Romerige lamsvleisragu met gnocchi deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Lindy Kriek

Romerige lamsvleisragu met gnocchi
Catherine Hierdie ragu word aan die einde met room verryk wat dit werklik swymellekker maak. Kos Romerige lamsvleisragu met gnocchi European Druk resepBestanddele
• 2 e (30 ml) olyfolie
• 2,2 kg (ongeveer 4) lamskenkels
• sout en gemaalde swartpeper
• 1 ui, geskil en fyngekap
• 2 wortels, gekap
• 1 selderystokkie, gekap
• 6 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
• 2 e (30 ml) tamatiepasta
• 2 k (500 ml) rooiwyn
• 1 k (250 ml) vleisaftreksel
• 1 x 400 g-blik heel geskilde tamaties, met ’n vurk in die sous fyngedruk
• 2 lourierblare
• 1 roosmaryntakkie
• 8-10 tiemietakkies
• 125 ml (½ k) room
• 400 g aartappel-gnocchi, volgens die aanwysings op die pakkie gekook
Metode
1 Voorverhit die oond tot 160 °C.
2 Verhit die olie in ’n groot oondvaste kastrol oor hoë hitte. Geur die lamsvleis met sout en swartpeper en braai elke skenkel tot goudkleurig alkant. Haal uit die kastrol en hou eenkant.
3 Verlaag die temperatuur en braai die uie, wortels en seldery tot goudkleurig. Voeg die knoffel by en braai vir nog 3 min. Gooi die tamatiepasta by en braai tot gekaramelliseer.
4 Gooi die wyn by en skraap al die gebraaide deeltjies met ’n houtlepel van die boom van die kastrol af. Kook vir 3-4 min. of tot al die alkohol uitgekook is.
5 Voeg die aftreksel, tamaties, kruie en die skenkels by en bedek met foelie of ’n deksel. Sit vir 2–2½ uur in die oond of tot die vleis sag is.
6 Haal uit en verwyder die bene. Trek die vleis ruweg met twee vurke uitmekaar en roer die room by. Geur na smaak. Sit met die gnocchi voor.