Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
Die winter in die Kaap is vir baie mense ‘n tyd vir hibernering. Vir Kapenaars is dit egter die tyd vir ontdekking, kuiers voor kaggelvure en goeie wyn. Die toeriste is huis toe, die restaurante wink en wynplase net die plek vir ‘n lang kuier met vriende.
Danksy die lekkende vlamme van die nuwe toevoeging tot die V&A Waterfront, Marble Cape Town, het die winter – vir dié wat weet – sopas opgewarm. Seven Colour Sundays het pas afgeskop by die restaurant se luukse hawe-ligging.
Seven Colour Sunday, wat in samewerking met Kfm 94.5 bekendgestel is, is ‘n lewendige viering van kos, musiek en familie – die tipiese Suid-Afrikaanse Sondagmiddagete. In die omgangstaal bekend as “7 Colours” onder Suid-Afrikaners, is die naam afgelei van die aantal verskillende kleure op jou bord.
Marble se Seven Colour Sondagmiddagete vier Suid-Afrika se diverse kultuur en “ons land se gunstelingkosse verhef en Sondagmiddagete na nuwe vlakke neem,” sê David Higgs, sjef en mede-eienaar.

Elke gas kry ‘n verwelkomingsdrankie en ek geniet die lekker Cap Classique van Colmant.
Die deelstyl-maaltyd, wat twee keer per maand van Junie tot einde Augustus plaasvind met ‘n winterspyskaart, en September met ‘n lente-uitgawe, is ideaal vir gesinne van alle ouderdomme. Die dag sal ook musiek insluit met vergunning van Kfm 94.5, die Kaap se grootste radiostasie.
“Musiek en kos is twee van die grootste plesiere in die lewe, en dit maak hierdie samewerking ‘n natuurlike pasmaat,” voeg Hennie Myburgh, stasiebestuurder: Kfm 94.5 & 947, by. “As die grootste stasie in die Wes-Kaap, is ons trots om met Marble saam te werk, terwyl ons familie, vriendskap en alles wat die Wes-Kaap hierdie winter magies maak, vier!”
- Die restaurant is bekend vir sy uitgebreide wynlys en ons wissel tussen die rooi en wit van Gabrielskloof en Swerwer om by elke gang te pasmaat.
- Brandon Leigh, een van die omroepers by Kfm 94.5, het die musiek vir die eerste prettige Sondagmaal verskaf.
Die prettige Sondae het op 8 Junie afgeskop met die kleur Robynrooi en elkeen het iets met dié kleur gehad – al was dit net sokkies, oorbelle of lipglans!
Die volgende kleur is mandaryn (Tangerine) op 29 Junie’ dan Heuning op 13 Julie; Salie op 27 Julie; Azure op 17 Augustus en Viooltjie op 31 Augustus.

Die spyskaart vir die eerste kleurvolle Sondag. Die spyskaart sal gereeld verander en ‘n hoofgereg met kleurvolle bygeregte insluit. Alles oor die kole gemaak, alles met die bekende Marble-finesse.
Die spyskaart sluit drankies met jou aankoms op die dak van die historiese gebou in en dan smul jy aan Marble se bekende focaccia-brood met hummus, pampoen en botter.
‘n Keuse van voorgeregte vir die tafel – kole geroosterde broodjies met garnale-en-komkommerslaai, grasuie en avokado of panko-gebraaide avokado, tamatiepiekel en gemarineerde eiervrug as ‘n vegetariese opsie skop die maaltyd behoorlik af.
Die hoofgereg word op gedeelde borde bedien en bevat ‘n sappige USDA Washington-borsstuk met piekels en Yorkshire-poeding, terwyl vegetariërs spinasie en gemarineerde feta-filodeeg, besprinkel met heuning-olyfolie-slaaisous en suurlemoen, kan geniet. Elke hoofgereg word bedien met ‘n verskeidenheid kleurvolle bygeregte – geroosterde aartappels met roosmaryn-sous, blomkool met Amboselli-kaaskroutons, broccolini met brandrissie-kraak en ‘n verskeidenheid geroosterde groente.
Vir nagereg, kies tussen ‘n heerlike kaaskeuse saamgestel deur Karen Dudley, of ‘n aanloklike verskeidenheid nageregte. Daar is selfs roomys vir die kinders.
- ‘n Keuse van voorgeregte vir die tafel – kole geroosterde broodjies met garnale-en-komkommerslaai, grasuie en avokado of panko-gebraaide avokado, tamatiepiekel en gemarineerde eiervrug as ‘n vegetariese opsie skop die maaltyd behoorlik af.
- Natuurlik “eet” die selfone eerste as die kos só smaaklik en mooi is.
- Die hoofgereg word op gedeelde borde bedien en bevat ‘n sappige USDA Washington-borsstuk met piekels en Yorkshire-poeding. Elke hoofgereg word bedien met ‘n verskeidenheid kleurvolle bygeregte.
- Vir nagereg, is een van die keuses ‘n bordjie vol kaasgenot saamgestel deur Karen Dudley.
- Vir nagereg, kies tussen ‘n heerlike kaaskeuse saamgestel deur Karen Dudley, of ‘n aanloklike verskeidenheid nageregte. Daar is selfs roomys vir die kinders.
Die spyskaart, teen R650 per persoon vir volwassenes (drankies uitgesluit), R550 per vegetariese opsie (drankies uitgesluit), en R195 vir kinders (drankies uitgesluit), sal gereeld verander en ‘n hoofgereg met kleurvolle bygeregte insluit. Alles oor die kole gemaak, alles met die bekende Marble-finesse.
Daarbenewens sal elke Sondag met ‘n kleur-tema gepaardgaan, en gaste word aangemoedig om iets te dra wat daarby pas.

Geniet ná ete jou koffie of brandewyn op die stoep en kyk hoe die wolke oor Tafelberg verbydryf.
Bespreek deur Dineplan of direk by die restaurant by [email protected] of 021 002 8484.
Lees ook: Niks is verlore op hierdie plaas nie!