kategorieë: ReisOntspanning

Rustig in Magaliesberg: vir jou sintuie en jou siel

Jare lank was die begrip “rustig” iets waaroor ek gereeld sou dagdroom, maar selde kon beleef. Dalk ervaar jy dit ook: sodra jy in die versoeking kom om sommer net te gaan sit, onthou jy van ’n e-pos/oproep/sperdatum/huistakie wat weier om te wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Toe, tot my verbasing, hoor ek “Rustig” is ook die naam van ’n plek. Een wat jy op Google Maps kan opspoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So het dit gekom dat ons op ’n wintersoggend ná ’n ent stofpad tussen lowergroen bome deurry en die oorspronklike plaashuis saam met die ander geboue voor ons sien lê – prentjiemooi met  die berg in die agtergrond. Skielik was “rustig” nie meer ’n ontwykende toestand waarop my verbeelding ’n greep probeer kry het nie. Dit was dáár: in die lug, in die grond onder ons voete, die roosbome, die wit gewels en die rooi dakke. ’n Kalmte, byna tasbaar, wat diep in jou kom lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het verstaan hoekom ’n stuk aarde dié naam sou kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van stappers tot bruidspare

Rustig is selde sonder stappers, individue of groepe. Daar is drie dagroetes (3 km, 5 km en 13 km) en twee oornagroetes (13 km en 15-18 km). Ons het die 5 km-roete gestap en was beïndruk met die doeltreffende merkers – as jy al ’n bergpad byster geraak het, stem jy waarskynlik saam dat goeie aanwysings net so belangrik is as mooi natuurskoon!

Ná die stappery kan jy ’n yskoue drankie en iets lekkers by die restaurant geniet of in die blou swembad afkoel, en nie noodwendig in daardie volgorde nie.

Begeleide voetslaanervarings word ook aangebied. Stappers wat ’n oornagroete aandurf, kan hul bagasie teen ’n ekstra fooi na die oornaghutte laat vervoer.

Wegbreekbesoekers wat ’n dag of langer na siel en liggaam wil herstel, het ’n wye akkommodasiekeuse:

  • Die back packers het ses kamers met ses beddens elk, ’n gemeenskaplike kombuis en ablusieblokke binne loopafstand.
  • Die rustieke Kliphuis, een van die oudste geboue, het twee slaapkamers, ’n kombuisie en ’n private braai-area. Die ablusieblok is ’n klipgooi ver.
  • Die plaashuis het vyf slaapkamers, drie badkamers, kombuis, groot stoep en ingeboude braai.
  • Drie selfsorgtente het vier beddens, ’n kombuisie en en suite-badkamer.
  • Een selfsorgtent het ses beddens, kombuisie en en suite-badkamer. Die tente is die netjiesste wat ons nog teëgekom het.
  • Die Erfenishuis – my gunsteling – is in 1931 voltooi en onlangs tot sy eertydse glorie gerestoureer. Daar is drie dubbelkamers, ’n eetkamer, formele sitkamer, Viktoriaanse badkamer en luukse kombuis. Etes word soms op die stoep langs die huis bedien en pieknieks in die pragtuin met vier reusagtige palmbome.

By Rustig word bruidspare en hul huweliksgaste op die hande gedra. Die restaurantkompleks met sy praguitsig, reusestoep, kinderspeelkamer, volledig toegeruste kroeg en sigaarkamer of VIP lounge kan tot 150 gaste akkommodeer. As die weer saamspeel, kan die huwelikseremonie in die tuin met sy fontein en lieflike bome gehou word.

Twee belangrike trekpleisters is die fynkos wat op Rustig bedien word en die besonderse fotogeleenthede. Gaan loer gerus by rustig.co.za om ’n idee te kry van die tuin en die Erfenishuis waar die bruid, bruidegom en hul gevolg kan oorbly. En omdat Rustig slaapplek het vir 74 gaste, kan ’n huweliksfees in ’n kuiernaweek omskep word.

Die bou van ’n kapel is in die beplanningsfase.

Rustig is ideaal vir konferensies, korporatiewe funksies, spanbougeleenthede, jaareindfunksies en so meer. Die restaurantkompleks is veelsydig genoeg om aan uiteenlopende vereistes te voldoen, en die groot bome kan altyd as wegbreekruimtes ingespan word.

