kategorieë: Skoonheid

Silwerskoon gesigte!

Die rooi rose-span toets reinigers vir sensitiewe tot olierige velle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }


Volwassse, sensitiewe vel

Verhale-redakteur Corlia Fourie, (60’s)
Reiniger getoets: Payot Eau Dermo Micellaire

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

My vel is sensitief (gewoonlik help produkte wat vir sensitiewe velle bedoel is) en droog. Ek sukkel ook met veroudering. Die Payot Eau Dermo Micellaire is wonderlik vir ’n sensitiewe vel. Geen irritasie. Jou vel voel fris en vars agterna. Jy kan dit ook gebruik om jou oë skoon te maak – dis so sag, maar maak terselfdertyd ook goed skoon. Gewoonlik kan ek nie reinigers vir my gesig en vir my oë gebruik nie – al sê die vervaardigers jy kan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Volwasse, kombinasie vel

Joernalis Mariëtte Snyman (50’s)
Reiniger getoets: Placecol Multi Vitamin Facial Wash

Ek het ’n kombinasie-vel en gebruik gewoonlik ’n afwas romerige reiniger. Ek wou graag ’n skuimreiniger uittoets, maar het ná die proeflopie besef ’n roomreiniger bly die beste vir my ouer vel. Dis jammer, want ek het plesier gehad aan die slanke botteltjie op my badkamerrak. My vel het superskoon gevoel na elke was en die spuitkop sorg dat jy ’n ekonomiese hoeveelheid gebruik. Die houertjie sou ideaal wees vir reis – lig, en nie te groot nie. Ek sal die reiniger vir my dogter in haar twintigs aanbeveel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Volwasse, sensitiewe vel

Uitlegkunstenaar Linda Ehelers, (60’s)
Produk getoets: Justine Soothing Cream Cleanser

Hierdie is maklik een van die heel bestes wat ek nog gebruik het. Ek hou nog altyd van water op my vel, maar ek het gevind dat baie van die ander water-oplosbare reinigers geneig is om om my vel nog meer uit te dor. In die hoëveldse winter is dit natuurlik nóg erger. Die Justine reiniger is ’n plesier om te gebruik, baie sag op die vel, met ’n subtiele en aangename geur. ’n Mens gebruik baie min en dit skuim nie, maar moenie dat dit jou flous nie – dit maak baie deeglik skoon. Voor slaaptyd word grimering en onsuiwerhede opgelos en afgespoel en die vel voel steeds soepel en sag, gereed vir nagroom. Na gebruik soggens is jou vel reg vir bevogtiger en vars grimering. Ek kom agter dat ek nou minder room op my vel nodig het as voorheen. Dié reiniger is ’n uitstekende keuse vir enigie emand wat sukkel met ’n droë en sensitiewe vel.”

Droë vel, sukkel met verstopping en pigmentasie

Produksie hoof Anelle Mostert, (20’s)
Reiniger getoets: Avon Care Light Moisture Refreshing Gel Cleanser with cucumber and green tea

’n Klein druppeltjie skuim is genoeg om jou hele gesig mee te was. Omdat dit so lekker skuim, voel jou vel deeglik skoon – perfek vir die somermaande wanneer jou vel maklik vuil voel. Die formule is lekker lig en daar is geen oorblyfsel op jou vel nie. My vel lyk baie mooi en ek het vanoggend nie eens onderlaag nodig gehad nie, net ’n druppeltjie verbloemer. Die komkommer ruik lekker en ek het van die mooi kleur gehou.

Kombinasie, sensitiewe vel

Skoonheidsassistent Justine Pittaway, (20’s)
Reiniger getoets: Clicks se Skin Rescue Rejuvenate Sensitive Skin Milk Cleanser

Ek het ’n kombinasie-vel, maar my vel is baie sensitief en word maklik rooi en geïrriteerd. Ek gebruik soggens en saans die gesigwas. Ek vee eers my grimering met grimeerverwyderingslappies af voordat ek my gesig was, want dit verwyder nie al my grimering nie. Die reiniger bevat nie seep nie wat perfek werk vir my sensitiewe vel en dit brand ook nie my oë nie. Nadat ek my gesig gewas het, voel dit glad nie styf en droog soos gewoonlik nie, dit voel skoon, gehidreerd, en sag. Die geur van aloe vera is ’n bonus!

Kombinasie, olierige vel

Mode-assistent Terice Louw, (30’s)
Reiniger getoets: Kiehls Ultra facial oil free cleanser

My vel is olierig tot kombinasie! Die Kiehl’s-gesigwas los ’n sysagtige gevoel op jou vel as jy daarmee was. Daar is nie enige herkenbare geur aan die formule nie waarvan ek baie hou. Nadat ek dit afgewas het, het my vel wonderlik vars en skoon gevoel – asof dit weer asemhaal. Dit was kenmerkend dat dit nie jou vel van vog stroop nie en alhoewel dit besonders goed reinig, voel dit nie of jou vel droog is of daardie stywe gevoel het nie.

Kombinasie vel

Adjunkredakteur: Hannelie Diederiks, (40’s)
Reiniger getoets: Phytomer Perfect Visage Gentle Cleansing Milk

Alhoewel ek ’n kombinasie vel het, verkies ek ’n olie- of romerige-reiniger, veral vir die droë hoëveldse winters. Phytomer Gentle Cleansing Milk het al my oorblywende grimering afgehaal (wat nog oor was nadat ek die meeste van my ooggrimering eers verwyder het) en my vel het glad nie styf en droog gevoel daarna nie. Dis ’n goeie basiese, daaglikse reiniger wat vir normale tot kombinasie-velle kan werk.

Fotoredakteur Melissa Fourie, (20’s)
Reiniger getoets: IQ Vitabalance Cucumber Cleansing Gel Wash

Ek het ’n kombinasie-vel en het nog altyd gesukkel om ’n reiniger te vind wat my vel skoon maak sonder om dit uit te droog. Ek hou baie van die Skin IQ reiniger; dit werk sagkens terwyl dit enige onsuiwerhede verwyder. My vel was sag, skoon en dit het glad nie droog gevoel nadat ek dit gebruik het nie. Die kwaliteit van die produk is verseker goed.

Droë vel

Moderedakteur Susra Matthee (30’s)
Reiniger getoets: Skin Regimen Duo Cleanser

Ek gebruik gewoonlik ’n romerige gesigreiniger; aangesien dit die beste werk vir my droë vel. Die Skin Regimen het ook ’n room basis en is ’n reiniger en tonikum in een. Nadat ek my gesig gewas het, het dit lekker bevogtig gevoel, amper asof ’n olie-lagie (op ’n goeie manier!) agterbly, wat nadat ek my gesig afgedroog het verdwyn het. Nadat ek my room aangesmeer het, het my vel heerlik vars en bevogtig gevoel. Ek hou daarvan.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.