kategorieë: KalenderOntspanning

Virtuele Santa Shoebox maak dit nog makliker om te gee

Op 1 September 2017 sal die Santa Shoebox-projek, nou in sy elfde jaar, ’n aanlynskenkingsplatform bekendstel. Dit staan bekend as die Virtual Santa Shoebox en is ideaal vir diegene wat baie besig is of ver van aflaaipunte af bly. Dis ook ’n gerieflike opsie vir mense wat oorsee woon maar steeds ’n verskil in ’n kind se lewe wil maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Virtual Santa Shoebox ondersteun Santa Shoebox se drie-jaardoelwit om teen 2019 een miljoen kinders te bereik in hul March to a Million-veldtog. Hulle beoog om hierdie jaar 110 000 skoenbokse uit te gee, 115 000 in 2018 en 125 000 in 2019.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe dit werk

Irené Pieters, stigter en HOB van die Santa Shoebox-projek, sê dat daar op gerief gefokus is met die ontwikkeling van die Virtual Santa Shoebox. Dit is werklik eenvoudig om te skenk. Skenkers moet die Santa Shoebox-webblad besoek om ’n kind (of kinders) te borg. Die kind(ers) se naam, ouderdom, en geslag is bekend, en jy kan een (of meer) kinders kies om te borg. Agt items (volgens geslag en ouderdom) kan dan gekies word om in die geskenkbokse te plaas. Skenkers kan ’n persoonlike boodskap bysit wat op ’n kaartjie uitgedruk en geheg sal word aan die geskenkpakkie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sodra die items aanlyn gekies is, sal die Santa Shoebox-span die geskenke in versierde bokse pak en aan minderbevoorregte kinders regoor die land aflewer. Daar is selfs ’n opsie vir ’n generiese Santa Shoebox wat al die noodsaaklike items bevat en net ’n muisklik weg is.

’n Virtual Santa Shoebox kos R400.

As jy self ’n skoenboks wil pak

As jy self ’n skoenboks wil pak, moet jy aanlyn registreer by santashoebox.org.za. Die versierde geskenkpakkies moet afgelaai word by spesiefieke aflaaipunte wat regoor die land versprei is gedurende Oktober. Jy kan aflaaipunte hier vind: santashoebox.org.za/find-my-local-dropoff/

Die volgende items word benodig om ’n Santa Shoebox te vul:

  1. Gewone skoendoos of plastiekboks waarvan die boksgedeelte en deksel apart versier moet word
  2. Strepieskode wat die skenker sal ontvang wanneer hulle aanlyn registreer
  3. Tandeborsel
  4. Tandepasta
  5. Waslappie
  6. Seep
  7. Speelding
  8. ’n Stel klere
  9. Skooltoebehore
  10. Lekkergoed

Neem asb kennis dat alle items gepas moet wees vir die geslag en ouderdom van die kind(ers) en dat alle items nuut moet wees. Speelgoed mag nie gewelddadig of gevaarlik wees nie, en geen bederfbare kos of neute word toegelaat nie.

As jy nog vrae het, besoek die webblad of kyk hier hoe Suzelle DIY haar Santa Shoebox pak:

Lees meer hier

Vir verdere inligting besoek gerus santashoebox.org.za
Facebook: facebook.com/SantaShoebox/
Twitter: @SantaShoebox
Instagram: @santashoebox
YouTube: youtube.com
Pinterest: santashoebox

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.