Raad vir mond-en keelseertjies deur Salomé Delport
Dit kan ’n teken van mondkanker wees maar afteuse seertjies is ’n baie meer algemene verklaring. Een uit elke vyf mense sukkel hiermee. Dit neem gewoonlik 7-10 dae voor die seertjie verdwyn.
Intussen is dit behoorlik seer en lastig. Probeer ’n keelsproei of gorrelmiddel – vra jou apteker watter een.
Navorsing wys die volgende vyf dinge is die algemeenste sondaars. Dit kan help as jy hulle regstel.
- Jy eet en drink skerp kosse, soos baie suur, te soet of te warm items, wat jou slymvliese beskadig en so vatbaar maak vir afteuse sere.
- Jy is onder te veel stres, soos gedurende eksamens, wat jou immuunstelsel afbreek en jou vatbaarder maak.
- Die slymvliese van jou mond en keel, wat jou behoort te beskerm, is te dun weens ’n tekort aan vitamien B12, folaat en/of yster
- Party vroue is meer vatbaar hiervoor in die eerste twee weke ná menstruasie.
- Tandepasta met sodium lauryl sulphate kan vir party mense ’n probleem wees.
Lees ook: Wat jy moet weet oor ystertekort