kategorieë: Bekendes

Prinse Harry en William vertel oor laaste oproep aan Diana

Hierdie jaar sal die 20ste herdenking wees van Prinses Diana se sterfte op die ouderdom van 36. Sy is oorlede op die nag van 31 Augustus 1997 in Parys na ’n motorongeluk waarin sy en haar minnaar, Dodi Fayed en hul motorbestuurder, betrokke was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ter herdenking van haar lewe is daar hierdie jaar heelwat feestelikhede, herinneringseremonies asook televisieproduksies wat plaasvind om haar te onthou. Daar is ’n uitstalling by Buckingham-paleis wat haar gunsteling- en meer persoonlike items bevat. Dit sluit in haar balletskoene, Lionel Richie- en Elton John-kasette en babafoto’s van die prinse. Die uitstalling duur tot Oktober. Foto’s is ook onthul van die jong prinse en hul ma oor sosiale mediaplatforms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

In die dokumentêre film, Diana, our mother: her life and legacy, wat hierdie week op Britse kanale uitgesaai sal word, gesels die twee broers oor hul ma asook hul laaste telefoonoproep aan haar. Sy het hulle enkele ure voor die motorongeluk gebel.

William en Harry, wat toe in hul vroeë tienerjare was, sê as hulle geweet het dat dit die laaste keer sou wees dat hulle met haar sou praat, sou hulle die oproep baie anders wou hê. Harry sê in die dokkie dat hy besig was om met niggies en nefies te speel – hy het nie baie aandag aan die oproep gegee nie. Hy sê dat as hy nou terugkyk, dan is jy baie spyt oor hoe kort die gesprek was. Hy kan ook nie juis onthou waaroor die gesprek gehandel het nie, maar hy noem dat dié oproep hom ewig sal bybly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“As ek geweet het dit is ons laaste gesprek, sou ek dit nie so vlugtig gemaak het nie,” het William gesê.

Die broers poog om die herinneringe aan Lady Di te deel wat mense dalk nie geweet het nie, en om ’n ander kant van haar uit te bring. Die broers noem verder hulle ma was “pure kind” – sy was baie lief vir pret en haar skaterlag bly Prins Harry by. Alhoewel sy hulle probeer blootstel het aan lewe buite die Paleis, het sy dit ook geniet om haar kinders te bederf en om poetse op hulle te bak – soos die keer wat sy drie supermodelle vir Prins William laat inwag het een middag na skool!

Prins William vertel glo vir sy kinders van hul Ouma en wys hulle gereeld foto’s van haar.

Prinses Diana onthou vir baie goed: haar styl (selfs in ’n twyfelagtige modetydperk!), haar skoonheid en grasie, haar liefde vir ander en haar werk met mense van alle agtergronde – van landmynslagoffers tot VIGS-pasiënte in ’n tyd wat daar meer mites as feite oor dié siekte was.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: celebs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.