Private funksies soos verjaardagpartytjies, herdenkings, bruids- of Ooievaarstees en skoolfunksies (daguitstappies of oornag) word almal verbeeldingryk hanteer.

Ek noem die lekkerste laaste: Rustig se pieknieks in die tuin, of op die stoep van die Erfenishuis. Al wat ek gaan sê is dat die kos, die kreatiewe aanbieding en die gulhartigheid waarmee ons verwen is, iets is wat elke lekkerbek self moet gaan beleef. Voorafbespreking is noodsaaklik.

Moenie Rustig se spesiale verblyfaanbiedings by rustig.co.za misloop nie.

Kindervriendelik

Rustig se eienaar, Johan Oosthuizen, is nie net ’n suksesvolle sakeman en boer nie, maar ook die trotse oupa van ses kleinkinders. Die kleingoed kom gereeld op Rustig kuier en daar is oorgenoeg vir hulle en hul ouderdomsgenote om te doen: ’n speelparkie, trampolien, springkasteel, raak-aan-’n-lammetjie-ervaring, ’n spesiale kinderspyskaart en peuselpakkies, asook temapartytjies vir kinders.

Bel vooraf om te verseker dat hierdie aanbiedings op die dag van jul besoek beskikbaar is.

Hierdie wintervakansie (2017) word ’n “Kiddies Craft Corner” van twee uur per dag aangebied, en vir middagete kan die kinders hul eie pizza maak of piekniek hou in die tuin.

’n Tikkie geskiedenis

Die eienaar se ma, “Ouma Janna” soos almal op Rustig haar noem, is in die oorsponklike plaashuis gebore. As jy in die Erfenishuis oornag, sal die familieportrette en ander memorabilia jou dalk ook terugneem na vervloë dae.

Rustig reël graag geskiedkundige praatjies oor die Magalies Meander-omgewing waar Anglo-Boereoorlogveldslae onder meer plaasgevind het .

Pluspunte

  • Rustig is sowat 45 minute se ry vanaf Johannesburg sowel as Pretoria.
  • Vir my lê Rustig se sjarme enersyds in die rus en vrede wat jy daar ervaar, en andersyds – of liewer, verál – in die opregte vriendelikheid van die personeel. Jy word met die wydste glimlag ontvang en deurgaans met die grootste bedagsaamheid behandel.
  • Goeie kos – goeie vleis, vars groente en ander bestanddele wat keurig berei en voorgesit word – is op sigself ’n vreugde. Alle gaste, ook dié wat in die tente “kampeer”, kan hul eie vleis bring (of by Rustig bestel) en vra dat die restaurant vir die bykosse sorg. Sorg dat jy die gebak te proe kry, veral die croissants!
  • Rustig se ingang word bewaak en die terrein word deur sekuriteitswagte gepatrolleer. Parkering is veilig.
  • Dagbesoekers betaal ’n toegangsfooi om die dag by Rustig deur te bring.
  • Op ’n wildrit saam met Rustig se bestuurder, Victor Hawla, het ek die eerste keer ooit swart rooibokke gesien. Daar is ook elande, koedoes, rooihartbeeste, duikers, klipspringers, apies, nagapies, meerkatte, ystervarke, jakkalse, bobbejane en ander klein wildsoorte. Daar is twee luiperds in die berg, maar hulle is sku. Die groot verskeidenheid voëlsoorte sluit witkruisarende in. Wildritte kan ’n sonsopkomsontbyt in die veld insluit of ’n ander tyd van die dag plaasvind.
  • Die 25m-lange swembad word verhit.
  • Gaste word teen die koue beskerm met elektriese komberse op die beddens en verwarmers.
  • Die webwerf dui aan watter verblyfopsies kombuisware, linne, badhanddoeke, kampstoele en hout insluit.

Rustig spel inderdaad “Staproetes en sielerus”. Maar dis lank nie al nie. Hier is soveel bederf-ervarings vir jou sintuie, pret vir die kleinspan, gawe kanse om jou verbintenisse met vriende en familie (of jou bruid of bruidegom!) te versterk, en die omvattende skoonheid van die natuur. Jy hoef net tot rus te kom om dit te geniet.

Meer inligting by rustig.co.za – jy kry Rustig ook op Facebook en #RustigHekpoort op Instagram.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.