kategorieë: GrimeringSkoonheid

Skoonheid 2018 se eienaardigste nuutjies

Skoonheid 2018 se eienaardigste nuutjies deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: MAC Cosmetics

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eienaardig is nie noodwendig sleg nie, dit is net anders as dit waaraan ons gewoond is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blinkers ORAL

Van ooggrimering tot wimpers en selfs gesigmaskers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Gesig vol blinkers

MAC Cosmetics AW18

Hierdie voorkoms is deur MAC vir Valentino se AW18 modeweek gedoen. Dit het beslis mense laat praat, maar sien jy kans om so op straat te verskyn?

Ons sê:

Blinker-ooggrimering

Foto: Gerda Genis

Grimeerkunstenaar Algria Ferreira het hierdie blinker-oog voorkoms op die pragtige Rolene Strauss gedoen vir een van ons fotosessies. Algria het het Micropor kleefband buite Rolene se ooghoeke geplak en blinker grimering onder haar wenkbroue gesprinkel en ook onder die band. Sy het dit ook sommer in haar wenkbroue ingesmeer. Die ongewone aanwending werk omdat die res van Rolene se grimering vars en minimalisties is en omdat Rolene baie min plooitjies om haar oë het, die res van ons met plooitjies moet die blinkers eerder net oor ons wenkbroue gebruik.

Ons sê:

Blinker-wimpers

Foto: MAC Cosmetics

Grimeerkunstenaar Isamya Ffrench beskryf die voorkoms (by modeweek se Ryanlo-vertoning) as “engelagtig en jeugdig”. Min grimering plaas die klem op die pragtige, skitterende wimpers.

Ons sê:

Blinker-gesigmaskers

GlamGlow se #Glittermask maak gebruikvan dieselfde tegnologie as hulle gewilde Gravity Mud Mask (’n moddergebaseerde aftrekmasker wat volgens hulle jou vel fermer maak, plooitjies verminder en help met elastisiteit). Die GlitterMask bevat egter ook ekstra bestanddele.

Dit is beslis ’n Instagram-masker (soek maar net #glittermask), maar baie verbruikers was bekommerd dat die blinkers nie bio-afbreekbaar is nie of hulle vel sal krap. Volgens GlamGlow is die blinkers egter in jel wat maak dat dit nie sal krap nie, en wat bio-afbreekbaarheid aanbetref, word die masker afgetrek (en nie met water afgespoel nie) en in die drom gegooi.

Ons sê:

Vir ‘n mooi Instagram-foto kry dit ’n:

Om onnodige bestandele by te voeg, net vir die mooi:

Wenkbroukuns

2018 was beslis die jaar waarin grimeerkunstenaars en Instagrammers mekaar probeer oortref het met vreemde wenkbroue.

Tierwenkbroue

Sal jy hierdie tierwenkbroue dra?

Ons sê:

Visstert-wenkbroue

Hoekom?

Ons sê:

Tuinwenkbroue

Dalk vir ’n optofgeleentheid na ’n tuindag kry dit ’n “ja” en die res van die grimering is baie mooi, maar vir gewone mense?

Ons sê:

Kersboomwenkbroue

Ons giggel sommer as ons hierdie sien. Met sulke wenkbroue sal jy beslis jou familie laat lag op Kersdag

Ons sê:

Net omdat jy jou gesin sal laat skater

Pastel

Haarkleure in al wat ’n pastelskakering is, is al ’n hele paar jaar lank te sien en is nie meer so ’n vreemde verskynsel nie. Met die nuwe manier van pastel-aanwending word al die hare nie meer net met pastelskakerings gekleur nie, maar daar word veral met verskillende kleurtegnieke geëksperimenteer.

Foto: Wella Proffessionals

Kyk net hoe vloei die kleure van die hare op die voorkop en die ligte segmente byna ineen voordat die sagte koraalskakerings van Wella se Mindful Blonde-voorkoms begin. Sou jy pastelskakerings oorweeg, moet jy seker maak jy kies jou stilis en/of kleurtegnikus goed, want die aanwending en tegniek is net so belangrik soos die kleur.

Ons sê:

Reënboog-alles!

Soos in alles; van wenkbroue tot hare en selfs baarde.

Van wenkbroue …

Wie het tyd hiervoor en hoekom?

Ons sê:

Tot hare …

In 2017 was reënbooghare groot nuus, in 2018 was dit die reënboogpaadjie. Ons is nie so seker hiervan nie.

Ons sê:

Ons sê:

Ons hou nogal van hierdie waterverfkleurige reënbooghare

En selfs baarde!

Dit pas by die ‘gay pride’ optog waarvoor grimeerkunstenaar Vincent Tyler dit gedoen het.

Ons sê:

Scrunchies

Scrunchies is deel van baie van ons se hoërskool-herinneringe. Dit maak net sin dat saam met die mode se negentigs-obsessie hierdie ook weer te voorskyn gekom het.

Ons sê:

Geel

Foto: MAC Cosmetics SS18

Geel ooggrimering klink wel vreemd, maar “Gen Y Yellow” is so in, dat dit verbasend mooi lyk as dit liggies gebruik word. Hierdie voorkoms is deel van  M.A.C. SS18 se Unique-tendens en is vir die ontwerper Antonio Marras se vertoning geskep.

Ons sê:

Lees môre ons Skoonheid 2018: Wonderlikste trends

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.