kategorieë: In die nuusJou lewe

Regverdige egskeidingsprosesse

As jy al ooit by ’n egskeiding betrokke was, hetsy as die kind van geskeide ouers, as kollega, vriendin of familielid van iemand wat skei, of as jy self geskei is, weet jy hoe traumaties dit kan wees. Emosionele pyn en die ervaring van verwerping kan mense tot optrede aanspoor wat ander (en hulself) ernstig skaad. Veral kinders kry swaar wanneer hulle midde-in ’n bloedige geveg beland.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Aan die ander kant is daar paartjies wat skei sonder dat dit in ’n slagveld ontaard. Hulle kry steeds swaar, maar slaag daarin om op die proses te fokus en die beste moontlike oplossing vir die betrokkenes te beding. Die hulp van mediators, sielkundiges en ander kenners sowel as ’n opregte begeerte om in hul kinders se beste belange op te tree, dra hiertoe by. Een aspek van so ’n benadering is ’n ouerskapplan wat gereeld hersien word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die viering van Global Fair Divorce-dag beteken ons verbind ons tot ’n ‘blue chip’-reputasie vir kwaliteit en betroubaarheid in goeie sowel as slegte tye,” sê Sinta Ebersohn van Stellenbosch. Sinta is die stigter van die egskeidingshulpmiddel-webwerf fairdivorce.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Deelname is gratis, en die gedagte is om dit wêreldwyd te vestig. Om die ‘blue chip’-betroubaarheid te simboliseer, dra ons op Sondag, 25 Junie 2017, blou aan ons linkerarm of linkerhand, verkieslik iets blous aan die ringvinger van die linkerhand. Dit is ’n teken van ons verbintenis tot die ideaal om nie te veg en lewens deur egskeiding te vernietig nie, maar mekaar te respekteer, deernis vir mekaar te hê en so regverdig moontlik op te tree.

“Selfs wanneer egskeiding jou ‘blou’ laat voel, help ’n sin vir regverdigheid gedurende die proses jou om die vuur van konflik te blus, ” sê Sinta. “Ten spyte van die trauma kan ons hierdie lewensveranderende gebeurtenis bestuur om by die blou hemel van liefde en vervulling uit te kom, al neem dit hoe lank.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“As jy op die 25ste Junie wil deelneem, kan jy ’n blou voorwerp aan jou linkerhand of linkerarm dra, of jou linkerhand met enigiets blou versier. Neem ’n foto en plaas dit op Facebook. Raak kreatief en geniet dit! Kom ons maak die wêreld daarvan bewus dat egskeiding regverdig kan en moet wees.”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.