kategorieë: Ons menseBekendes

Sam Heughan ontgin nuwe horisonne

Sam Heughan ontgin nuwe horisonne deur Margaret Gardiner.  Hooffoto: Margaret Gardiner. Foto’s in teks: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek dink Sam Heughan reis saam met ’n feetjie wat haar towerstaf oor hom waai. Skielik verskyn hy voor jou, ligblou oë wat ’n mistieke lig weerkaats. Spiere. Dis nie juis asof hy sy spiere wil vertoon nie. Dis net daar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy is geklee in die gemaklike, modieuse styl van die Varvatos-manne. Ek is die een wat glansmense op die Golden Globes se rooi tapyt ontmoet en dis my werk om hulle te vra watter ontwerper se klere hulle dra. Dit is nie vir my lekker nie, maar iemand moet dit doen. Mense wil graag weet watter ontwerpers se klere gedra word.

Lees ook: Margaret gesels met Sam Heughan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar, terug na Sam. Hy dra gewoonlik Dunhill, en die pakke is pragtig. Maar vandag is hy super modieus op ’n 60’s soort manier wat nou op die voorpunt in mansmode is. Tapsbroek, swart en wit baadjie wat lyk of dit aan sy lyf vasgewerk is, ’n wit rolnek.

Hy lyk perfek in hierdie 60’s-voorkoms.

Dit is baie vroeg en ek het vir ’n uur en ’n half in die verkeer gesit op pad na Beverly Hills. Die Los Angeles-lig is sag en gefiltreerd. (Dit is asof Hollywood iemand betaal het om altyd die lig sag en perfek te maak in hierdie area waar die rolprentsterre kuier).

Sam arriveer.

Toe ek hom die eerste keer ontmoet het, was hy skaam. Ek het hierdie hoofrol-speler van Outlander die eerste keer by Comicon ontmoet en ons het daarna ’n sosiale funksie gehad. Dit was die einde van die dag en ons was almal honger. Dus het ons saam brood gebreek. Eintlik het ons aan klein voorgeregte geknibbel en witwyn gedrink. Ek het die Skot sedertdien oor die hele wêreld raakgeloop soos wat roem hom gevind het. Hy het ’n vriendelike ou gebly en in die kollig gegroei.

Margaret en Sam Heughan by Comicon Foto: Margaret Gardiner

Lees ook: Sam Heughan gesels oor Outlander

Hy het wonderlike dinge met sy liefdadigheidsorganisasie bereik en ontgin nou die filmbedryf. Ahh, en hy bly die hartebreker van Outlander, en ja, ek het soos ’n kyk-vraat die hele seisoen gekyk toe dit vrygestel is.

Toe ’n joernalis hom vra wat hy dra, sê hy, “Dis ’n goeie vraag. Ek moet uitvind.” En toe buig hy vooroor sodat die verslaggewer na die etiket in sy baadjie kan kyk.

Oor Outlander in Amerika …

“Ons is nou in Amerika en dit voel regtig soos ’n soort van ’n groter stuk geskiedenis wat die reeks aanpak. Jamie en Claire het uit Skotland gevlug na die slag van Culloden en die soort van Britse oorname van Skotland en nou voel dit asof dieselfde ding gebeur op ’n selfs groter skaal in Amerika. Hulle probeer hul wortels vind en ’n tuiste skep.

Jamie, in die besonder, raak regtig verlief op Amerika as land van wonderlike geleenthede, maar, dit is Outlander en daar is altyd groot drama betrokke. Jy voel die aanloop van die Great War, en hierdie seisoen berei ons voor op komende seisoene. Daar is gewis ’n storm op pad.”

Sam en Graham McTavish op stel in Skotland. Foto: Margaret Gardiner

Jamie en Claire ….

“Jamie en Claire het ’n soort volwassenheid gevind, durf ek sê. Dit gaan nie oor of hulle gaan saam wees of nie. Hulle het ’n sterk liefde vir mekaar en ’n hegte band. Dit is duidelik dat, sonder om die storie te bederf, die koms van Brianna hierdie seisoen die katalisator geword het, dink ek.

Dís wanneer die drama begin ophoop. Nie dat Brianna tussen hulle kom nie, maar jy weet Jamie wou nog altyd ’n pa gewees het, en as Brianna opdaag, is dit ’n soort bittersoet ding, dat hy haar vormingsjare gemis het, maar ook ‘n soort invloed op haar wil hê. En jy weet ook Claire is verskeur omdat sy Frank natuurlik respekteer en hom liefgehad het. Op ’n manier was hy ’n goeie pa vir Brianna, so dit skep wrywing tussen Jamie en Claire, maar uiteindelik weet jy, hulle is lief vir mekaar en hulle het hierdie nuwe tuiste en nuwe land, waar daar baie geleenthede is.”

Outlander-aanhangers …

“Ek weet nie of jy daarvan bewus is nie, maar ons ondersteuners is uiters entoesiasties, en ek dink waarskynlik die mees interaktiewe en ingeligtes van van alle ondersteuners. Jy weet, hulle raak betrokke by elke gebeurtenis en liefdadigheidsfunksie wat ons hou, dus is ons baie gelukkig. Maar hulle is ook baie entoesiasties en baie slim om uit te vind waar ons is! Ek glo daar is nou ’n paar buite. En ek weet nie hoe hulle dit doen nie, maar hulle vind ons. Om eerlik te wees, dit is altyd lekker. Hulle is ook respekvol en ons leer mekaar ken. Jy weet, hulle veg regtig ons.”

