kategorieë: KalenderOntspanning

Sien Edoardo Villa se beeldhouwerk in Johannesburg

Sien Edoardo Villa se beeldhouwerk in Johannesburg. Inligting en foto’s verskaf. Hooffoto is van Villa se Vertical Forms, 1958

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het nog tot einde April kans om ’n draai te maak by Vertical Presence: The Sculpture of Edoardo Villa by die Atrium, Trumpet-gebou, Keyes-kunsmyl in Rosebank, Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die publiek kry selde kans om die werk van ’n kunstenaar van Edoardo Villa (1915–2011) se statuur te sien. Die uitstalling, Vertical Presence, is ’n viering van die ruimtelike benutting, fisieke grootsheid en sintuiglikheid van sy werk.

Abstract Forms, 1965

Die beelde word in The Atrium gehuisves en vloei oor na True Design en in Keyes-weg sodat verbygangers dit ook kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Villa het in die veertigs as krygsgevangene na Suid-Afrika gekom en na die Tweede Wêreldoorlog hier aangebly.

Hy het in onderhoude verwys na die geleenthede en ruimte vir die jeug in Suid-Afrika teenoor die geslote kontinentale lewe in Europa. Hier kon hy nuwe moontlikhede ontgin.

Van sy vroeë werke soos Seated Figure (1953) en Vertical Form (1958) sal te sien wees. Hy was sedert die 60’s deel van die Amadlosi-groep saam met onder andere Sydney Kumalo, Cecily Sash en Cecil Skotnes. “Amadlosi” beteken die gees van die voorvaders. Die invloed van Afrika was duidelik in sy werke soos Heraldic Figure (1963), Masai Girl (1963) en Head (1964) te sien. In die sewentigs het hy op grootskaal met staal gewerk en sy beeldhouwerk, Tree (1977), is ’n goeie voorbeeld. Van sy ander imponerende werke sluit in, War Figure (1980) en The Conversation (1980).

Tree, 1971

Nog geleenthede om Villa se uitstalling:

  • Opvoedkundige slypskool 11 April
  • Begeleide wandelroetes deur die beelde op 17 April om 15h30 en 20 April 2019 om 10h30

Vir meer inligting, kontak bronwyn@abetterworld.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.