kategorieë: Ons menseBekendes

Ontmoet die vroue wat ons Proteas uitgeboul het

Na ’n stewige oorwinning in die Wêreldbeker-rugbytoernooi, is Suid-Afrikaners se fokus nou op Indië, waar die Wêreldbeker-kriekettoernooi tans aan die gang is. Soos dit nou staan, het die Proteas vir die halfeindronde gekwalifiseer en speel Vrydag teen Afghanistan in Ahmedabad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die lig van Suid-Afrika se Proteas wat na die halfeindronde deurgedring het, is dit net gepas om die ondersteunende vroue wat aan hulle sy staan, te wil leer ken! Ontmoet die Proteas se pragtige wederhelftes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Keshav en Lerisha Maharaj

Die egpaar het die eerste keer in 2018 deur vriende ontmoet. Keshav is die Proteas se draaibouler en Lerisha is ‘n skoonheidsterapeut.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die pragtige paartjie moes hul troue twee keer uitstel – een keer weens die pandemie en weer toe hulle albei hul grootouers verloor het. Uiteindelik, in April 2022, het die egpaar hul troubeloftes in ‘n tradisionele Hindoe-seremonie afgelê.

Quinton en Sasha De Kock

Die egpaar het mekaar in 2012 ontmoet, nadat Quinton ‘n wedstrydbeurt gespeel het. Sasha was ‘n rasieleier by die wedstryd en het Quinton met sy prestasie geluk gewens . Hulle het in 2016 die knoop derugehak en kort daarna ‘n dogter, Kiara, verwelkom.

Aiden en Nicole Markram

Aiden en Nicole het jare gelede vir die eerste keer begin uitgaan, en het uiteindelik in Julie vanjaar die knoop deurgehak. Die egpaar het twee honde saam. Nicole is altyd uitgesproke oor haar steun vir Aiden. In ‘n plasing op Instagram skryf sy die volgende boodskap aan haar man:

“Ek het dit al ‘n miljoen keer gesê, maar hier gaan dit weer. Ek is so ongelooflik trots op jou. Nie net as gevolg van jou prestasies nie, maar as gevolg van die persoon wat jy is, altyd was en ek weet altyd sal wees! Ek sal altyd jou ondersteuning wees, maak nie saak wat nie. Ek sal jou altyd aanmoedig. Ek sal jou altyd optel as jy af voel. Hou aan om jou lig te skyn, jy het nog soveel om te wys. ILY @aidenmarkram 🤍”

Rassie en Lara van der Dussen

Rassie en Lara het meer as tien jaar gelede begin uitgaan. In April 2018, na 6 jaar saam, het die egpaar ewige trou aan mekaar beloof.

David Miller en Camilla Harris

Die paartjie is nog nie man en vrou nie, maar net agt weke gelede het hierdie paar hul verlowing aangekondig! David en Camilla, wat mekaar al ses jaar ken, het in 2022 begin uitgaan. In ‘n aanhaling wat in YOU gepubliseer is, sê Camilla:

“Ek was so trots toe ek hoor Dave gaan na die wêreldbeker toe. Ek weet wat dit vir hom beteken om vir sy land te speel, veral in ’n wêreldbeker.”

Lees ook: Ontmoet die Springbokke se ‘bokkies’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

9 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.