kategorieë: LeesOntspanning

Die Profeet, Hoofstuk 4

Deur Martie Swanepoel. Foto: pixabay.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die aand langs die dam het Chrissie finaal laat besluit dat sy Christiaan van die plaas moet afkry ondanks die hoop wat sy teenwoordigheid vir Oom Thomas gegee het. Sy het besef dat die vent Mariaantjie as die paspoort na permanente verblyf op die plaas … en na ’n vet erfporsie sien. Sy was oortuig daarvan dat Christiaan nie so onskuldig is as wat sy aanvanklik gedink het nie. Hy was ’n man met ’n plan, het sy begin dink. Hy het verseker geweet dat Mariaantjie die enigste erfgenaam van Oom Thomas was. Daar was by haar geen twyfel dat Christiaan die omstandighede op die plaas vooraf goed geken het voordat hy met sy wit kleed en sak vol bose planne op die grondpad aangestap gekom het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek het daardie aand langs die dam onbeskryflik kwaad geword vir hom. Mariaantjie was ’n kind in ’n volwassene se lyf en hy het dit geweet. Geen mens met ’n gewete sal iemand soos Mariaantjie misbruik nie. Ek wou op hom afstorm en hom aanrand. Hy het groot geskrik toe ek agter die struike uitkom. Hy het my beslis nie daar verwag nie. Sy skok het gou in woede oorgegaan. Dis die eerste keer vandat hy op die plaas gekom het wat hy so ’n sterk emosie getoon het.  Ek het my voor dit verstom dat iemand so sonder emosie kan wees. Byna katatonies-verstard. Dié kamma-profeet het ’n baie onheilige woede getoon toe ek Mariaantjie aan die hand neem om haar van hom af weg te kry. Haar lyf was yskoud van die water en sy het soos ’n riet gebewe.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mariaantjie was woedend vir Chrissie. Christiaan het haar oortuig sy is sy beloofde vrou en met haar romantiese idees, danksy die baie sepies wat sy gekyk het, was ’n troue die een ding wat sy in haar eenvoud begeer het. Chrissie het my vertel dat Mariaantjie ure aaneen kon troue speel met haar Barbie-poppe. Tannie Esther moes gereeld ’n nuwe bruidsrok vir Mariaantjie se mooiste Barbie maak. Haar ma het vir haar bruidstydskrifte deur die pos bestel en Mariaantjie het dit opgeknip vir haar plakboek. Voorop die plakboek het sy in haar kinderlike skrif geskryf: My Troue. Sy het die prent van haar gunsteling trourok verander elke keer as ’n nuwe bruidstydskrif in die posbus beland. Dan het sy die nuwe gunsteling oor die oue geplak. Ook die keuse van haar blomme en strooimeisierokke het met elke nuwe uitgawe verander. Chrissie sou haar enigste strooimeisie wees.

Voor Christiaan se koms het die keuse van haar bruidegom gewissel tussen sepie-akteurs en gewilde sangers. Mariaantjie het soms haar wit nagrok aangetrek en een van haar ma se kos-nette as sluier gebruik. Dan het sy ’n ruiker blomme gepluk en soos ’n bruid deur die tuin gewandel. Tot Christiaan gekom het. Na sy koms het Mariaantjie nie meer sepies gekyk nie. Sy het al haar aandag en drome op hom gevestig. Sy het eers met kinderlike aanbidding al agter hom aan gedrentel. Maar na die kruis-episode en die nag by die dam het Chrissie bang geword vir die blik in Mariaantjie se oë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Christiaan het ’n rebelsheid in Mariaantjie geplant wat ons nie geken het nie. Sy was na die aand by die dam onbeheerbaar. My dierbare Mariaantjie was skielik ’n mensie vol woede. Christiaan het haar beslis oortuig dat ek en haar ma haar vyande was wat haar van hom wil weghou. Sy het op ons begin gil en deure toegeklap. Sy het ure aaneen gehuil as ons haar van Christiaan probeer weghou. Die atmosfeer op die plaas het onhoudbaar geword en ek en Tannie Esther het besef ons sal dié vent van die plaas moet afkry.”

Oom Thomas het al meer agteruitgegaan, maar sy “heiland” het hom oortuig dat hy nie in sy vrou en Chrissie se ongeloof moet deel nie. In die vlae van demensie en vretende kanker het die oom ook vas geglo dat sy “heiland” sy dogter gekies het soos God vir Maria uitgekies het. Selfs Tannie Esther met haar opstand teen die kerk het gemeen dit is darem ’n vreeslik godslasterlike vergelyking.

“Maar sy wou nie hê ek moet die dominee bel om ons te kom help om van die man ontslae te raak nie. Sy was te trots. Ek dink sy was bang wat die mense van die distrik sou sê as hulle uitvind ’n swendelaar het beheer geneem oor die trotse Esther se plaas.”

Chrissie het gesorg dat Mariaantjie nie buite haar sig is nie en Soois het sy werk afgeskeep soos hy Christiaan moes dophou.

“Ek het my matras saans in Mariaantjie se kamer ingesleep en al het sy hoe hard baklei, het ek haar opgepas. Daar was geen sprake meer van stories lees nie. Sy wou net oor haar troue praat. Ek het probeer, maar ek kon geen negatiewe saadjie oor Christiaan by haar plant nie. Hy was haar bruidegom. Haar Ken. Sy het haar mooiste Barbie elke dag in ’n ander trourok aangetrek en Ken se naam was daarna “Christiaan.” Ons moes elke dag blomme pluk sodat Mariaantjie ’n nuwe bruidsruiker kon maak.”

Mariaantjie het haar wit nagrok elke dag begin dra. Sy het haar lang hare los gedra en blommekranse op haar kop gedra.

“Sy was onmoontlik. Daar was ’n duidelike wig tussen haar en haar ma en die vertrouensverhouding tussen my en haar was daarmee heen. Sy het soms lank by Oom Thomas gesit en dan het die twee oor die komende troue gesels.”

Die atmosfeer op die plaas het ’n plofbare punt bereik. Chrissie was gedaan na die nagte se ligte slaap en selfs die formidabele Tant Esther was op breekpunt.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.