kategorieë: LeesOntspanning

Sjef Snoekie Hoofstuk 2: Hartsmense

Sjef Snoekie Hoofstuk 2: Hartsmense deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock/apomares

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjef Snoekie Hoofstuk 2: Hartsmense

Snoekie bekyk die oshart wat sy by die slagpale gaan uitsoek het. Perfekte balans van spier en vet. Sag gerooster, gaan hy soos murg op die tong smelt.

Die hart gaan ‘n geskikte fokuspunt op haar liefdestafel wees. Sy gaan dit stadig gaarmaak ter ere van haar geliefde, met roosmaryn, die antieke kruid wat mense in koesterende liefde verbind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy gaan tiemie byvoeg om haar innige liefde te beklemtoon.

Dan sal sy oreganum opkap, omdat dit vreugde en geluk simboliseer.

Die dille sal hul liefde verstewig en laastens sal sy lourierblare byvoeg om die glorie van hul samesyn te verseël.

‘n Oorwinningsgereg.

Die voorbereiding is ‘n toegewyde liefdestaak.

Die kombuis ruik na beesekstrak wat stadig prut.

‘n Kooksel van bruingebraaide skenkel, murgbene, wortel, knoffel en salotte wat rustig tot byna ‘n stroop reduseer.

Sy kan nie wag dat Werner die middag van die stad kom nie.

Sy het reeds die tafel vir twee by die leliedam gedek. ‘n Goeie rooiwyn en sjokolademousse sal die hart en gebakte aartappeltjies perfek afrond.

Sy vryf haar hande tevrede oor haar voorskoot.

Al die kruie en smake vir haar liefdesdoepa is sorgvuldig uitgesoek.

Vanaand vind sy uiteindelik die hoofweg na Werner se hart!

Dis die perfekte Vrystaatse dag en sy glo die maan gaan vanaand vir haar en Werner knipoog as hy aan haar offergawe smul.

Teen vyfuur kom die Mazda MX-5 die plaaspad opgesukkel. Stefaans en Lucille giggel op die stoep oor hul koffiebekers.

“Dat die vent nog nie geleer het sy voorliefde vir plat karre werk nie op ons plaaspaaie nie. Watvirre vryer kom kuier na drie jaar nog by ‘n plaasmeisie met ‘n stadskar? As sy intensies was vir ‘n toekoms op die plaas, sou hy lankal ‘n bakkie gekoop het!”

Lucille wens stilletjies die gladde kêrel se uitlaatpyp breek weer af, soos laaskeer.

Hulle glimlag effe skynheilig as Werner uiteindelik na die stoep aangestap kom. Bos St Josefslelies in die hand. Hy het seker vergeet dit is die een blom waarvoor Snoekie allergies is.

“Broekie sit ekstra styf vandag,” sis Lucille aan haar seun.

Die jafel soen haar op die hande. Hy skud Stefaans se hand papperig. Dan snuif-snuif hy in die lug.

“Is Suzanne in die kombuis?” Dis net hy wat haar op haar geboortenaam noem. Almal op die plaas en in die distrik noem haar Snoekie. Lucille noem haar soms net Snoek.

Snoekie begin nies nog voor hy haar kan vasdruk. Sy sit die oordadige bos hooikoors in ‘n blompot en keer dat hy in die potte loer.

“Ek hoop dit is ‘n geroosterde hoenderborsie? Ons wil nie jou eetplan verongeluk nie, nê? Ek het juis gister ‘n oulike eetplekkie ontdek. Vegetaries. Ek sal later met jou oor ons nuwe eetplan praat.”

Snoekie dink aan die ryk sjokolademousse wat in die yskas stol.

“Vanaand eet ons nie gesond nie. Vanaand bederf ek jou tot in die afgrond!”

“Ja, tot in die afgrond!”

Sy kom nie eens agter dat sy stem van snedigheid drup nie. Sy stop die wyn in sy hande . Die Hamilton Russel Pinot Noir, al die pad van Walker-baai, moet asem haal.

Werner het ‘n Moët & Chandon Brut gebring, yskoud uit sy koelsak.

Snoekie sien raak dat sy hare vars gesny is. Hy het ‘n nuwe hemp aan.

