kategorieë: Ons menseBekendes

Pretoria FM: Hoofstuk twee van ‘Die Storie van Afrikaanse Musiek’ op pad weens gewildheid

Hierdie en vele ander verhale word opgediep in die tweede reeks van Die Storie van Afrikaanse Musiek wat eerskomende Vrydag (7 Maart) kort ná die 20:00-nuus afskop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bekende sanger, Pieter Smith skuif weer agter die mikrofoon in wanneer hy gesprekke voer met ván die grootste kunstenaars in die geskiedenis van Afrikaanse musiek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eerste reeks het die ontstaan van Afrikaanse musiek ván die vroeë 1900’s tot in die middel  1970’s ondersoek en daar is onder meer gesels oor kunstenaars soos Chris Blignaut, Dawid de Lange, Hendrik Susan en Groep Twee.

In die nuwe reeks word die storie verder ingekleur deur gesprekke met onder andere Rina Hugo, Anton Goosen, Jannie du Toit, Steve Hofmeyr en Carike Keuzenkamp.

Smith vertel dat die kunstenaars wat in die reeks vermeld word nog hier is om self hulle stories te vertel. “Dus hoor jy die stories agter die liedjies uit die perd se bek,” sê hy.

In dié reeks sal jy uitvind wat die stories agter Anton Goosen se immergroentreffers is, Jannie du Toit werp meer lig op die geskiedenis van die Musiek- en Liriekbeweging en Steve Hofmeyr deel ‘n interessante staaltjie oor elk van die vrystellings in sy loopbaan.

Smith vertel dat die programreeks sy twee grootste belangstellings, genaamd musiek en geskiedenis, byeenbring.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

Deurtastende navorsing word oor elke kunstenaar wat ‘n buiging in die program maak gedoen.

Die Storie van Afrikaanse Musiek maak van elke Vrydagaand ‘n leersame en vrolike Vrydagaand. Skakel net na die 20:00-nuus daarvoor in op Pretoria FM.

Lees ook: Ontmoet die vroue wat ons Proteas uitgeboul het

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

42 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.