kategorieë: Ontspanning

SA se eerste Jamie’s Italian-restaurant

Jamie’s Italian is ’n restaurant-reeks wat deur die bekende sjef, Jamie Oliver, op die been gebring is. Die restaurante is reeds in van die wêreld se voorste stede gevestig, met die jongste toevoeging wat in November in Melrose Arch, Johannesburg gaan open. En Shane, oorspronklik van Gauteng, is pas aangestel as die hoofsjef vir dié gesogte eetplek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is egter nie die eerste keer dat Shane agter dieselfde kospotte as Jamie Oliver kook nie. Hulle het in 2008 vir die eerste keer skouers geskuur toe Shane by die eerste Jamie’s Italian-restaurant in Oxford gewerk het. Sedertdien het hy na Suid-Afrika teruggekeer, waar hy sy kundigheid in verskeie topklas restaurante vervolmaak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nou word hy weer met die Jamie’s Italian-familie herenig en is hy tans saam met Jamie en sy span in die proses om ’n unieke spyskaart saam te stel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel die spyskaart nog nie gefinaliseer is nie, weet ons dat tuisgemaakte pasta die spil is waarom dié lot draai. So ook maak Jamie’s Italian voorsiening vir ’n bietjie speelsheid in sy spyskaart, met disse soos Heuningkoek Inkvis (foto hieronder) wat beslis ’n nuwerwetse skepping is. Voeg ’n knippie Suid-Afrikaanse tradisie daarby en jy sit met ’n restaurant wat jy eenvoudig moet besoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tog sal dié restaurant nie vir lank die enigste van sy soort in Suid-Afrika wees nie. Dit is ook onlangs verklap dat ’n Kaapstadse Jamie’s Italian beplan word, hoewel die presiese ligging nie bekendgemaak is nie. So ook word daar verneem dat drie ander takke binne die volgende sewe jaar op eie bodem gaan wortel skiet.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.