kategorieë: ReisOntspanning

Reis na Skotland

“Jy is ’n bietjie optimisties dame,” was een ou Skotse omie se antwoord toe ek hom baie opgewonde van ons reisplanne vertel. Wel, ek moes hom verkeerd bewys …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons reis het in St Andrews begin. Dames sal dalk bekend wees met die naam, omrede Prins William (wat met ’n graad in Geografie gegradeer het), sy hertogin, Kate Middleton (wat met ’n graad in Kunsgeskiedenis gegradeer het), in 2003 op kampus ontmoet het. Die St Andrews Universiteit is die derde oudste Engelse universiteit ter wêreld wat terug dateer na 1413.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gholf-geesdriftiges sal St Andrews ken as die plek waar gholf rondom die jaar 1400 begin het. Hierdie pragtige kusdorpie spog met hope gholf-winkels, restaurante en natuurlik gholfbane onder meer die bekenede “Old Course.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“West beach” – die strand in St Andrews wat vir ongeveer 3.2 km strek, is veral bekend vir die openingstonele in die fliek “Chariots of fire.”

Die St Andrews-katedraal is ’n verwoeste Rooms-Katolieke katedraal wat in 1158 gebou is. Die oorblyfsels wys dat dié gebou ongeveer 119 m lank was en dat dit die grootste kerk was wat nog ooit in Skotland gebou is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Inverness

Vanaf St Andrews het ons die pad Noord aangepak Inverness toe. Net buite die dorp lê die bekende varswater meer Loch Ness. Dit is die grootste varswater meer in Brittanje en bereik ’n diepte van 227 m. Daar is talle bootritte wat nuuskierige toeriste op die meer uitneem, almal met kamera in die hand in afwagting om ’n kykie van “Nessie” te kry. Toeriste kan kies uit een, twee of drie-uur rite wat hulle al om die meer vat en ’n vinnige stop by die historiese Urquhart-kasteel insluit. Vir dié wat nie weet wie “Nessie” is nie, sy is ’n reusagtige watergedierte (iets tussen ’n dinosourus en ’n perd wat baie diep in die koue, donker water voorkom. Sy is die eerste keer in 565 AD gesien en die laaste rekord van haar is in April 2016. Ons is seker Nessie is ’n baie, baie ou monster.

Daar is ’n oorvloed akkomodasie in Skotland. Ons het geen vooraf besprekings gehad nie en besluit ons sal oorslaap waar ons plek kry. Die een Bed-en-Ontbyt is meer tradisioneel, snoesig en warm ingerig as die volgende. Ons is verwelkom deur ’n baie vriendelike paartjie by Greenlea Bed-en-Ontbyt. Hulle het vir ons hope advies gegee en die lekkerste Skotse ontbyt voorgesit!

Na ontbyt het ons weer in die pad geval en van “Nessieland” was ons op pad na die Skotse hooglande na ’n dorpie genaamd “Dornie”. Hierdie dorpie is bekend vir die Eilean Donan Kasteel. Menige aanhangers van Skotland sal die kasteel herken van foto’s op Skotland se gewilde brosbeskuitjie-blikke. Die kasteel was ook al te sien in Bonnie Prince Charlie (1948)
, The Master of (1953), The New Avengers (1976), Highlander (1986)
, Loch Ness (1996), James Bond – The World is Not Enough (1999) en BBC One Television Identity (1997-2002).

Nadat ons die kasteel verken het, val ons terug in die pad. Volgende op ons lys is Isle of Skye. Die eiland langs Skotland bevat ’n paar oornagplekkies, berge, mere, watervalle en een baie nou pad.

Die Ferry Pools is een van die moet-sien plekke in Isle of Skye. Daar stroom daagliks honderde toeriste hierheen om die pragtige kristalhelder waterpoelle te sien. Geleë in ’n nasionale park met gratis toegang, kan mens heeldag in die natuurskoon rondstap. Net een wenk as jy besluit om die plek te besoek: dit neem ongeveer 20 minute om die poele te bereik, so trek gemaklike stapskoene aan! Besoekers is welkom om in die poele te swem, dit is nou as jy braaf genoeg is om die yskoue water te trotseer …

Skotland is min of meer so groot soos Mpumalanga en bestaan uit 790 eilande. Veerbote is oral beskikbaar wat die verskillende eilande aan mekaar verbind wat reistyd en afstand drasties verminder. Dit was baie gerieflik en maklik om ons motor op die veerbote te transporteer.

Van Isle of Skye is ons terug vasteland toe waar ons ’n vinnige stop by die Glenfinnan-brug gemaak het. Vir al die “Harry Potter”-aanhangers, julle sal die foto van die spoorlyn herken! Hierna het ons op die A82 geklim wat een van die gewildste roetes in Skotland is weens die prentjiemooi berge en mere.

Om ongeveer 11.30 die aand was ons terug in Glasgow.

Toer na Skotland

Geen toer na Skotland is kompleet sonder ’n besoek aan een van die whisky-distilleerderye nie. Daar is ’n magdom maatskappy wat dag-pakette na die verskillende distilleerderye toe aanbied. Dit sluit vervoer, toere, whisky-proe en nog meer in. Van die bekendste distilleerderye is Glenfiddich, Talisker en Glenlivet, om maar ’n paar te noem.

Die 145ste “Open” gholf-kampioenskap is by die gewilde Royal Troon-gholfbaan gehou. Ons was gelukkig om saam met Rory Mcilroy, Justin Rose en Phil Mickleson die baan te stap.

Edinburgh, die hoofstad van Skotland en Glasgow (wat groter is as Edinburgh), spog met ’n groot verskeidenheid winkels, restaurante, kroeë, teaters en museums. Skotland bied aan toeriste ’n groot variasie aktiwiteite – van visvang tot staproetes, grot-verkenning, geskiedkundige ontdekkings, spooktoere, inkopies, gholf, doedelsak-lesse, kunsgallerye asook die bekende Glasgow-wetenskapsentrum. Bo en behalwe dit is daar ook natuurlik die duisende kastele wat besoekers kan verken.

#rooirosewenk: Onthou om altyd ’n reënjas in te pak! Skotland is bekend vir sy vier seisoene per dag. Die beste tyd om Skotland te besoek, is in die somer wat strek vanaf Julie tot Augustus. Die gemiddelde temperatuur is dan 19 grade. Januarie en Februarie is gewoonlik die koudste met temperature wat wissel tussen 5 en 7 grade.

Tot volgende keer!

Groete uit ’n koue, nat somersdag in Glasgow

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 hour Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.