Bewonderaarsvraag: Baie van die betowering tussen die twee hoofrolle is die manier waarop jy en Caitriona mekaar hanteer. Is dit ’n voorskrif in die teks? Dit is asof daar ’n soort kommunikasie tussen die twee van julle is. Of is dit net iets wat jy deel van die rol gemaak het?

Ek bedoel, hoe kyk ons na mekaar? Is dit soos skeeloogkyk? Die chemiese reaksie tussen Caitriona Balfe en Sam Heughan … Ek dink Caitriona en ek werk baie goed saam, en ek dink ons is baie gelukkig dat ons ’n goeie band en begrip het. Ons ondersteun mekaar.

Wel, dit gaan oor twee mense wat saam aan boord is. Ek dink Jamie en Claire het sekerheid hierdie seisoen. Die skrywers het gesorg dat die karakters mekaar vind. Die skrywers het ’n stilte tussen hulle bemeester. Die kyker besef die een weet wat die ander een dink.

Ek dink as Jamie na Claire kyk, sien hy sy verganklikheid. Ek dink hy sien sy dood in haar. Vanaf dag een, die eerste keer keer wat hy haar gesien het, toe hy van die perd af geval het en beseer is, het hy geweet dit is iemand vir wie hy enigiets sal doen. Sy boei hom, en ek dink ek het oomblikke daarin gevind

En selfs hierdie seisoen, sonder om te veel weg te gee, besef hulle dat hulle in ’n vuur in Fraser’s Ridge moet sterf. Dit is die nuus wat Brianna vir hulle bring en ek dink Jamie het nog altyd geweet dat dit gaan eindig, op watter manier dan ook. Ek dink hy weet dat hy enigiets vir haar sal doen. Dit is mooi. Maar hartseer. Soort van bittersoet, jy weet.”

Bewonderaarsvraag 2: Wie was jou mentor toe jy begin toneelspeel het?

Mense het altyd ’n invloed op jou, maar my eerste toneelstuk wat ek gedoen het, was ek baie gelukkig. Ek was in my tweede jaar op dramaskool en ek het ’n nuwe stuk gedoen. Ons het na die Royal Court in Londen gegaan en rond getoer na Kanada en die Verenigde Koninkryk en toekennings gewen.

Die regisseur, Phillip Howard, was ’n wonderlike nuwe regisseur en sy manier van tonele hanteer was altyd baie interessant. Hy het my eintlik net geleer om my instink te volg. Ek dink dit is iets wat ek regtig geniet het. As ons nuwe tekste vir Outlander kry, kan ek aanvoel hoe ek ’n toneel wil hê, of ek voel wat ons nodig het en wat ons nie nodig het nie. Ek dink dit is omdat ek op my instink leer vertrou het.

Ek word nie jonger nie en ek voel beslis dat hoe meer werk ek doen en hoe meer ons op Outlander is, hoe meer ervare raak ek. Ja, ek kan Phillip Howard daarvoor bedank.

Ek word nooit moeg om Jamie te speel nie.

Omdat dit nooit dieselfde is nie, weet jy. Ons is nou in Amerika. Elke keer as ek julle ouens ontmoet, is daar ’n nuwe uitsig op die reeks en ’n nuwe ding wat gebeur, want dit is nooit dieselfde nie.”

Foto: Margaret Gardiner

Ek loot ’n afspraak met my uit in Skotland …

Ek werk saam met Omaze en ons het ’n veldtog wat op 1 November begin het. Ons het ’n loting en ‘n aanhanger kan ’n reis na Skotland met al die uitgawes wen en dan kan hulle na my Peak Challenge-gala kom. Dit is ’n geldinsamelingsveldtog vir ’n gesonde lewenstyl en ons het ’n groot gala om al die werk te vier wat insamelaars gedoen het. Daar gaan ’n duisend mense wees. Daar sal ’n ceilidh, musiek en ’n dinee wees. Hierdie gelukkige wenner gaan saam met ons aansit. So ek is jammer vir hulle, want hulle gaan baie dans en waarskynlik sal daar ook ’n oefensessie wees. Dit gaan groot pret wees.

My lewe het verander …

Toe ek die eerste keer hier kom, kon ek nie bestuur nie, ek het per bus na al my oudisies gegaan. Ek onthou skermtoetse by Paramount Studios waarheen ek per bus moes gaan. Dit het my twee uur geneem om daar te kom en ek was natgesweet. Almal was geskok dat ek so gereis het, maar vir my was dit net hoe jy by jou bestemming kom. Ek het nie eers daaraan gedink nie.

Maar nou is ek in die gelukkige situasie waar ek bestuurders het wat my rondneem en klere kry om te dra.
Dankie, Varvatos.

Dit is merkwaardig, maar ek dink wat ek nou leer, is dat tyd vir my belangriker is. Ons het minder en minder tyd vir onsself, wat nie sleg is nie, dit gaan oor die bestuur van tyd, en dit is wat ek nou leer doen.

Maar dit was ’n goeie reis tot dusver en ek het op verskillende projekte hierdie somer en winter gewerk.  Verstommend. Pret. Die rol as strokiesboek-karakter was ’n droom wat waar geword het.

Ek is lief vir Suid-Afrika …

Ek is mal oor Suid-Afrika. Ek was pas daar. Dit was lekker om terug te gaan. Ek het baie goeie vriende gemaak. Dit is ’n wonderlike plek om te skiet. Daar is so baie aan die gang. Ek weet The Witcher is daar, of gaan daar wees met Henry Cavill.

Daar gebeur baie en daar is nog probleme, maar dit is mooi.

Ek het Tafelberg uitgeklim en Leeukop. Dit is pragtig. As jy dit nog nie gedoen het nie, sal ek beslis aanbeveel dat jy dit doen.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

5 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.