kategorieë: Ons mense

Rooiwarm man: Adam Tas

Sy vrou, Caren, en hul fraaie Klara-belle (2) dra tot sy rustigheid by. “Pa-wees is wonderlik! Klara-belle se glimlag is die lekkerste deel van my dag. Ek sukkel om haar te straf as sy stout is, en huil omtrent harder as sy. Ek en Caren het besluit om haar uit die kollig te hou – sy het nie gekies om bekend te wees nie en moet self eendag daaroor besluit.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jou regte naam is Francois van der Merwe. Hoekom het jy op Adam Tas besluit?
Hy was die vader van geskrewe Afrikaans en ’n bietjie rebels, nes ek. Ek het darem deur die jare al bedaar, maar ek kon nog nooit vir ’n baas werk nie. En nes Adam Tas destyds nie geskroom het om te protesteer oor die dinge wat vir hom belangrik was nie, doen ek dit vandag. Ek is al lank betrokke by AfriForum se bewusmakingsveldtog teen plaasmoorde. As ek net die moord op een boer kan keer, is dit die moeite werd, al kry ek ook hoe baie kritiek. Ek wil net hê mense moet weet dat die aanvalle op boere die hele voedselproduksieketting breek. Vir my gaan dit nie oor politiek nie, maar oor die moorde op wit én swart boere. Velkleur speel nie vir my ’n rol nie, maar ek wil hê mense moet weet dis deesdae gevaarliker om te boer as om ’n polisieman te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy boer ook …
My pa het ’n plaas anderkant Thabazimbi gekoop toe ek so 18 of 19 was, en ons boer met wild. Ons het nog altyd gejag, en dis ook hoekom ek my betrokkenheid by Wild & Wragtag op kykNET so geniet. Dis ’n jagprogram, maar gaan ook oor die sinergie tussen jag en bewaring in Suid-Afrika. Ek is ook ’n gekwalifiseerde wildbewaarder. Ongelukkig kom ek nie so dikwels op die plaas as wat ek sou wou nie, want ek toer te veel. Maar as ek kan, breek ek weg soontoe – net om in die bos te wees maak my rustig. Dis waar ek werklik ontspan en my kop skoonkry. Deesdae jag ek nie graag met ’n geweer nie, maar verkies ’n boog. Enigiemand kan met ’n geweer jag, maar boogjag vereis baie meer vaardigheid. Ek is meestal onsuksesvol met my jagtogte, maar ek geniet dit vreeslik om so in die veld te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Baie mense is gekant teen jag. Hoe antwoord jy hulle?
Dit was jagters wat wildsoorte soos die swartwitpens van uitwissing gered het. Omdat jagters hierdie diere wou jag, het wildplase gesê kom ons begin teelprogramme sodat die jagters genoeg het om te jag én sodat daar genoeg is om in die natuur vry te laat. Mense moet onthou dat jagters nie almal brandewyndrinkende bakkiejagters is nie. Daar is baie meer etiese jagters in Suid-Afrika as wat mense wil besef. Almal wat ek ken, jag vir die pot en gebruik net mooi alles van die dier – niks word gemors nie.

Jy het nie ’n sangloopbaan beplan nie, maar wou joernalis word?
Ja, maar toe maak ek meer geld met my singery in kroeë as my pelle wat joernaliste was. Ek het toe nooit my graad voltooi nie, maar ek glo nie dit was verniet nie – my studie help my tog om beter liedjies te skryf. Ek skryf baie van my liedjies saam met Kobus Koekoes Bezuidenhout – ons is al so lank vriende, ons maak mekaar se sinne klaar. Gewoonlik begin ’n liedjie met ’n frase wat iewers op die pad in my kop vassteek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy het jouself ná ’n fietsongeluk leer kitaar speel
Ja, ek was ’n ywerige fietsryer en het selfs in die Noord-Transvaalse proewe gery. Ek het my ’n paar keer lights out geval met my fiets, maar die laaste keer was nogal ernstig en ek moes ’n paar weke in die bed deurbring. Toe vra ek my ma om vir my ’n kitaar te koop en ek leer myself speel. Ek speel al die drukke verkeerd – nou nog! Ek spot altyd en sê ek is te arm vir back tracks, daarom speel ek maar self kitaar by my shows. Ek het geen musiekagtergrond nie, ek het op skool nie eens in die koor gesing nie! Ek het veel eerder rugby gespeel. Ek het nooit aan musiek as ’n loopbaan gedink nie – dis so ’n mededingende bedryf.

Jou jongste album het ná 13 weke platinumstatus behaal. Het sukses maklik gekom?
Nee. Ek pluk nou eers die vrugte van miljoene kilometers op die pad en 13 jaar se baie harde werk. Iemand het onlangs vir my gesê ek het oornag bekend geword. Toe antwoord ek haar dat dit die langste nag van my lewe was. In ’n stadium het ek, soos baie ander mense wat nou bekend is, maar in klein kroegies gespeel vir koue pizza en warm bier.

Jy hou ’n taamlik vreemde rekord in die Guinness Book of Records?
Ja, dit was in 2007, reg aan die begin van my loopbaan, en ek het nie geld vir bemarking gehad nie. Toe hou ek met ’n volle orkes 41 shows in 24 uur. Dit moes volgens sekere reëls gedoen word, en elke optrede moes minstens 15 minute duur. Ek sal dit nooit weer doen nie. My vingers was stukkend gespeel, maar gelukkig het my stem gehou. Ek hoor iemand het die rekord onlangs verbeter.

Voor Klara-belle se geboorte het julle gehoor sy ly moontlik aan ’n baie skaars afwyking. Hoe het dit jou lewe geraak?
Ek wens sulke nuus nie vir my grootste vyand toe nie. Dit was al ver in die swangerskap en dit was ons eerste baba … Dit was verskriklik. Ek was daardie dag op my knieë. Ek loop nie heeldag met my Bybel onder my arm nie, maar as dit nie vir ons geloof was nie … Deur die genade is sy volmaak en gesond gebore. Ek sing nie gospel nie, maar probeer tog met my musiek ’n boodskap oordra sonder om te preek. Ek ry duisende kilometers en praat in daardie lang tye op die pad baie met die Here.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.