se Klavierkonsert nr. 4 in G majeur voor sy tuisgehoor opgevoer saam met die Johannesburgse Filharmoniese Orkes gedirigeer deur Maestro Eric Rycroft. Sy vertolking van hierdie populêre konsert het die nodige musikaliteit ten toon gestel, gebalanseer met ‘n foutlose tegniek.

Die laaste optrede van die aand was Megan-Geoffrey Prins, ’n boorling van Riversdal en die wenner van die Klassieke Kategorie. Sy passievolle opvoering van Rachmaninov se monumentale derde konsert in D mineur het die gehoor op hulle voete gebring. Sy virtuositeit en totale kontrole oor die instrument is waarlik indrukwekkend en hy is ‘n waardige wenner van die kompetisie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Prins het ook ’n nasionale konserttoer gewen, geborg deur Schalk Visser Concert Promotions.

Die tweede prys in elke kategorie was R35 000 en is toegeken aan Lungelo Ngcobo en Willem de Beer.

Ses spesiale pryse van R2 000 elk is ook toegeken. Lungelo Ngcobo het die prys vir die beste vertolking van ’n jazz standard in die eerste ronde ontvang, Kyle Shepherd het die prys gewen vir die beste opvoering van ’n Suid-Afrikaanse jazz komposisie in die tweede ronde en Megan-Geoffrey Prins het pryse vir die beste Barok-werk in Ronde 1 en die beste sonata in Ronde 2 gekry.

Die beste semi-finaliste in elke kategorie wat nie deurgegaan het na die finale ronde toe nie, soos bepaal deur die Skadu-jurie was Misha Meyer (Klassieke Kategorie) en Marcel Dednam (Jazz Kategorie).

Al vier die finaliste gaan deur na die opwindende 13de Unisa Internasionale Klavierkompetisie wat in Januarie 2016 plaasvind.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.