kategorieë: Ons mense

Rooiwarm man: Armand Aucamp

Kleintyd wou hy Superman wees, maar gelukkig vir ons het Armand Aucamp, wat die hoofrol speel in ‘Ballade vir ’n Enkeling’, besluit om eerder akteur te word

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons almal ken die naam Ballade vir ’n Enkeling, die ikoniese TV-reeks uit die pen van Leon van Nierop. In die jare tagtig het ons almal Donderdagaande vasgenael voor die TV gesit, te bang om ’n enkele intrige mis te loop. Die reeks was volgens kykersopnames gewilder as Dallas, en jong meisies én hul ma’s het geswymel oor Gavin van den Berg, wat die hoofrol van Jacques Rynhard gespeel het. Dieselfde gaan vermoedelik met die aantreklike Armand (28) in die rol van Jacques gebeur. Leon van Nierop stem saam dat Armand perfek is vir die rol van die gewilde skrywer wat spoorloos verdwyn net ná hy ’n groot letterkundige prys gewen het. Hy vertel dat hy Armand glad nie geken het nie, maar gewéét het hulle het die regte akteur vir die rol gekry toe hy die gemaklikheid en sjarme sien waarmee Armand in ’n oudisie die moeilikste toneel in die draaiboek speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

TV-kykers sal Armand onthou vir sy rol in Sterlopers, en hy was ook onlangs te sien in die TV-reeks Pandjieswinkelstories en die rolprent Knysna, asook internasionale produksies soos Homeland, Mandela: Long Walk to Freedom en The Book Of Negroes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy is opgewonde oor die groeiende Suid-Afrikaanse rolprentbedryf. “Ek is so dankbaar dat ek deel kan wees daarvan, en sien uit na wat die toekoms gaan oplewer.”

Vanwaar die belangstelling in drama?
Ek dink my ma het beslis ’n groot aandeel daarin gehad. Sy het destyds drama geswot op Stellenbosch, en toe ons jonk was, het sy ’nklein dramaskool begin. Dit was waar ek vir die eerste keer perform het. Ek het ook van jongs af klavier gespeel en voor gehore opgetree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wou jy ooit iets anders as akteur word?
My ma het vir ons drie kinders ’n plakboek gemaak toe ons klein was. Elke jaar moes ons daarin skryf hoe oud ons was, wie ons maatjies was, wat ons eendag wil word, ensovoorts. My eerste inskrywing was toe ek vyf jaar oud was. Toe wou ek Superman word!

Jy is ’n Kapenaar, maar woon deesdae as ’t ware in twee stede …
Ek het op Stellenbosch grootgeword en was in Paul Roos Gimnasium voordat ek vir ’n ruk oorsee is. Daarna het ek in Kaapstadstudeer, waar ek die afgelope vyf jaar gewoon het. Maar in Julie het ek Johannesburg toe verhuis. Ek werk gereeld in albei stede, en het ’n plekkie in albei. Maar my koffiemasjien staan in my woonstel in Johannesburg, so dit beteken seker dis op die oomblik my huis.

Wat het jy oorsee gedoen?
Ek het agt maande in Brittanje gewerk en daarna deur Suidoos-Asië getoer. Terug in die Kaap het ek drama aan die City Varsity School of Media and Creative Arts studeer.

Sal jy ooit emigreer?
Ek dink ek sal vir ’n paar jaar oorsee wil bly. Ek was verlede jaar in Toronto, Kanada, en het fantastiese kontakte gemaak wat ek baie graag binne die volgende paar jaar sal wil opvolg. Maar permanent emigreer? Hmmm … ek’s baie lief vir Afrika en vir ons land, so dit sal moeilik wees. Maar ’n mens moet nooit sê “nooit” nie, of hoe?

Jy is mal oor jou gesin …
Ek het ’n wonderlike gesin! My pa, Chris, was lank ’n professor in geskiedenis en my ma, Petra, ’n lektor in Afrikaans. Maar hulle het so 17 jaar gelede die sakewêreld betree. Ek het ’n ouer broer, Christoff, en ’n beeldskone jonger suster, Marcelle.

Hoe ontspan jy?
Ek is mal oor goeie musiek, ek geniet die see, gaan gereeld gim toe en is mal oor die natuur. So, ek stap baie en is gek na swem.

Is daar iemand spesiaal in jou lewe? Oor watter eienskappe moet ’n ideale maat beskik?
Ek is nie tans in ’n verhouding nie. ’n Maat moet eerlik, opreg en passievol wees en lief vir die lewe.

