kategorieë: Bekendes

Sjimpansee man

Eugene Cussons is ’n ware inspirasie as bewaringswerker wat bekend is vir sy taak as besturende direkteur van die Jane Goodall Instituut in Suid-Afrika asook aanbieder van die program Chimp Eden op die DStv-kanaal, Animal Planet. Maar dit is nie al nie wat Eugene doen nie, hy het ook ’n boek geskryf met die titel Saving Chimpanzees – A Man on a Rescue Mission wat onlangs gepubliseer is. Ons het met hom gesels oor dié boek, sy liefde vir sjimpansees en wat hy op sy “bucket list” sal skryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jou liefde vir Sjimpansees. Wanneer het jy die eerste keer besef jy wil saam met hulle werk?
Dit was ’n kwessie van toeval; ek was op soek na ’n bewaringsprojek wat die moeite werd sou wees om op ons familieplaas te implementeer en ek het daarna toevallig iemand ontmoet wat betrokke was by die Jane Goodall Instituut in Suid-Afrika. Wat toe gebeur het, was ’n ketting-reaksie van gebeure wat my uiteindelik gelei het om betrokke te raak by sjimpansee-reddingswerk asook rehabilitasieprogramme wat ons moes vestig om wees-sjimpansees te help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jou boek, Saving Chimpanzees, is pas gepubliseer. Vertel ons meer daarvan – die inspirasie, storie en werk daaragter.
Ek was deur Penguin oorreed om pen op papier te sit, in die verlede was ek huiwerig om so iets te doen so ek was nie seker hoe ek dit sou regkry nie. Om die boek te skryf was op die ou end toe een van die lekkerste dinge wat ek in my loopbaan gedoen het. Die boek vertel in detail oor ’n paar reddingswerke wat ek al onder die JGI SA onderneem het en gee vir lesers insig oor die “rollercoaster” rit wat ek moes verduur om die eerste reddings te sien slaag. Ek was aan die begin naïef om te dink dat mense my altyd met ope arms sal verwelkom om hierdie diere te red, maar realiteit het my anders geleer. Die leser sal nou hopelik verstaan hoe ek as mens moes verander om suksesvolle resultate te kry. Ek het nie altyd sukses ervaar nie en my mislukkings sal vir ewig by my spook, maar ek het nooit opgegee op die sjimps nie, en om vir hulle vryheid te veg het deel geword van wie ek vandag is. Die boek is op ’n manier ook ’n refleksie van hoe dit werklik op die “voorfront” van bewaring werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom het jy besluit om die boek te skryf?
’n Paar mense het my oortuig om die boek te skryf, insluitend Dr. Goodall en ’n baie hardnekkige redakteur van Penguin Boeke SA. Op die ou end het ek myself oortuig dat mense my stories moet en wil hoor. Die moeilikste deel was om te besluit watter stories ek sou vertel en ek het daarom besluit om slegs te fokus op die reddingswerk wat ek gedoen het voordat die TV-reeks Escape to Chimp Eden (op Animal Planet) opgeneem is.

Op watter deel van die boek is jy die meeste trots?
Ek kan eerlik sê op alles! Nie een hoofstuk is dieselfde nie maar as ek een hartverwarmende storie moet kies, sal dit my tyd saam met die sjimpansee Cozy wees en hoe ons vriendskap ontstaan het. Hy is my pêl en ek is trots daarop om sy storie te vertel, van redding tot oorlewing. Die ondervinding om die stories te herleef deur die skryfproses, was ongelooflik. Ek sou by my lessenaar sit en vir die grootste gedeelte van die dag skryf, terwyl ek lag en huil soos wat ek alles weer herleef. Ek hoop net dat lesers dieselfde ervaring sal hê.

Jy is die besturende direkteur van die Jane Goodall Instituut in Suid-Afrika. Wat behels dit om so reservaat te bestuur?

