kategorieë: Skoonheid

Skoonheid: doeltreffende kitsoplossings

Ons bly in ’n “oneindige wêreld”, sê Tony Crabble, skrywer van Busy: How to Thrive in a World of Too Much. Daar is alty nog e-posse, nog vergaderings, meer leeswerk of idees om op te volg. Digitale tegnologie stel ons in staat om net al hoe meer moet-doen lysies te maak, selfs al is jy op vakansie. Die gevolg is dat ons toenemend oorweldig voel en ook onder sosiale druk verkeer om “alles te doen”, verduidelik hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir baie ma’s en vroue is persoonlike sorg baie laag op daardie moet-doen lysie en daarom is die verligting groot wanneer jy op doeltreffende kitsoplossings tussen die massa skoonheidsprodukte op die rak afkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is 3 produkte wat jy gerus kan probeer

Style Secret Root Concealer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Root Concealer (R290) van Style Secret verbloem daardie uitgroeikleur op die haarwortels wanneer jy nie betyds by die haarkapper kan uitkom nie. Ons het die produk gespuit op skoon droë hare waar die uitgroei sigbaar is, en voila! Daar was nie ’n teken van kleur wat uigroei nie. Die resultaat is pragtige hare wat lyk asof dit summier meer volheid gekry het. Die produk maak jou hare wel effe taai en jy is heeltyd bewys daarvan dat jy iets aan jou hare gesmeer het.

Colab Active Dry Shampoo

Die Colab Active Dry Shampoo (R99,95) is ’n ware uitkoms wanneer jy moet spring om betyds vir ’n afspraak te wees en daar nie tyd is vir hare was en droogblaas nie. Die produk absorbeer oortollige olie en danksy ’n ekstrak van moringasaad voed dit terselfdetyd jou hare. Hou sommer altyd ’n botteltjie in jou kar, jy weet nooit wanner jy dit dalk gaan nodig hê nie!

Pump it up! Dry Shower Body Wash

Die Pump it up! Dry Shower Body Wash (R40 vir 50 ml en R48 vir 150 ml) is ’n waterlose reiniger wat jou vel reinig, bevogtig en boonop lekker laat ruik. Ideaal vir noodgevalle, soos daardie vinnige vroegoggendvlug wat jou gewone roetine onmoontlik maak. Dit is boonop bekostigbaar en klein genoeg om maklik in jou handsak te pas.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.