kategorieë: InspirasieJou lewe

Ses vrae aan rooi rose-joernaliste

Ses vrae aan rooi rose-joernaliste saamgestel deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf. Hooffoto Pexels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Anet Schoeman

1. Waar kry jy jou energie? In jouself (introvert) of by ander mense (ekstrovert)?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis ’n kombinasie, maar hoofsaaklik van ander mense.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Wanneer maak ’n artikel of onderwerp jou opgewonde?

Dis wonderlik om met mense te praat wat passsievol is oor hul onderwerp. Of mense wat ten spyte van terugslae positief bly en probleme oorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Voel jy ooit skamerig wanneer jy ’n wildvreemde vir ’n artikel of inligting moet nader?

Nee.

4. Hoe voel jy oor onderhoude met glansmense soos sepie- of sportsterre, bekende skrywers of motiveringsprekers?

Dit hang af wie dit is. Ek is nie so bekend met die sepiemense nie en moet altyd heelwat navorsing doen om seker te maak ek klink nie onnosel nie en dat ek die regte vrae vra. As dit ’n internasionale ster soos Brad Pitt is mag ek dalk so swymel dat ek  nie ’n woord kan uitkry nie… ?

5. Wat is jou grootste werksuitdaging?

Tydsbesteding. Navorsing is altyd interessant, maar dit kan soveel tyd in beslag neem en dan is daar nog steeds geen woord geskryf nie.

6. En jou grootste werksverwante lekkerte?

Dis lekker om al die stukkies van die legkaart bymekaar te trek en met inspirerende mense te praat. En die hoop dat die storie iets vir lesers beteken.

Ilze Salzwedel

1. Waar kry jy jou energie? In jouself (introvert) of by ander mense (ekstrovert)?

Ek is ’n aangeleerde ekstrovert. Ek onthou die dag in graad 7 toe ek besef het as mens ander mense kan vermaak, is die lewe makliker. Maar ek herlaai my batterye die heel beste op my eie of saam met ’n handvol uitgesoekte naby-mense. ’n Klomp vreemde mense put my uit. En lang vergaderings en ’n volle dag op kantoor ook. Daarom werk die vryskutlewe so goed vir my persoonlikheid.

2. Wanneer maak ’n artikel of onderwerp jou opgewonde?

Wanneer ek weet dis van wye belang en kan dalk net iemand help. Of wanneer dit ’n besondere mens se verhaal is wat ek weet ander gaan inspireer. Of wanneer ’n mens tydens ’n onderhoud voel dat jy werklik ’n glimps van die siel van die persoon oorkant jou gesien het, en nie die “joernalis-behandeling” gegee word nie. Na 20 jaar as joernalis kan ek sien wanneer iemand vir my vertel wat hy/sy dink ek en die lesers wil hoor, of wanneer die woorde regtig uit die hart kom.

3. Voel jy ooit skamerig wanneer jy ’n wildvreemde vir ’n artikel of inligting moet nader?

Aan die begin van die loopbaan, beslis. Deesdae nie meer nie. Dis my werk, en die ander persoon kan net ja of nee sê. Maar ek hou steeds niks daaraan om op iemand toe te sak wat pas deur ’n tragedie of persoonlike krisis is nie. Dit voel soos sensasionele uitbuiting en as ek kan, vermy ek sulke stories.

4. Hoe voel jy oor onderhoude met glansmense soos sepie- of sportsterre, bekende skrywers of motiveringsprekers?

Dis meestal baie interessant en inspirerend. Maar ek hou in gedagte dat dit deel is van ’n bemarkingsproses. Dis selde ’n tweerigtinggesprek – as jy nie ’n joernalis was nie, sou jy immers nie oorkant die persoon gesit het nie. Die meeste bekendes is gaaf en ordentlik, ander is nie. Gelukkig is sulke mense in die minderheid. Ek sien myself steeds as baie geseënd om hierdie werk te kan doen en kan soms lank na ’n onderhoud nog nadink oor iets wat gesê is, of insigte wat gedeel is. Die lekkerste deel van my werk is dat ek met elke liewe onderhoud of onderwerp wat ek navors, iets nuuts leer.

