kategorieë: Ons menseBekendes

#rrkitskuier: ’n Blitzbok staan twee pare tokse vol

Deur Corné Greeff & Bea Lingenfelder. Hooffoto: JJ Harmse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Blitzbok moet harde klippe kou om tot die span se naam gestand te doen: om span te kry en sy posisie te behou sit nie in enigiemand se broek nie. Die tegnieke, soos vlugvoetigheid, is baie spesifiek en die fiksheidprogram vereis uiterse deursettingsvermoë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die ondersteuning en verhouding tussen die spelers is duidelik spesiaal as ’n mens kyk na hulle sosiale media, luister na hulle gesprekke en selfs kyk hoe hulle saamwerk tydens ’n wedstryd. Die Hong Kong-span, byvoorbeeld, het vir kaptein Philip Snyman die onderstaande foto op Maandag, 2 April, gestuur om simpatie teenoor hom en familie te toon vir die verlies van Philip se pa, Flip Snyman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tussendeur moet die spelers ook tyd maak vir hul families. ’n Groot uitdaging is tydsbekerening tussen persoonlike en professionele lewe en om ’n lewensmaat te vind wat jou te alle tye ondersteun en veral jou loopbaanverantwoordelikhede ondersteun. Mens vind so ’n maat nie om elke hoek en draai nie en tog bewys sommige van die spelers dat dit wel moontlik is met sosiale media-profiele vol gelukkige trou- en familiefoto’s. Ander verkies egter nog die enkelloperstrein – vir nou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

’n Gedeelte van die Blitzbokke-oefengroep neem hierdie naweek, 6-8 April 2018, deel aan die 2018 Cathay Pacific HSBC Hong Kong Sewes-toernooi, terwyl nog ’n span Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die 2018 Statebondspele in Australië. Hulle speel hul eerste wedstryd op Vrydag 13 April 2018.

Lees ook: eerste goud vir Suid-Afrika by die 2018 Statebondspele.

Die volgende Blitzbokke gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die Statebondspele: Tim Agaba, Philip Snyman, Dylan Sage, Werner Kok, Kyle Brown, Branco du Preez, Rosko Specman, Justin Geduld, Cecil Afrika, Ruhan Nel en Siviwe “Shakes” Soyizwapi (reserwe).

Kyk hierdie video waar die Blitzbokke met ons gesels oor wie die grapmaker in die span is, wie eerste vir oefening opdaag en wat hulle voor ’n wedstryd doen.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.