Jy was ’n peuter toe Ballade vir ’n Enkeling op TV was, maar jy wou baie graag die rol van Jacques vertolk. Hoekom?
Natuurlik wou ek betrokke wees by die herlewing van hierdie ikoniese reeks op die silwerdoek. Ek het gedink dat ek ’n bydrae kon maak tot die karakter van Jacques Rynhard. Ek en hy het baie gemeen, maar verskil ook genoeg dat dit ’n uitdaging was om die karakter te vertolk.

En was die verfilming die avontuur wat jy gehoop het dit sou wees?
Meer as wat ek sou kon droom! Die verfilming verlede jaar waseen van die beste ervarings van my lewe. Die span het soos ’n familie geword, en elke dag was opwindend en vol verrassings.

Hoe berei ’n mens voor vir ’n rol soos dié waar jy so half met ’nlegende uit die verlede meeding?
Ek dink dis juis waarvoor ’n mens moet oppas: moenie prober kompeteer nie, want dan sal jy nooit daarin slaag om ’n geloofwaardige karakter te skep nie. Natuurlik gaan party mense myvertolking met Gavin s’n vergelyk, maar daaroor het ek geen beheer nie. Ek is nie Gavin nie – ek is Armand.

DIE MAN AGTER DIE TALENT

Wat sou hy wou saamneem na ’n verlate eiland?
“’n iPod wat met sonkrag werk sodat die musiek nooit hoef op te hou nie. Maar helaas, ek dink nie daar bestaan al so iets nie.”

Armand lees graag.
“Maar ek dink my leessmaak is ’n bietjie off-the-wall. Ek geniet boeke soos The Curious Incident of the Dog in the Nighttime en lees tans The Extraordinary Journey of the Fakir who got Trapped in an Ikea Wardrobe.”

Hy geniet TV-reekse soos True Detective, The Leftovers en Mad Men. “Ek kyk ook graag dokumentêre programme oor antieke kulture en die buitenste ruim.” Christian Bale en Annette Benning is sy gunsteling-akteur en -aktrise en sy gunsteling-rolprent is Babel. “Dit het ook een van die móóiste klankbane.”

Sy gunstelingdrankie?
Die antwoord kom blitsvinnig: “Koffie!” Dolmades, artisjokke, kaas en neute is sy gunstelingkos. “Eintlik enige vars peuselkos wat ’n mens kan deel.”

Ironies genoeg is Armand bang vir vlieg. “Verskriklik bang! Maar dit veroorsaak ’n geweldige tweestryd, want ek is ook mal oor reis. Ek reis wanneer ek kan en het Europa al plat gereis. My gunstelingplek is Switserland.” Hy was ook onlangs in Kanada en Amerika. “Maar Ysland is die plek wat my siel tans roep. Ek sou soontoe gaan net voor ek gehoor het ek het die rol van Jacques gekry, so ek moes die reis eers uitstel. Ek beplan om in Junie vir so drie weke soontoe te gaan.” Hy leer graag ander tale aan. “Al is dit ook net ’n paar sinne.”

Hoe voel jy oor die kollig?
Ek besef dis deel van die bedryf, maar ek is redelik sku en stil, veral by vreemde mense. Ek dink wel ’n mens kan – in ’n sekeremate – jou private lewe privaat hou. Dit hang net af wat jou behoeftes is. Ek is nog nie heeltemal seker hoe om dit te hanteer nie, maar ’n mens leer elke dag. Vir my is dit van die uiterste belang om kop te hou oor dit wat regtig belangrik in die lewe is.

Soos?
Om vriendskappe en familiebande te koester en volgens my waardes te leef. Want uiteindelik is dit ék wat gelukkig moet wees met wat ek doen en met wie ek is.

Wie is jou rolmodelle?
Ek het baie respek vir Nataniël. Ons het onlangs saamgewerk aan ’n kortfliek vir die Silwerskerm-rolprentfees. Ek bewonder syonbeperkte kreatiwiteit en ongelooflike sakesin. En daar is niks wat hy nie kan doen nie. Ek sal graag eendag wil terugkyk en ook kan sê ek het alles gedoen wat ek kon en wou.

Het jy al ’n loopbaan as model oorweeg?
Ek het al ’n bietjie as model gewerk, maar dit is regtig vir my baie moeilik om voor ’n kamera te pose. (Hy lag lekker.) Ek het welgeleer dat wanneer jy vir foto’s poseer, jy net moet beweeg, dan is dit makliker. Dit help ook om jou te verbeel jy is ’n karakter, want dan is dit mos toneelspel. Moet my asseblief net nie vra om vir die kamera te kyk nie – dis die mees intimiderende ding!

Enige verborge talente?
Musiek. Ek het op skool klavier, kitaar, blokfluit en saxofoongespeel. Ek is tans besig om ’n klavier aan te skaf.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.