5. Wat is jou grootste werksuitdaging?

Tyd! As vryskut moet ’n mens soveel moontlik werk doen, want jy het nie die vangnet van ’n vaste salaris met mediese fonds en pensioen nie. Vergeet dus maar van lang vakansies waartydens jy jou rekenaar by die huis kan los. Geen werk beteken ook geen geld oor twee of drie maande. En om genoeg geld as vryskut te maak, moet jy verskillende dinge doen. Om die tyd vir alles te vind saam met al die gewone goed soos ma-wees en ’n huishouding bedryf, is regtig soms bitter moeilik.

6. En jou grootste werksverwante lekkerte?

Alles wat ek al deur my werk geleer het. Die interessante mense wat ek ontmoet.  Die interessante feite wat ek opdiep tydens navorsing – terloops, ek is ’n wonderlike Trivial Pursuit of 30 Seconds-spanmaat, want al hierdie (dikwels onbenullige) feite warrel verwoed in my brein rond. Die uitnodigings na wonderlike geleenthede en die gratis boeke en produkte wat soms op ons pad kom, is ook wonderlik.

Martie Swanepoel

1. Waar kry jy jou energie? In jouself (introvert) of by ander mense (ekstrovert)?

Ek is ’n introvert, maar my werk as joernalis dwing my om as ekstrovert op te tree. Ek moes in 35 jaar al honderde funksies bywoon waar ek met vreemde mense oor ditjies en datjies moet gesels. Dit het nooit makliker geword nie, maar ek kon dit nog altyd regkry. Dit is belangrik om altyd die beste spieëlbeeld van jou publikasie te wees.

2. Wanneer maak ’n artikel of onderwerp jou opgewonde?

Ek raak steeds oor elke artikel opgewonde. Mens word ’n kenner in die kleine as jy ’n artikel oor ’n onderwerp skryf. Dit is hoekom joernaliste ’n wye algemene kennis het en altyd die groter prentjie ook raaksien.

3. Voel jy ooit skamerig wanneer jy ’n wildvreemde vir ’n artikel of inligting moet nader?

Altyd, maar ek doen dit, want dit is deel van my werk, maar ek raak steeds gespanne as ek ’n artikel moet vasmaak.

4. Hoe voel jy oor onderhoude met glansmense soos sepie- of sportsterre, bekende skrywers of motiveringsprekers?

Bekendes intimideer my lankal nie meer nie. Hulle is maar net mense soos ek en jy. Ek het ’n hele paar baie goeie vriende gemaak met bekendes wat soos ek dink. Wanneer jy ’n  onderhoud met ’n bekende doen, is dit jou werk. Dit is hulle werk om met jou te praat. Dit is ’n tweerigting straat. Die een is nie belangriker as die ander nie. Ons doen net beide ons werk.

5. Wat is jou grootste werksuitdaging?

Om ’n hoop inligting te skaaf tot ’n sinvolle artikel wat die leser se asem wegslaan.

6. En jou grootste werksverwante lekkerte?

Positiewe terugvoer van jou leser. Daardie lekker gevoel op die krop van jou maag wat jy kry as jy ’n lekker storie geskryf het.

Mariette Snyman

1. Waar kry jy jou energie? In jouself (introvert) of by ander mense (ekstrovert)?

Ek lê iewers in die middel; ek is mal oor sinvolle kontak met mense, veral een tot een of in klein groepe, én alleentyd.

2. Wanneer maak ’n artikel of onderwerp jou opgewonde?

Wanneer ek iets nuuts leer – en dit gebeur omtrent altyd! Vir my is alles wat ek in my lewe geleer en ervaar het soos ’n groot legkaart, en ’n vars insig laat alles rondskuif totdat ’n nuwe geheelbeeld in plek val. Dis ’n eindeloos fassinerende speletjie.

3. Voel jy ooit skamerig wanneer jy ’n wildvreemde vir ’n artikel of inligting moet nader?

Toe ek begin werk het, ja! Deesdae gaan dit beter.

4. Hoe voel jy oor onderhoude met glansmense soos sepie- of sportsterre, bekende skrywers of motiveringsprekers?

Ek probeer vooraf oor hul lewens oplees sodat ek nie een of ander flater begaan nie, maar uiteindelik is hulle ook maar net mens – dikwels warm en toeganklike mense.

5. Wat is jou grootste werksuitdaging?

Afgesien van spertye, om alles wat ek wil kwytraak in die voorgeskrewe woordtal in te pas!

6. En jou grootste werksverwante lekkerte?

Om met nuwe ervarings verras te word, besonderse mense te leer ken en te mag hoor hoe hulle voel en dink, en veral wanneer iemand sê ’n artikel het hulle geraak of hul lewe verryk.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.