Sjef Mynhardt se eie kookboek

Sjef Mynhardt se eie kookboek Woorde en foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Mynhardt kook die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl in die Wes-Kaap, waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree, en sy kombuis as ’n kreatiewe ruimte en fotografiese ateljee gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sjef Mynhardt Joubert en Caro Alberts wat onder meer bekend is as kosstilis en sjef en skepper van Koskenades, in sy Stasie Straat kombuis.

Die boek is ’n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar aanbied. Mynhardt geur alles wat hy doen met geesdrif, lewenslus en sy liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservarings, van sy kinderjare op ’n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise in Suid-Afrika en die buiteland. Mynhardt dra die boek aan sy ma, Wilhelmina Cornelia (Winnie) Joubert, op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Sjef Mynhardt se eie kookboek

By die geleentheid het Mynhardt se eggenoot, Ian Engelmohr, ’n boodskap van Mynhardt se ma voorgelees, waarin sy haar seun met sy pragboek gelukwens. Hy het afgesluit met die aanhaling van Anne Campbell, wat in die boek gebruik is:

“You are the trip I did not take

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

You are the pearls I cannot buy

You are my blue Italian lake

You are my piece of foreign sky.”

Die tafels is met kleurryke blomme versier en in verskeie blompotte, wat Ian as pottebakker self gemaak het, tussen die veelkleurige servette gesit.

Die veelkleurige blompotte en pottebakkerswerk deur Mynhardt se man, Ian, het die tafels opgevrolik.

Lees ook: kykNET se eerste hibriede Silwerskermfees skop volgende week af

Mynhardt het gesê die boek is uit die donker tye van Covid en inperking gebore, maar as hy nou ná twee jaar terugkyk, het so baie goed in daardie tyd gebeur waarvoor hy vandag baie dankbaar is.

Die feestelike tafel is so kenmerkend van Mynhardt se gasvryheid, wat ook in sy kookboek weerspieël word.

“Ons moenie ophou skep en kreatief wees net omdat die wêreld om ons donker voel nie,” het hy gesê.

Hy het sy man bedank vir sy ondersteuning en liefde om die boek te help gebeur, ook vir Frikkie Janse van Rensburg, wat gehelp het met navorsing en kosvoorbereiding, sowel as sy hele kombuisspan, Sponsie Fransman, Corleen McGee, Danny Opperman en Cedric Moubima, sonder wie die boek én sy onderneming nie moontlik sou wees nie.

Ian se pottebakkerswerk was deel van die veelkleurige tafelversierings.

Hy het ook vir Ian en Errieda du Toit vir hul rol in sy kosloopbaan uitgesonder. Errieda en Mynhardt het op die stel van Kokkedoor I, wat hy saam met Tiaan Langenegger gewen het, ontmoet. Errieda is onder meer betrokke by Kokkedoor, In die Sop en Masterchef SA.

Al die resepte vir die viergangmaaltyd kom uit sy kookboek. Gaste is met ‘n jenewer en tonikum verwelkom, en kon aan vye met pancetta, oesters of lewerpatee-broodjies knibbel, voor daar aangesit is vir die steenkoolciabatta, vyebotter, olywe in vanielje met Laborie Cap Classique. Die voorgereg was ’n Turkse sop, Caiek met granaatpitte, vye, knoffel, baie jogurt en is saam met die Cathedral Cellar Sauvignon Blanc of Chardonnay voorgesit.

Die Turkse sop, Caiek, met granaatpitte, vye, knoffel, baie joghurt is nie net heerlik nie, maar ook mooi

Die voorgereg was ’n Turkse sop, Caiek, met granaatpitte, vye, knoffel, baie joghurt en dis bedien met die Cathedral Cellar Sauvignon Blanc of Chardonnay.

Die hoofgereg was gerolde lam met skaapvetaartappels, groenbone en broccoli met ’n rooiwynjus en dis saam met Cathedral Cellar se Tryptich en Pinotage voorgesit.

Die spyskaart vir die aand is op die muur aangebring. Al die resepte kom uit Mynhardt se nuwe kookboek.

Die maaltyd is afgesluit met roos-panna cotta met roosskuimpies en bessies.

Die maaltyd is afgesluit met roos panna cotta met roosskuimpie en bessies.

Die aand was ’n groepspoging met jenewer van KWV Cruxland, olyfolie en olywe van Willow Creek, vleis van Delico, wyne van KWV Cathedral Cellar, vonkelwyne van Laborie en vars vye van Weltevrede buite Prins Albert. Vye was die aand se tema en selfs die botter wat Mynhardt saam met sy steenkoolciabbata bedien het, is met vye gegeur.

Bravo! het die hele bekendstellingsmaaltyd verfilm en ook met Izelle van Blerk, senior wynmaker van KWV The Mentors, gesels.

Die bekendstelling is verfilm met Tracey Lange as aanbieder en sal op Sondag 17 April om 19:30 op Bravo!(kykNET) uitgesaai word.

Lees ook: Nadia terug op kykNET

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.