Sy hoop dit is goeie tekens. Sy stuur skietgebedjies op dat vanaand die aand is.

Op 28 is byna al haar vriendinne getroud.

Werner het laaskeer al laat val dat hy nou gereed voel om ‘n nuwe blaadjie om te slaan.

Dit kan net een ding beteken, hy wil na die volgende stap in hul verhouding oorgaan!

Sjef Snoekie Hoofstuk 2: Hartsmense

Sy haak ingenome by hom in op pad na die leliedam.  Sophie en haar suster het hulle wit voorskote aan en sal netnou die silwer skottels met die liefdesmaal dam toe bring.

Die vonkelwyn borrel oor haar gemoed. Werner lyk onweerstaanbaar aantreklik in die vroegaand-skemerte.

“Op jou dieet. Dit lyk of dit vrugte begin afwerp? Op hoeveel kilogram staan jy nou?”

Snoekie se gedagtes is by die sjokolademousse. Sy voel dit al behaaglik op haar tong smelt. Vanaand dink sy nie aan dieet nie.

Sophie bring die skottels nader. Snoekie kan nie wag om die uitdrukking op Werner se gesig te sien as sy die deksels lig nie. Sy weet die hart is verleidelik goudbruin gerooster. Die geure van die kruie het in die oond saam ‘n liefdessimfonie gespeel en behoort op te dam as sy die deksel lig.

Werner skuif afwagtend reg.

“Hierdie resep kom uit my ouma se familie. Mens berei dit spesiaal om jou liefde aan iemand te betoon.”

Sy sien nie eens die kommer wat in Werner se oë begin opsteek nie.

“Jou ouma se familieresep?”

Sy stem klink effe versigtig. Hy ken waarskynlik al die geaardheid van Lucille se familieresepteboek. Hy het mos al ‘n paar keer diskreet probeer noem dat die depressie- en oorlogsjare al verby is? Maar dit het geen indruk op die geesdrif gemaak waarmee die Roux’s feesmaaltye van die allervreeslikste dinge berei nie.

“En nou vir my pièce de resistance!”

Snoekie lig die silwer deksel met ‘n groot gebaar.

Daar is ‘n oomblik van stilte.

Voor Werner lê die oondbruin oshart koketterig tussen gebakte aartappels en lig geroosterde aspersies.

Snoekie kyk met afwagting na Werner.

Sy probeer die skok op sy gesig miskyk.

“E-e-e, wat is dit?” Sy stem bewe effens.

“My ouma se Coeur de boeuf farci! Ons familie maak dit al geslagte lank om ons liefde aan iemand te betoon!”

Sy begin die hart in skywe sny. Een netsel gou moedswillig op Werner se bord. Goudbruin aartappeltjies en ‘n paar parmantige aspersies hou dit geselskap.

“Suzanne? Is dit ‘n grap? Jy gaan seker die hoenderfillet nou haal?”

Sy stem is paaiend.

Die situasie dring nou tot Snoekie deur. Die geesdrif val soos ‘n klip van haar gesiggie af.

“Dis jou Valentynsmaal. Ek kook al heeldag daaraan! Dis my liefdesoffer! Die pad wat ek na jou hart wou vind?”

Werner steek die hartskyf versigtig met sy vurk.

“Ek kan dit nie eet nie. Ek kan nie meer jou en jou familie se eetgewoontes uitstaan nie! Ek dog ek het jou die afgelope maande bekeer tot beskaafde eetgewoontes? Julle Roux’s se resepte hoort by die Neanderthals! Regtig, Suzanne!”

Snoekie ruk haar neusie die lug in. Sy is verlief, maar beslis nie so besotted dat sy sal toelaat dat Werner haar familie Neanderthals noem nie!

Maande se hongerly en sweetsessies in die gym borrel nou saam haar verergdheid uit,

“Werner, jy wat so vreeslik trendy probeer wees, het seker nog nie gehoor van die ‘nose to tail’ neiging wat koskringe op hol het nie? Dit is nou super hot in koskringe … vir jou inligting! My familie is dus al lankal trendy!”

