kategorieë: GrimeringSkoonheid

Roosgoud Inspirasie

Roosgoud Inspirasie deur Corné Greeff. Hooffoto: Corné Greeff

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Roosgoud Inspirasie

As jy van roosgoud hou, het ons vir jou goeie nuus. Hoewel roosgoud al ‘n geruime tyd in die mode is, het die tendens gekom om te bly. Die kleur is wêreldwyd steeds gewild in dekor en die mode- en skoonheidsbedryf. Roosgoud is dié lente ook die perfekte skakering vir jou naels. Ons het ‘n paar roosgoud skoonheidsprodukte gaan soek wat jou spieëltafel en grimeersakkie pragtig sal laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Wanneer jy roosgoud op jou naels, oë of ‘n blosser met ‘n roosgoud kleur dra, is dit belangrik dat jy die res van jou grimering meer eenvoudig hou.

Hier is ‘n paar van ons gunsteling-roosgoud-skoonheidsprodukte:

Roosgoud inspirasie

  1. Raadop met al die kwassies en buisies wat oral rondlê en jou soggens laat rondskarrel as jy wil grimeer? Die Clicks Cosmetic Case in Copper Aluminium (R135) is perfek vir al daardie items.
  2. Die Clicks Rose Gold Cuticle Scissor (R31,99) sal mooi lyk in jou manikuurstel.
  3. essence face all-rounder brush (R79,95 beskikbaar by Clicks en Dis-Chem) is ‘n lekker grimeerkwas om definisie te skep.
  4. Roosgoud oë! Die MAC Cosmetics Mini PIGMENT (R140) kan op jou oë gebruik word. Wend met ‘n fyn kwassie as ‘n oogomlyner aan.
  5. Clicks Rosegold Tweezer (R33,45) is perfek om daardie ongewenste haartjies uit te pluk.
  6. Wend jou onderlaag maklik en egalig aan met die Clicks Rosegold Spunge (R49). Jy kan dit ook gebruik om kontoere te skep of jou onderlaag te meng.
  7. Elizabeth Arden Retinol Ceramide Capsules Line Erasing Night Serum (R965 vir 60 ml) bevat retinol en seramied wat help om die vel te bevogtig en die sperfunksie te herstel. Dit is ideaal vir diegene wat vir die eerste keer retinol gebruik.
  8. Catrice Gold Effect Nail Polish in Fascinating Grace (R69,95) sal baie mooi lyk op jou naels. As jy te bang is om al jou naels in die kleur te verf, wees kreatief en verf net die punte daarmee, of verf net een of twee van jou vingernaels en hou die ander in ‘n meer natuurlike kleur.
  9. Die Urban Decay Naked 3 Palette (R860) is ‘n gunsteling onder Urban Decay-aanhangers. Die palet het twaalf natuurlike skakerings – van ‘n meer natuurlike mat tot glinsterende metaalskakerings.
  10. Wend ‘n dun strepie van die MAC Cosmetics DAZZLESHADOW LIQUID in Beam Time (R265) soos ‘n oogomlyner op jou ooglede aan om jou oë te beklemtoon.
  11. Goed vir ’n glansende vel. Skep ‘n glansende voorkoms deur die CATRICE Light Correcting Serum Primer (R92,95, beskikbaar by Dis-Chem) onder jou grimering aan te wend.
  12. Ek is gaande oor die innoverende roosgoud verpakking van die Missguided Babe Power-parfuum (R745 vir 80 ml). Dit lyk soos ‘n soort energiedrankie en is ‘n oulike geskenk vir ‘n tienerdogter. Die parfuum het ‘n soet geur en is ‘n kombinasie van pomelo, pynappel, vanielje, spookasem, appel en jasmyn. Dit lyk prettig en asof dit vir jou nuwe energie gaan gee elke keer wanneer jy dit gebruik.
  13. Oogskadu wat sal aandag trek. NYX Prismatic Eyeshadow Rose Dust (R119,95).
  14. Die essence shine last & go! gel nail polish in 44 on air! (R29,95, beskikbaar by Clicks en Dis-Chem) word vinnig droog en sal jou naels vrolik en glansend laat lyk!
  15. Stylvolle bevogtiger: Die CATRICE Lip Coconut Balm (R79,95, beskikbaar by Dis-Chem) bevat klapperolie en is hoog in vitamien E. Dit sal jou lippe bevogtig en lekker tropies laat ruik.
  16. Glansende lippe: Die GloSkinBeauty Gloss in Pink Blossom (R335) sal jou lippe ‘n mooi roosgoud skakering gee.
  17. Dis maklik om die Almay Cream Shadow Foils in Cupid Glaze (R109,95) aan te wend. Die metaalskakering sal jou oë pragtig laat lyk.
  18. Die Revlon Kiss Glow Lip Oil (R129) gee ‘n mooi glansende kleur en sal jou lippe ook bevogtig.

Vir nog pragtige inspirasie, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.