kategorieë: GrimeringSkoonheid

#rooirose75: ons redakteurs se Bobbi Brown-voorkoms

Martie Pansegrouw, Redakteur

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Martie se grimering het klassiek, elegant en stylvol gelyk. Voordat Martie se grimering gedoen is, is die Bobbi Brown Hydrating Face Cream (R795) aangewend om haar vel te bevogtig. Die onderlaag wat die beste op Martie se vel werk is die Bobbi Brown Intensive Skin Serum Foundation SPF40 in sand-kleur (R765). Dit bied nie net dekking vir jou vel nie, maar die serum is ook goed vir jou vel en laat dit sommer sagter en gesonder voel. Om haar wange mooi te laat blink is die Bobbi Brown Nude Finish Illuminating Powder (R755) saam met die Bobbi Brown Bronzing Powder (R550) gebruik om die wange ’n bietjie kleur te gee. Die grimering op Martie se oë is die Bobbi Brown Cement Sparkle Eyeshadow (R475), saam met die Bobbi Brown Sultry Nude Eye & Cheek Palette (R955) om ’n brons en goue skakering te vorm. Goud is altyd lekker om te gebruik op die oë, veral as jy na ’n partytjie gaan. Haar lippe het mooi natuurlik gelyk met die Bobbi Brown Art Stick in Rose Brown (R430) lipstiffie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bobbi Brown se wenke  aan Martie:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Bou die maskara op vanaf die basis van jou wimpers
• Rond jou gesig af met ’n glans-blosser op die appels van jou wange en skakeer dit opwaarts

Hier is van die produkte wat gebruik is

Suzanne Kotzé, Skoonheidsredakteur

Suzanne se grimering lyk altyd perfek, maar dit het ekstra mooi gelyk met haar donker rokerige oë en die ekstra definisie wat geskep is deur ’n katoog-voorkoms met die Bobbi Brown Longwear Black Gel Eyeliner in Black (R350). Voordat die grimeerkunstenaar met Suzanne se grimering begin het, het hulle haar gesig gereinig met die Bobbi Brown Soothing Cleansing Oil (R795). Daarna is haar ooglede bevogtig deur die Extra Eye Repair Cream (R910). Die Bobbi Brown Vitamin Enriched Face Base (R795) is gebruik as basislaag wat die vel bevogtig en dit makliker maak om ’n gladde voorkoms te skep wanneer jy die onderlaag aanwend. Suzanne het ’n ligte vel en die Bobbi Brown Skin Foundation Stick in 35 Warm beige (R555) is gebruik om dekking te gee op haar vel. Die blosser wat hulle gebruik het om die wange ’n bietjie kleur te gee, is die Bobbi Brown Bobbi Brown Bronzing Powder in Golden Light (R550) en die Bobbi Brown Highlighting Powder in Bronze Glow (R700). Om die rokerige oë-effek te skep is die Bobbi Brown Long-Wear Cream Eyeshadow in Shore (R405) gebruik as basis en die dokerder klere is die Bobbi Brown Shimmer Wash Eyeshadow in Gunmetal (R360) en die Bobbi Brown Long-Wear Cream shadow stick in Goldstone (R460). Haar voorkoms is afgerond met die Art Stick Liquid Lip in Naked Pink (R430) wat die lippe ’n sagte, natuurlike pienk glans gee.

Bobbi Brown se wenk aan Suzanne:

Die oogomlyner moet dik genoeg wees aan die bokant van jou wimpers, sodat dit duidelik sigbaar is wanneer jou oë oop is.