Ek is deel van ’n span wat die belangrikheid van die reservaat verstaan en deur passie vir die sjimpansees gemotiveerd is. My pligte mag dalk nou meer op die aministrasie van Chimp Eden gefokus wees maar niks is meer belonend as om te weet dat al ons moeite in die redding van “individue” kulmineer nie. Ek dink nie aan die groter prentjie nie, ek hou daarvan om op die individue te fokus. Ek help om te verseker dat daardie harige individue gelukkig is, en dit is baie belonend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jou en jou familie se lewenstyl by Chimp Eden. Sal jy ooit iewers ander bly?
Ek weet nie hoe my lewe sonder die sjimps sal wees nie, maar ek weet wel dat hulle die invloedrykste deel van ons lewens geword het! Dit was van die begin af my familie se bedoeling om hierdie ’n volhoubare Jane Goodall Instituut Suid-Afrika projek te maak en ek hoop en bid dat dit nog hier sal wees lank nadat ek en my familie die aarde verlaat het.

Wat is die beste oomblik wat jy al saam met ’n sjimpansee gehad het?
Goeie vraag, daar was so baie! Ek sal moet sê die beste oomblik was toe ek saam met Cozy in dieselfde hok ingegaan het. Dit was vreesaanjaend en opwindend. Ek moes my lewe (en ledemate!) waag om saam met ’n sjimpansee te wees want ek het geglo dat dit ’n noodsaaklike stap was om hom saam met ander sjimpansees in die hok te kry. Soos wat ek in die hok ingeloop het, het hy my omhels in ’n hartroerende oomblik wat ek nooit sal vergeet nie. Dit was nie maklik om so risiko te neem nie maar dit was die grondslag vir ’n langtermyn vriendskap.

Wat is die vreesaanjaendste deel om saam met Sjimpansees te werk?
Om saam met volwasse sjimps by ’n hok in te gaan is die moeilikste deel. Hulle het persoonlike kwessies en emosionele trauma wat hulle onvoorspelbaar maak. Die moeilike deel is om te leer hoe om met hulle to kommunikeer en hulle gedagtes te lees voordat hulle gewelddadig optree – dit is ook iets wat waarin ek nie altyd geslaag het nie.

Wat het jou werk met dié diere jou geleer?
Dat ons as spesies nou verbind is aan mekaar en dat sjimpansees emosioneel-bewuste wesens is. Hulle is nie net diere nie, hulle is wesens wat hulle omgewing net so goed soos mense verstaan. Ek het al genoeg tyd saam met hulle spandeer waar ons van takke af geswaai het, om te weet dat hulle alles verstaan wat met hulle gebeur (net soos mense) en daarom moet die doodmaak en eksperimente op hulle as ’n gelyke misdryf aan mense gesien word.

Watter ander diere fassineer jou?
Ek het ’n diepe fassinasie met seediere soos walvisse en haaie. Interaksie met hulle was nog altyd ’n baie belangrike deel van my lewe, al is dit nie goed gepubliseer nie. Dan natuurlik ook die twee Golden Retriever honde wat in ons huis bly.

Vertel ons meer van jou wye verskeidenheid kwalifikasies.
Ek het nog altyd daarvan gehou om my vaardighede te ontwikkel in die vertroue dat dit handig te pas sal kom tydens sekere reddingsmissies. Ek het aanvanklik Ekonomie studee, maar ook verskillende vaardighede opgedoen soos dié van ’n vlieënier, skubaduiker, vryvaller, valskermspringer en so meer. Wanneer jy in die middel van nêrens is, afhanklik van niemand anders behalwe jouself nie, word fisiese vaardighede belangrik.

Wie of wat inspireer jou?

Dr. Jane Goodall was nog altyd ’n groot inspirasie want sy wy haar lewe aan sjimpansees deur amper elke dag te reis. Sy het alreeds so baie van haarself gegee, dat wat ek ook al doen onbelangrik is in vergelyking met haar opoffering. Ek kan net aanhou probeer om haar voorbeeld to volg en volgens haar ideale te leef. Verder inspireer my familie my ook omdat hulle ’n veggees het en my aanmoedig om nooit op te gee nie – maak nie saak hoe moeilik die lewe raak nie.

As jy ’n “bucket list” gehad het, wat sou jy die graagste wou doen?
Ek wil graag reis na dele van Gabon waarheen baie min mense ooit gaan. Ek het eenkeer al die ervaring gehad om saam met sjimpansees in Gabon te stap en ek sal dit baie graag vir ’n paar maande wil doen. Ek sal ook wil valskerm spring tot op ’n afgeleë eiland waar ek vir ’n verlengde tydperk slegs van die beskikbare hulpbronne kan leef om my eie kennis van oorlewing en vindingrykheid tot die uiterste te toets.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.