kategorieë: Bekendes

Prinses Charlotte gaan kleuterskool toe

Prins William en Catherine se dogtertjie, prinses Charlotte, is gister vir die eerste keer kleuterskool toe. Die twee-en-’n-halfjarige sal die Willcocks Nursery School in Londen, net ’n klipgooi van die paleis af, bywoon. Die koninklike gesin het twee foto’s gedeel waar hierdie fraai prinsessie in haar rooi jassie en skoentjies op pad is na haar eerste kleuterskooldaggie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook hier oor haar ouer broer, prins George, se eerste skooldag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Haar ma, Catherine, het self hierdie foto’s geneem. Catherine is ’n gretige amateurfotograaf en het met koninklike konvensie gebreek met die geboorte van Charlotte deur self die eerste amptelike foto van hierdie baba te neem en vry te stel. Sedertdien het sy al verskeie amptelike foto’s van die kinders geneem en in die openbaar gedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het jy geweet die koninklikes is ’n kreatiewe familie? Lees hier om meer uit te vind oor Charles se skildertalent.

Catherine het gister 36 jaar oud geword en het glo die dag saam met haar gesin gevier. Sy is swanger met haar en Prins William se derdeling, wat in April gebore sal word. Hierdie geboorte sal enkele weke plaasvind voordat Prins Harry en Meghan Markle trou Mei trou.

Lees hier en hier om meer uit te vind oor die verlowing van Meghan en Prins Harry.

Lees hier om meer uit te vind oor Koningin Elizabeth en Prins Philip se 70ste trouherdenking.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.