kategorieë: InspirasieJou lewe

Ploeg terug

Vryduiker wat die oseane bewaar

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hanli Prinsloo was nog altyd bewus daarvan dat sy ’n baie sterk band met water, veral die see, het. Ietwat ongewoon vir ’n kind wat op ’n perdeplaas buite Johannesburg grootgeword het. “Ek het altyd daarvan gedroom om ’n meermin te wees,” vertel Hanli.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy en haar sussie het hul hare laat groei, so lank soos dié van Ariel, Disney se Little Mermaid; geoefen om soos dolfyne in die swembad te swem en selfs ’n “taal” ontwikkel en kamtig met geluide met mekaar gekommunikeer. Sy het so gou moontlik nader aan die see getrek waar sy vryduik “ontdek” het, ’n duikvorm waarin jy probeer om sonder suurstofsilinders so diep moontlik te duik. Hanli kon tot op 65 meter duik en ses minute onder water bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Dit was 15 jaar gelede en toe was vryduik ’n ekstreme sportsoort vir eksentrieke alleenlopers. Maar ná 15 jaar van mededingende vryduik en elf nasionale rekords het Hanli gevoel daar moet meer wees as dié duikery. En daar was meer. Sommer baie meer.

Dit het sy agtergekom toe sy op  20 m tussen ’n skool dolfyne baljaar het. Sy het besef dat mense net bewaar wat vir hulle kosbaar is en net besef dis kosbaar wanneer hulle die kennis het. Die jaar daarna het sy I am Water gestig wat sy saam met haar vennoot, die Amerikaanse swemmer en wêreldrekordhouer, Peter Marshall, bedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dis ons missie om ’n fisieke en emosionele band tussen die marine-omgewing en die mens te skep en hul gedrag te verander sodat dit tot albei se voordeel is en oorlewing verseker.”

Met I am Water wil Hanli veral mense wat naby die see bly, help om ’n verhouding met die see te ontwikkel sodat hulle kan verstaan hoe kosbaar hierdie bron is. Buiten die bewustheidsaspek leer sy kinders wat naby die kus bly, soos die weeskinders in Mosambiek, swem en snorkel om hul liefde vir die oseaan en hul bewaringspassie aan te wakker.

Vir meer inligting besoek die I Am Water-webtuiste

Van wêreldrekords tot sport-akademie

Elana Meyer se naam is dekades lank al sinoniem met wêreldatletiek. Nou wil sy daardie ervaring gebruik om deur Endurocad – ’n sport-akademie waarvan sy ’n  stigterslid is – vir ons talentvolle, jong atlete ’n toekoms in internasionale atletiek te verseker.

Die plaasmeisie van Albertinia in die Suid-Kaap en een van ons beste vroue-atlete tot nog toe, se loopbaan is aan bande gelê deur die internasionale sportboikot wat tussen die jare sestig en negentig teen Suid-Afrika ingestel was. Elana moes tot in 1992 wag voor ons uiteindelik weer aan ’n Olimpiese Spele kon deelneem. Sy het ’n silwer medalje in die 10 000 m van Barcelona af huis toe gebring.

“Die Olimpiese Spele was ’n ongelooflike hoogtepunt, net so ook om die wêreld-kampioen in die halfmarathon te wees en vyf wêreldrekords te verbeter. Tog is die grootste hoogtepunt in my sportloopbaan die ander dinge wat daarmee saamgegaan het – ek het wonderlike vriende gemaak, die wêreld gesien en is steeds aktief.”

Dis juis die geleenthede wat sy gehad het wat haar aanspoor om nou ander jong atlete te motiveer. In 2005 het sy gehelp om die nie-winsgewende organisasie JAG Sports and Education Foundation te stig. As ’n rolmodel het sy ’n positiewe rol gespeel om met sport- en opvoedingsprogramme fisieke en emosionele gesondheid, sowel as persoonlike groei by kinders in hoërisiko-gemeenskappe te bevorder.

In 2013 was Elana ’n stigterslid van Endurocad, Suid-Afrika se eerste sportakademie wat daarop gemik is om jong talent in die land te identifiseer en die kinders tot langafstand-atlete van wêreldgehalte te ontwikkel.

“SA het ’n oorvloed hardlooptalent maar die strukture ontbreek om die kinders te ontwikkel.”

Vir meer inligting oor Endurocad, besoek gerus hul webtuiste.

Perde bring mense tot nuwe insigte

Yolanda Sing was met haar honneursgraad in sielkunde besig toe sy die helende kragte van perde ontdek. Sy het in Spanje meer oor perde gaan leer en ook heel nuwe insigte oor haar eie lewe ontwikkel.  “Ek was ’n suksesvolle menslike hulpbronbestuurder, maar het geen vreugde uit my spanningsvolle werk geput nie. My werk met perde het my laat besef dat die lewe te kort is om jou passie te versaak. Jy kan nie sterf met ’n stem in jou hart wat nie uiting gekry het nie.

“In 2005 het ’n breingewas my finaal laat besef dat ek moet besluit wat werklik vir my belangrik is.”

Gelukkig is Yolanda ná ’n breinoperasie, chemoterapie en bestraling in remissie en sien sy hierdie ingryping as ’n kosbare kans om ander mense te help om meer bevrediging uit hul werk en lewe  te put. Tog het sy ook geleer dat enige verandering groot uitdagings bring en dat jy bereid moet wees om terugslae trompop te takel om jou droom te verwesenlik.

“Ek kan nie glo hoe goed dit vandag gaan in vergelyking met die begin nie.” Die moeilike tye in haar lewe het rype ervaring gebring wat sy later in haar eie leierskapontwikkelingkursusse kon gebruik om ander te help wat dieselfde uitdagings moet oorwin.

“Ek gebruik perde om mense tot nuwe lewensinsigte te bring. Perde intimideer mense omdat hulle sulke groot diere is. Dit skep die geleentheid om hulle te help met die ontwikkeling van ’n bewussyn waar titels nie belangrik is nie. ’n Perd is ook ’n spieël vir die energie en ingesteldheid van diegene wat met hom werk. Ek slaag daarin om mense nuut te laat dink omdat hulle buite hul gemak-sone is. Hulle sê vir my dis  ’n ervaring wat hul lewe verander.”

*Equine Asssisted Learning (EAL) word as een van die nuwe velde vir leierskapsontwikkeling beskou omdat eksperimentele aktiwiteite met perde die werklikhede van die lewe weerspieël.

Vir meer inligting besoek die Chloeinsa-webtuiste

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.