kategorieë: Bekendes

Rian van Heerden keer terug na radio

Jacaranda FM het vanoggend aangekondig dat Rian van Heerden terugkeer na die stasie – minder as twee maande nadat hy die ontbytprogram verlaat het. Hy gaan oorneem by Martin Bester om die Afternoon Drive Show aan te bied tussen 16h00 en 19h00 op weeksdae. Hy begin op Maandag, 31 Julie 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Dis wonderlik om Rian terug te hê. Om pryswenner-aanbieders op beide die oggend- en laatmiddagprogramme te hê, vervolmaak werklik ons dagtydprogramme,” sê die stasie- se algemene bestuurder, Kevin Fine. Volgens Gavin Meiring, programbestuurder, is die radiostasie baie opgewonde om Rian te verwelkom op die middagprogram waar hy, met sy interessante sienings oor nuus en sy sterk menings, sekerlik luisteraars sal laat voel asof die middagverkeer heelwat korter is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Rian, wat vroeër vanjaar die South African Liberty Radio-prys ontvang het, sê: “ek is so bly om weer terug lug toe te keer. Radio pols in my are en ek het besef dat ek JacarandaFM se luisteraars heeltemal te lief het om net weg te stap. Ek het probeer, maar ek kan nie radio los nie want dis waar ek tuisvoel!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook ons vorige gesprek met hom hier

Lees ook ons gesprek met Martin Bester, wat Rian se plek oorgeneem het op die ontbytprogram

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.