kategorieë: HareSkoonheid

Raad hoe jy ook ‘n moderne grys haarstyl kan kry

Raad hoe jy ook ‘n moderne grys haarstyl kan kry Deur Suzanne Kotzé. Foto’s: Kristina Stojiljkovic. Hare: Reto Camichael en grimering: Cheryl Parker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons beste raad hoe jy ook ‘n moderne grys haarstyl kan kry

Kyk net hier na ons mooi grys haarstyl makeover met ‘n leser.

Salome Ehlers van Somerset-Wes het haar grys hare in ‘n lang styl laat uitgroei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voor

Salome se gesig is effens vierkantig. Die lae en lengte van haar hare het juis die vierkantige vorm daarvan beklemtoon. Haar hare is ook taamlik fyn. Die nuwe grys kleur pas haar goed, maar die styl en ou sonstrepies laat die grys effens geel vertoon.

Voor

Na

’n Asimmetriese bob speel help om die oog te flous sodat dit nie net op een plek gefokus is nie. Die punte is net effens langer as die breedste deel van haar gesig wat die gesigvorm versag. Dis ’n baie vleiende snit wat ewe goed vir langer of korter hare werk.

Na

“Dis die kontras tussen die klassiek grys kleur en die moderne snit wat die styl so goed laat werk.” Reto

Laat jou grys hare so uitgroei

  • Wees geduldig, veral as jy tans donker gekleurde hare het. Die kleur kan tot ’n jaar neem om uit te groei.
  • Dit is duur. Jy sal intussen baie ligstrepies en behandelings nodig hê.
  • Begin met ligstrepies om solank meer kleur in jou hare in te bring. Bly weg van donker strepies – dit moet lig wees.
  • Gebruik produkte wat tekstuur skep om jou styl effens deurmekaar te maak sodat die hergroei minder sigbaar is.
  • Gebruik mooi haarbande om die hergroei weg te steek.
  • ’n Sterk, moderne snit is ’n moet.
  • Jou hare se toestand sal aanvanklik verswak, want donkerder kleure beskerm die haarskag terwyl ligstrepies jou hare kan uitdroog. Dis belangrik dat jy juis jou hare moet beskerm en voed. Gereelde salon- en tuisbehandelings is noodsaaklik.

“Dis die kontras tussen die klassiek grys kleur en die moderne snit wat die styl so goed laat werk.” – Reto

Versorging

’n Pers sjampoe en of opknapper een keer per week voorkom dat jou hare geel begin lyk en help dat die silwergrys behoue bly.

Stilering

Grys hare moet gesond en blink lyk. Gebruik produkte wat glans gee.

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé en assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes op Instagram @Stylvol.co.za

of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.