kategorieë: Ons menseBekendes

Ruben Engel jaag die spanning op in ‘Skemergrond’ se nuutste storielyn

In ’n splinternuwe, spanningsvolle storielyn wat nou momentum kry in die geliefde telenovelle Skemergrond op kykNET&kie (DStv-kanaal 145), neem Tyler, gespeel deur Ruben Engel, ’n gevaarlike afdraai na Christine (Devonecia Swartz) se wêreld. Kort daarna begin dit lyk of hy gaan sukkel om weer die pad uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Namate die intrige verdiep, kom Tyler se lojaliteit en grense al hoe meer in die gedrang. “Hy help vir Christine om haar plan met Amber Louw (Talia Davis) uit te voer,” sê Ruben.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Christine gebruik vir Kirby Jansen (Chanté Grainger) om Amber se vertroue te wen – en noudat Amber stewig in Christine se kloue is, is dié tweetjies besig om vir Amber al hoe meer van haar familie te vervreem.”

Tog is dit nie altyd maklik om Tyler se motiewe te peil nie. Ruben beskryf hom as “ ’n goeie ou wat bereid is om verkeerde dinge te doen vir die mense wat hy liefhet.” Hierdie morele kompleksiteit maak die karakter onweerstaanbaar vir Ruben: “Ek hou van die feit dat hy nie eenvoudig of voorspelbaar is nie.”

Hoewel hy Christine se plan ondersteun, is daar perke. “Ek sal nie in die regte lewe al die onwettige goed doen wat Christine van hom vra nie,” sê Ruben met ’n glimlag. “Maar ons het baie gemeen – van hoe ons vir mense omgee tot hoe ons beide lief is vir mode en sosiale media.”

Ruben is geen vreemdeling voor die kamera of op die verhoog nie. Hy was al te sien in reekse soos Afgrond, Die Byl, Projek Dina, Suidooster en Arendsvlei.

Buiten Skemergrond, werk hy aan die produksie van ’n internasionale speletjie-toepassing, bestuur verskeie sosialemediaprojekte en lei ’n jeuggroep met predikers, spirituele dansers en ’n energieke lofsang- en aanbiddingsgroep. “Ek probeer ook meer stilte en balans vind. Dis nodig tussen al die projekte,” sê hy.

Sy voorbereiding vir die rol is deeglik. “Ek het diep gesprekke gehad met die regisseur en vervaardigers oor Tyler se pad. Hulle en die skrywers het ’n goeie idee gehad van wie hy is en wat hom dryf. Ek en Devonecia het ook intens gepraat oor die dinamika tussen ons karakters – dis ’n verhouding met baie lae.”

As akteur hou Ruben van uitdagings. “ ’n Karakter moet vir my ’n donker kant hê – dit maak hom kompleks en realisties. Dit gee my ook meer ruimte om kreatief te wees.”

Wat lê vir hom voor? “Ek is nou besig met advertensies, maar langtermyn wil ek ’n fliekregisseur wees en uiteindelik ’n kleinhoewe net buite Kaapstad hê om vrugte en groente te verbou en ’n paar diere aan te hou.”

Sy hart bly ook altyd by gemeenskapswerk. “Sedert ek in 2009 as tweede naaswenner van Mr SA aangewys is, werk ek om die jeug te inspireer en hulle toegang tot geleenthede te gee. Dis vir my een van die belangrikste goed.”

Skemergrond is Maandae tot Donderdae op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) om 19:30 en is ook op DStv Stream  en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: Baba-opwinding onder die sterre: Hierdie 5 bekendes vier nuwe lewe!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Suurlemoen brûlée-tert

Maak ’n brûlée-tert met suurlemoene! Resep deur Vickie de Beer. Foto deur Dawie Verwey

3 hours Gelede

Kaneelsouskluitjies

Hier is ons gunsteling. Dis my pa se resep en was ons groot bederf op…

3 hours Gelede

16 redes vir erektiele disfunksie en wat jy daaraan kan doen

Erektiele disfunksie is baie mans se grootste vrees. Watter faktore speel ’n rol, en hoe…

3 hours Gelede

Brandewynwortels

  Bestanddele   500 g jong wortels met hul groen stingeltjies nog aan 60 g…

7 hours Gelede

‘Op Skou’: 9 goed wat jy moet weet van duiwewedvlugte

Verlede week, in die eerste episode van kykNET se nuwe unieke werklikheidsreeks, is daar na…

23 hours Gelede

10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

As jy ’n goeie verhouding met ’n tiener wil hê, is daar tien dinge wat…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.