RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti

RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous  van Tahiti

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die bekende akteur Armand Aucamp ken van kosmaak en is ’n  voorstander van  ’n laekoolhidraatdieet. Sy eerste boek, Armand kook kaal, was ’n topverkoper. Sy toeganklike benadering tot kos laat ’n mens nuut oor eet en leef dink.  Sy disse word gewoonlik met bekostigbare bestanddele, wat reeds deel van jou koskas is, gemaak. Armand wys dat eenvoudige kos soms die lekkerste en gesondste kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Armand se jongste kookboek

Lees ook: Forel met spek

Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti

Armand se witvis met vanieljesous van Tahiti

4 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestanddele

Sous

2 e botter

1 prei, in skywe gesny

1 knoffelhuisie, gekap

1 k room

1 t vanieljegeursel (of 1 vanieljepeul)

½ k hoenderaftreksel

¼ k brandewyn

sout

Vis

4 witvisfilette (geelstert, engelvis of stokvis)

2 e olyfolie

sout en peper

Groente

2 e olyfolie

1 rooi soetrissie, in dun repies gesny

400 g broccolini

sout en peper na smaak

Bediening

suurlemoenwiggie

vars pietersielie, gekap

Metode

Sous

  1. Smelt botter in pot oor matige hitte en braai prei vir drie minute. Voeg knoffel by en braai vir nog drie minute.
  2. Vroeg room, vanieljegeursel (of -peul), hoenderaftreksel, brandewyn en sout by. Sodra sous liggies begin prut, verlaag hitte na laag vir  vyf tot tien minute. Roer kort-kort.

Vis

  1. Verhit groot pan oor hoë hitte. Sodra pan warm is, voeg olyfolie by en braai vis sowat vyf minute aan ‘n kant of tot gaar. Geur. Hou warm in oond teen 100 °C.
  2. Sous behoort nou afgekook en verdik te wees. Kook vir nog vyf minute vir ‘n effens dikker sous. Geur na smaak. Sit plaat af, maar hou sous daarop om warm te bly.

Groente

  1. Verhit olyfolie in skoon pan oor hoë hitte en braai soetrissie en broccolini vir vyf minute. Dit moet nog effens krakerig wees. Geur met sout en peper na smaak.
  2. Sit vis bo-op groente, drup vanieljesous oor en garneer met pietersielie en suurlemoenwiggie. Chenin blanc is ‘n goeie pasmaat

Armand vertel: “My suster, Marcelle, werk al vir jare op luukse seiljagte. Sy het omtrent al elke hoek en draai van die aardbol gesien en het vir ongeveer vier maande op die Frans-Polinesiese eilande Tahiti en Bora Bora gebly. Toe ek idees vir die tweede Armand kook kaal– boek begin versamel, het sy gesê ek kan dit nie sonder ‘n tradisionele witvisgereg van die eilande doen nie, en hier is dit … Witvis met vanieljesous.”

Lees ook: Resep: Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.