Hier is van die produkte wat gebruik is:

Susra Matthee, Moderedakteur

Susra se grimering het haar mooi oë beslis laat uitstaan en haar wenkbroue het perfek gelyk. Haar grimering is elegant en stylvol gedoen. Die Bobbi Brown Extra Repair Nourishing Milk (R1 265) is gebruik as serum om Susra se vel te voed en te bevogtig, sodat die vel ekstra gesond lyk. Op haar lippe is die Bobbi Brown Lip Balm (R275) gebruik om die lippe sagter te laat voel, te bevogtig en te beskerm. Die onderlaag wat die beste saam met Susra se vel-ondertoon gewerk het is die Bobbi Brown Intensive Skin Serum Foundation in Natural (R765). ’n Goeie poeier laat jou grimering altyd langer aanbly en die Bobbi Brown Sheer Finish Pressed Powder (R550) is op Susra se vel gebruik. Om haar wange te laat blink en kleur te gee, is die Bronzing Powder in Golden Light (R550) en die Bobbi Brown Highlighting Powder in Bronze Glow (R700) gebruik asook die Bobbi Brown Cheek Glow Palette (R815). Jou wenkbroue rond jou voorkoms mooi af en die Bobbi Brown Natural Brow Shaper & Hair Touch Up (R345) het perfek gewerk vir Susra se wenkbroue. Die verskillende oogskadu’s wat gebruik is om Susra se oë so mooi te laat uitstaan, is die Bobbi Brown Eyeshadow in Mahogany en Heather  (R360 elk) en die Bobbi Brown Sparkle Eye Shadow in Pebble (R475). Dit is afgerond en beklemotoon met ’n oogomlyner, die Bobbi Brown Long wear pencil in Mahogany (R350).

Hier is van die produkte wat gebruik is vir Susra se grimering:

Vickie De Beer, Kosredakteur

Rooi lippe was perfek vir Vickie se voorkoms en het haar ekstra stylvol laat lyk. Die Bobbi Brown Extra Repair Moisture Cream (R1 245) is gebruik as bevogtiger om Vicky se vel lekker sag te laat voel. Dit is baie lig en is perfek om onder jou grimering aan te wend. Bobbi Brown Skin Smoothing Pore Perfector (R445) is ook gebruik om die vel mooi glad te laat lyk. ’n Goeie verbloemer is altyd lekker om van sonvlekkies ontslae te raak en die Bobbi Brown Corrector in Peach Creamy (R375) is gebruik. Om dekking te gee aan die vel is die Bobbi Brown Long-Wear Even Finish Foundation SPF 15 in Beige (R595) gebruik, dit laat die vel mooi blink lyk en bevat ook ’n bevogtiger. Op Vickie se wange is die Bobbi Brown Higlighter Powder in Pink Glow (R700) gebruik. Om Vickie se wenkbroue te vorm en mooi te laat lyk, is die Bobbi Brown Perfectly Defined Long-Wear Brow Pencil in Blonde (R525) gebruik saam met die Bobbi Brown Natural Brow Shaper & Hair Touch Up (R345). Die lipstiffie wat gebruik is, is die Bobbi Brown Art Stick Liquid Lip in Uber Red (R430).

Bobbi Brown se wenk aan Vickie:

Die regte blosser helder ’n vrou se gesig dadelik op.

Hier is ’n paar van die produkte wat gebruik is:

Cornél Dunn, Leefstylredakteur

Cornél se grimering was meer klassiek en het haar baie stylvol laat lyk. Die Bobbi Brown Soothing cleansing milk (R795) is gebruik om haar vel te skoon en vars te laat voel voor die grimeerkunstenaar begin het met haar grimering. Dit detoks en bevogtig die vel en verwyder grimering maklik. Hulle het ook die Bobbi Brown Extra repair eye cream (R910) gebruik om haar ooglede te bevogtig. Die onderlaag wat gebruik is, is die Bobbi Brown Intensive Skin Serum Foundation SPF 40 in Natural 4 (R765). ’n Bietjie blosser op die wange laat elke vrou mooi vars en jonk lyk en die Bobbi Brown Cheek Glow Palette (R815) is gebruik. Cornél het pragtige blou/grys oë en die oogskadu wat gebruik is om haar oë te beklemtoon, was die Bobbi Brown eye shadow in Taupe en Blonde (R360 elk). ’n Basislagie is eers op die ooglede gebruik, die Bobbi Brown Long-Wear Eye Base (R415). Onthou: jy hoef nie altyd ’n swart oogomlyner te gebruik bo die wimpers nie, soms lyk ’n ligte kleur soos die Bobbi Brown Long-Wear Gel Eyeliner in Bronze shimmer ink (R320) ook mooi, veral as jy ’n meer eenvoudige styl soos Cornél kies. Die Bobbi Brown Smokey Eye Mascara (R400) het pragtige definisie gegee aan haar wimpers en die grimering mooi afgerond.

