rrRadio: Tien vrae aan dr. Jireh Serfontein

Tien vrae aan dr. Jireh Serfontein deur Mariette Snyman. Hooffoto Pixabay, ander foto’s verskaf deur Dr. Serfontein en rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Jy is ’n algemene praktisyn wat op seksuele gesondheid fokus. Hoe het jy in hierdie spesifieke veld beland?

Ek het nog altyd belang gestel in ginekologie. Ná my gemeenskapsdiens wou ek graag verder studeer om ’n ginekoloog te word maar daar was nie poste oop nie. Ek het toe van dr. Elna Rudolph gehoor en met haar gesels. Sy het my van seksuele gesondheid vertel en ek was dadelik verlief op die veld. Ek het in 2013 begin werk by MySexualHealth, ’n multidissiplinêre span seksuele gesondheidskundiges met spreekkamers in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Luister ook: Depressie, angsmedikasie en jou libido

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Wat sien jy as die doel van jou werk?

Almal het die reg om ’n gesonde sekslewe te lei, dit is deel van ons basiese menseregte. My doel is om seker te maak dat elke pasiënt wat voor my sit se seksuele regte ten volle gevul word. Dit beteken gesonde seks, pynvrye seks en lekker seks.

Luister nou: Wat jy moet weet oor pynlike seks

3. Baie mense praat moeilik oor seks. Hoe kry jy dit reg om so gemaklik met die onderwerp om te gaan?

Ek dink jy raak maar gewoond daaraan. Ek sien myself as ’n baie gemaklike mens en ek probeer om seks te normaliseer. Dit is deel van almal se lewens, so daar is geen rede om ongemaklik daaroor te wees nie.

Lees ook: 6 redes hoekom seks goed is vir jou

Dr. Jireh Serfontein

4. Is daar ’n groot behoefte aan inligting oor seksuele gesondheid by die mense met wie jy te doen kry? (Daar is soveel sekstonele op ons skerms en webwerwe oor seks …)

Absoluut! Daar is baie mites oor seks daar buite. Die inligting waaraan ons elke dag op die media blootgestel word, laat dit lyk asof dinge altyd maanskyn en rose is, maar dit is nie waar nie. Mans en vrouens se seksualiteit verskil en as jy die verskille verstaan, besef baie vroue dat hulle eintlik nie so abnormaal is soos wat hulle dink nie.

Luister nou: Wat jy moet weet oor erektiele disfunksie, en hoe om daaroor te praat

5. Met watter klagtes kom vroue dikwels na jou?

Ek sien baie vroue wat kla oor ’n lae seksdrang. Daar is so baie wat ’n mens daaraan kan doen as jy mooi na die oorsake gaan kyk. Seksuele pyn is ook baie algemeen, ek sien dit elke dag in my praktyk.

Lees ook: Wanneer seks seer is

6. Wat is die algemeenste kwessies onder tienermeisies of jonger vroue?

Kontrasepsie is nogals iets wat gereeld opkom met die jonger vroue. Baie dames begin met die pil en ervaar dan heelwat newe-effekte. Dinge soos lae seksdrang, vaginale droogheid en seksuele pyn is iets wat ek baie onder jonger vroue sien, en die meeste van die tyd is dit as gevolg van die pil. Ons gesels dan oor ander vorms van kontrasepsie.

Luister ook: Alles wat jy moet weet oor kontrasepsie

Jireh en Mariette in die ateljee, November 2019

7. Watter probleme sien jy dikwels onder die mans wat jou kom spreek?

Die algemene seksuele klagtes onder mans is erektiele disfunkie, premature ejakulasie, asook lae libido. Ons sien gereeld dat die klagtes as gevolg van lae testosteroonvlakke is.

Lees ook: Moet jou man testosteroonaanvullings oorweeg?

8. Vertel ons meer van jouself: van jou gesin.

Ek is baie gelukkig getroud met twee kinders. My man is wonderlik, hy ondersteun my in alles wat ek doen. My twee seuntjies (3 jaar en 5 maande) is ’n groot seën en ek is bederf om elke dag tyd saam met hulle te kan deurbring. Ons het twee bulldogs, wat maar soos kinders in die huis is, en dan ook ’n African Grey wat ons lekker geselskap hou.

9. Hoe kry jy ’n loopbaan saam met jou man en kinders en familie en vriende ingepas?

Soos ek sê, my man ondersteun my. Sonder hom sou ek beslis nie al die balle in die lug kon hou nie. Ek is gelukkig dat ek nie voldag hoef te werk nie, dit maak dat daar darem tyd is om by alles en almal te kan uitkom.

10. Wat is jou grootste lekkertes en ook drome vir die toekoms?

Ek is baie lief vir my gesin, so enige tyd saam met hulle is beslis my grootste bederf. Ek het dan ongelukkig ook ’n vreeslike soettand, so enigiets met sjokolade geniet ek baie. Ek is mal oor die buitelewe, ek draf en roei om aan die gang te bly.

Uhm, my drome vir die toekoms? Ek wil graag verder studeer om nog ’n ekstra graad in seksuologie te kry deur die Europese Organisasie van Seksuele Medisyne. Om die Comrades te hardloop is ook hoog op my “bucket list”.

Om kontak te maak met dr. Jireh Serfontein, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.