kategorieë: Reis

Sit terug en geniet die (wild)rit

Hoekom moet jy betaal vir ’n wildrit as jy in die gemak van jou eie voertuig deur die park kan ry teen geen ekstra koste?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gidse het ’n rykdom van inligting en gaan uit hul pad om besoekers te help om die park te ontdek, het ek met my skemerrit in Marakele Nasionale Park ontdek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het weggespring met hoofgids Sydney Fumulani Mikosi in ons midde en was baie opgewonde. Almal het ’n lys van diere gehad wat hulle gehoop het om te sien. Die meeste wou die Groot Vyf sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kort na ons vertrek het ons ’n groep sebras en hul kleintjies gesien. Mikosi het aan ons vertel dat die kalwers gebore word met bene byna dieselfde lengte as die volwassenes. Dis hoe hulle hul teen roofdiere beskerm want roofdiere soek diere op ’n laer vlak as die volwassenes as hulle jag.

Dit is bekend dat vroulike volstruise die eiers warm hou gedurende die dag, terwyl die donkerder mannetjies die verantwoordelikheid in die nag oorneem. Die mannetjies is moeiliker om in die nag te sien en hou die eiers warm met al die hitte wat hulle gedurende die dag opgeneem het. Hierdie voëls kan nie hul koppe neerlê nie want dit sal ? onmiddellike dood beteken as hul bloeddruk vinnig val. Mannetjies is poligame en het stortingsterreine waar al die wyfies hul eiers lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mens sou dink dat dit verwarring kan veroorsaak wanneer die kuikens uitbroei, maar hierdie voëls het die vermoë om die verskil tussen hul eie en ander kuikens te ruik.

As jy al ooit gewonder waarom so baie verskillende diere in harmonie saam kan leef, is daar ’n interessante verduideliking. Gebiede van dieselfde spesie sal nooit oorvleuel nie en verskillende spesies sal nie met mekaar meeding nie. In gevalle waar ’n dier in ’n gebied woon sonder toeganklike water, kan hulle dit waag om in ’n ander water te gaan drink, maar hulle moet behoedsaam wees om nie teenstanders uit te daag nie.

Teen skemerte het ons die spore van ’n groep olifante met kalwers gevolg terwyl die son rooi spore na die dag in die bos oor die lug verf. Die trop het egter ander planne gehad en het seker gemaak hulle bly een tree voor ons deur die pad te versper met bome wat hulle omgestoot het. Na sononder was ons tevrede nadat ons ’n rooikat, Bush Baby, bruin hiëna en ’n gevlekte ooruil, om ’n paar te noem, gesien het. Al het ons nie die olifante gesien nie, kon ons die renoster op ons lys van spesies afmerk. Die rykdom van inligting wat Mikosi ons gegee het, het opmaak vir alles wat ons toe nie gesien het nie.

’n Wildrit kos R200 per volwassene en R100 vir kinders. Die rit sal twee tot drie uur duur.

Navrae: + 27-14-777-6928 of sipho.zulu@sanparks.org

Besoek ook SANParke se webblad vir nog interessante plekke in Suid-Afrika.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.