Werner krap die kyf beeshart terug in die skottel en begin halfhartig aan die aartappels en aspersies eet.

Snoekie kyk in stilte na hom.

Saam met die maanlig wat agter die bome uitkruip, skuif daar ‘n helderte oor haar.

Sy neem ‘n skyf beeshart en begin lustig daaraan smul.

Nes sy verwag het, smelt dit in haar mond. Die geure is verruklik. Sy maak haar oë toe om elke happie orgasmies te geniet. Sy sluk behaaglik ‘n glas wyn weg.

“Geniet jy dit?” Werner is nou openlik snedig.

“Dis verruklik! Geurig en sag.”

Sy stem sny deur die atmosfeer.

“Dis ‘n bees se orgaan.”

Sy korrigeer hom.

“Dis ‘n spier. Nie ‘n orgaan nie. En dis heerlik.”

Hy stoot sy bord ver weg van hom af.

“Ek het gister besluit ons gaan vegetariërs word. Dis al hoe ons jou gewig in toom gaan hou.”

Snoekie maak die bak sjokolademousse oop. Sy skep vir haar ’n bakkie vol. Dan begin sy smaaklik daaraan eet.

“Jou dieet, Suzanne! Het jy gehoor wat ek sê? Ons gaan nie meer soos barbare eet nie!”

Die sjokolade smelt romerig op haar tong.

Na maande se onthouding van sjokolade spoel die verslawende smaak oor haar siel.

“Suzanne!” Werner leun nou dreigend vorentoe.

Snoekie kry dit uiteindelik reg om haar aandag af te lei van die romerige sensasie voor haar.

“O, het jy gepraat? Ek dog ek hoor jou iets sê van jy gaan nou ‘n vegateriër word? Iets van barbare?”

Die kers fladder soos Werner stoom uitblaas.

“Jy is moedswillig, Suzanne. En dit na al my moeite die afgelope maande om jou lyf reg te ruk!”

Snoekie antwoord met haar eie vuur.

“Jy karring nou al te lank aan my oor ek glo te vet vir jou standaarde is! Ek ly honger en sweet my dood in die gym. Ek verwaarloos my kookkuns! Dit als vir jou, maar nou besef ek jy sal eintlik nooit tevrede met my wees soos ek is nie! Kyk na my! Dis soos ek lyk. My volle vyf-voet-een duim en my ronde tieties en heupe. Dis ek! Dis Snoekie! Jy kritiseer my mense en my drome. Ek hou van kook. Beesbredies, varkboude en afval. Ja, ek bak skaapkoppe en ek stop beesharte. Dis wat ek graag wil doen. En as jy nie tevrede is nie, kan jy in jou plat karretjie klim en waai!”

Snoekie kyk hom hartseer agterna. Sy begin die liefdestafel opruim. Later hoor sy die Mazdatjie oor die plaaspad kreun. Sy hoor hoe die uitlaatpyp na ‘n ruk bes gee en die karretjie in die verte voort knor.

In die kombuis sit haar ouma en haar pa langs die gedekte tafel en wag.

Haar pa gooi drie glase rooiwyn in.

“Toe, waar is daardie beeshart, my kind? Ons is al honger!”

Die trane loop langs Snoekie se wange af terwyl Lucille en Stefaans smul.

Sy kyk na haar mense.

Haar hartsmense.

Kook saam

Een van die nuutste kulinêre neigings is juis om alles aan die dier te gebruik en so min moontlik te mors. Vir Snoekie se resep het jy die volgende nodig:

As jy Sjef Snoekie Hoofstuk 2: Hartsmense geniet het, skakel weer volgende week Vrydag om 11h00 in om hoofstuk 3 van Sjef Snoekie te lees!

Intussen kan jy solank inhaal met ons ander vervolgverhale, en begin luister aan ons nuutste een!

Ons nuwe voorlesing:

Lam in Wolfsklere

Geskryf deur Bernette Bergenthuin, voorgelees deur Elma Postma. Begin sommer nou luister.

Vlam

Lees al die hoofstukke van die gewilde vervolgverhaal uit die pen van Martie Swanepoel.

Botox, Barbies & Bietse

Dans met die rooi rok

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.