kategorieë: KalenderOntspanning

Season of Sauvignon by Durbanville Hills

Season of Sauvignon is ’n wonderlike geleentheid om die Durbanville Hills-landgoed te ontdek en die feestelikhede sluit verruklike verversings, goeie vermaak en pryswennerwyne in. Kaartjies, beskikbaar deur Webtickets, kos R100 vir volwassenes en R50 per kind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Durbanville Hills Sauvignon Blanc is bekend vir sy tropiese vrugtegeure en ’n varsheid op die palet. Hierdie wyn plus Durbanville Hills se sauvignon-geïnspireerde vonkelwyn, wat pas bekend gestel is, sal twee van dié naweek se uitblinkers wees. Gaste word genooi om met ’n glas wyn in die hand terug te sit en te ontspan op die grasperke terwyl hulle na Paige Mac (’n gunsteling by dié wynplaas) se sielvolle sang luister. The Renegades gaan ook optree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Verskeidenheid van Kaapstad se kostrokke sal te vinde wees sodat feesgangers enigiets van hamburgers tot tacos, toebroodjies tot oesters, en kaas- en charcuterie-borde kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ouers kan ’n blaaskans (en ’n glas Sauvignon Blanc) neem terwyl die jongspan op springkastele spring, kaskar ry, sandkuns maak, gesigte verf, kyk na toertjiekunstenaars en ballonne vou, pyl en boë skiet – en vele meer. Die Curry Cup-finaal sal ook uitgesaai word in die wynproekamer vir al die stoere rugbykykers.

Inligting

Datum: 28 en 29 Oktober 2017

Tyd: 11:00 – 18:00 (Saterdag en Sondag)

Toegangsgeld: Persone bo 18: R100 pp, insluitend ’n wynproeglas en 8 wynproekaartjies

Kinders (2 – 18): R50 pp, insluitend ’n vrugtesappie en twee aktiwiteitskaartjies

Kaartjies: Beskikbaar deur Webtickets of by die hek

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan info@durbanvillehills.co.za of bel 021 558 1300.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.