Hier is van die produkte wat gebruik is:

Salomé Delport, Gesondheidsredakteur

Die donker, rokerige oë en donker lippe het Salome perfek gepas, dit is beslis ’n baie goeie grimeerstyl vir ’n aandfunksie of partytjie. Die Bobbi Brown Extra Repair Moisturizing Balm SPF 25 (R1 245) is gebruik as bevogtiger voor hulle begin het met haar grimering. Dit is verseker Bobbi Brown se “wonder”-room. Dit bevogtig die vel dadelik, maar bevat ook ’n herstel-formule wat die vel in die langtermyn bevogtig en herstel, en ook help met die vel se natuurlike kollageen-produsering. Dit laat die vel sag, ferm en gesond voel. Om seker te maak die vel lyk mooi egalig, is die Bobbi Brown Intensive Skin Serum Corrector in Bisque (R530) gebruik om die vlekkies te verbloem. ’n Onderlaag met ’n serum werk baie goed vir diegene wat ’n bietjie ouer is, so die Bobbi Brown Intensive Skin Serum Foundation SPF 40 in Natural 4 (R765) het perfek gewerk. Die Bobbi Brown Highlighting Powder – Bronze Glow (R700) is op die wange gebruik om dit mooi te laat blink en kleur te gee. As basislagie, voor die oogskadu aangewend is, is die Bobbi Brown Long-Wear Eye Base in Bone (R415) gebruik. Dit help ook dat die oogskadu langer aanbly. Die Bobbi Brown Metallic Eye Shadow in Champagne Quartz (R360) saam met die Bobbi Brown Shimmer Wash Eye Shadow in Eggplant, Lilac (R360 elk) en die Bobbi Brown Sparkle Eye Shadow in Silver Lilac (R475) om die mooi pers-rokerige oë effek te kry. Die Bobbi Brown Art Stick Liquid Lip in Heather Pink (R430) is gebruik om die lippe mooi kleur te gee. Dit is ’n bessiekleur en werk goed saam met die oë se grimering.

Bobbi Brown se wenke aan Salomé:

• Gebruik ’n lipomlyner om die lippe meer definisie te gee
• Onthou: jy kan jou lipstiffie ook gebruik as ’n blosser op die wange

Hier is van die produkte wat gebruik is:

Wil jy ook leer hoe om jou grimering perfek te laat lyk?

Foto: Corné Greeff

As jy meer raad wil hê oor hoe om jou grimering te doen, kan jy by jou naaste Bobbi Brown-winkel inloer. Hulle bied “How to”-lesse aan waar hulle enige vrae wat jy oor jou grimering het, kan beantwoord, al is dit net watter verbloemer jy moet gerbuik, of hoe om die perfekte katoog te maak. Die “How to”-lessies gaan jou niks kos nie.

As jy egter in meer detail wil weet hoe om jou grimering te doen, of ’n spesiale geleentheid het waarheen jy moet gaan, kan enige van die Bobbi Brown-grimeerkunstenaars jou help. Hulle bied verskillende dienste aan soos die:

  • Get your best Day-look (R400)
  • Get your best Evening-look (R400)

Hulle gee ook vir jou ’n illustrasie sodat jy presies kan sien watter produkte waar gebebruik is.

So lyk ons redakteurs se illustrasies:

Besoek gerus hul webblad vir meer inligting of besoek enige van die Bobbi Brown-winkels, hulle het ook ’n toonbank by uitgesoekte Red Square-winkels.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.